Desert Dash weer voor ons deur

Fietsresies bekendgestel

07 October 2019 | Sports

Paulina Nashilundo, Swakopmund burgemeester; “Ons sien verskriklik uit na die geleentheid … ons sal altyd bereid wees om hand by te sit”

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt

Met die jaarlikse Nedbank Desert Dash wat vanjaar op 6 Desember begin, is die bal aan die rol gesit met die bekendstelling van die bekende resies wat in Swakopmund plaasgevind het.
Nedbank se hoof finansiële beampte, J.G. van Graan, het tydens die geleentheid gesê hierdie is die eerste keer in die 5-jaar geskiedenis van Nedbank se betrokkenheid by die Desert Dash, wat dit buite die hoofstad bekend gestel is. “Ons doen dit uit eerbied vir die gasvryheid wat ons so bevoorreg is om in Swakopmund te geniet,” het hy gesê.
Op sy beurt het Leander Borg van die bank se bemarkingsafdeling gesê hulle verwag vanjaar meer as ’n duisend fietsryers wat deelneem, waarvan sowat 60% Namibiërs is. Die res is buitelandse atlete. Borg glo dat in vorige jare meer as 90% van die atlete Namibiërs was en dat die afname in plaaslike deelnemers ’n jammerte is, maar tog is hy optimisties oor die internasionale belangstelling.
Op haar beurt het Swakopmund se burgemeester, Paulina Nashilundo, gesê die Desert Dash dien as ’n finansiële inspuiting vir Swakopmund se ekonomie. “Ons sien verskriklik na die geleentheid uit. De Desert Dash het nog altyd ’n hupstoot vir ons dorp meegebring. Siende dat ons daarby baat, sal ons altyd bereid wees om hand by te sit waar dit ook al mag nodig wees,” het sy gesê.
Dertig van die 240 fietsryers wat vanjaar die 373 km resies solo aandurf, is vroue. “Twee van ons land se grootse fietsryers, Tristan de Lange (’n verdedigende Afrika-kampioen) en Alex Miller is die kern van ’n viermanspan wat vir podiumplekke veg,” aldus Van Graan.
Hy is egter van mening die grootste helde van die 24-uur resies is diegene wat die taak vir ’n groter doel aanpak – naamlik spanne wat ten bate van die Dagbreek Spesiale Skool, vir Legacy of Love, en die Lithon Foundation ry.
Adriaan Grobler pak namens die Lithon Foundation die Desert Dash aan omdat hy twee jaar gelede dringend ’n leweroorplanting nodig gehad het en dié stigting dit vir hom moontlik gemaak het.



Similar News

 

Around the wicket

1 day - 16 October 2019 | Sports

The Namibia FNB Kwata Cricket Fun day took place at the Cricket Oval in Walvis Bay last Saturday. The fun day saw more than 270...

Bikes galore!

3 days ago - 13 October 2019 | Sports

Walvis Bay • Leandrea Louw The Fish Eagle Rally hosted in Walvis Bay by the...

Tennis-aksie op Swakopmund

5 days ago - 11 October 2019 | Sports

Die 9de Junior Namibië Tennisvereniging (NTA) toernooi het die afgelope naweek weer tennisgeesdriftiges na Swakopmund gelok.Met ’n indrukwekkende 42 inskrywings, moes organiseerders bontstaan om genoeg...

David, Aimwata win 2019 Hangana Hake marathon

1 week ago - 05 October 2019 | Sports

Walvis Bay · Adolf Kaure The 2019 edition of the Hangana Hake Run and Ride which featured a 42km marathon, 21km half marathon, 10km...

Michael Skini Charity Cup up for grabs

2 weeks ago - 03 October 2019 | Sports

Henties Bay · Adolf Kaure The 2019 edition of the Michael Skini Charity Cup will take place at the Omdel Stadium in...

Desert Storm champions remain undefeated

2 weeks ago - 29 September 2019 | Sports

Walvis Bay · Leandrea Delano Müller and Lesley !Hoaëb retained their Sub-Saharan champion status in the featherweight and lightweight division, respectively at the Desert Storm...

Goeieman, Pritzen winners at WB Coastal Classic run

2 weeks ago - 29 September 2019 | Sports

Goanikontes ·Adolf KaureThe Woermann Brock (WB) Coast Classic featured the 17km run, 6km fun run as well as the 17km, 45km and 75km mountain bike...

Desert Storm hits the coast again

3 weeks ago - 25 September 2019 | Sports

Walvis Bay • Otis Finck The President of the Namibia Kick Boxing Federation (NKF) Anita de Klerk has extended an invitation to coastal residents to...

Air Force dominates Law Enforcement tourney

3 weeks ago - 24 September 2019 | Sports

Swakopmund • Adolf Kaure The fourth edition of the Erongo Law Enforcement Sports Tournament took place at the Vineta sports field in Swakopmund from...

Swimmers shine in Swakopmund

3 weeks ago - 22 September 2019 | Sports

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt The Cube swimming pool in Swakopmund played host to the Namibia National Short Course Championships 2019 over the...

Latest News

Around the wicket

1 day - 16 October 2019 | Sports

The Namibia FNB Kwata Cricket Fun day took place at the Cricket Oval in Walvis Bay last Saturday. The fun day saw more than 270...

Science Week off to a...

1 day - 16 October 2019 | Science

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt The Scientific Society Swakopmund celebrates Science Week with a film festival from 14 to 18 October.The...

Meer as ’n Mercedes

1 day - 16 October 2019 | Motors

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt M + Z Motors Swakopmund het onlangs ’n opedag gehou waar Jan Alleman die kans gekry...

Nuwe komitee vir Narraville se...

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Walvisbaai • Leandrea Louw Inwoners van Narraville het onlangs 'n komitee aangewys as verteenwoordigende spreekbuis van die gemeenskap wat betref kwessies, uitdagings en ontwikkeling...

Nog 'n hupstoot vir kankervereniging

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Swakopmund • Leandrea Louw Die Erongo-tak van die Kankerver­eniging van Namibië (CAN) het Saterdag sy grootste, jaarlikse geldinsamelingsveldtog, die Hats and Roses-geleentheid, op Swakopmund...

Vloot vier 15 jaar

2 days ago - 15 October 2019 | Events

Die Namibiese vloot het op 7 Oktober sy 15de bestaansjaar gevier en Saterdag 'n ope dag as deel van die feesvieringe gehou. Om die verrigtinge...

NamGreenWood help herwin

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf KaureDie Swakopmund-munisipaliteit het tydens sy maandelikse agendavergadering NamGreenWood Ent CC toestemming gegee om herwinbare materiaal van die Swakopmund-stortingsterrein te verwyder. NamGreenWood het...

N$120 miljoen. se

2 days ago - 15 October 2019 | Energy

Arandis • Adolf KaureVisepresident Nangolo Mbumba het onlangs Sertum Ener­gy Namibia se N$120 miljoen-sonkragaanleg by Orano se Trekkopje-myn ingewy. Die 5 megawatt- fotovoltaïese aanleg lê...

Tjivikua at the helm

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

The Walvis Bay Corridor Group (WBCG) has welcomed its new chief executive officer, Mbahupu Tjivikua, who joined the team on 1 October. Tjivikua has rejoined...

Load More