Brand saai verwoesting

Hentiesbaai ma ly groot skade

28 February 2020 | Disasters

Brigitte Gertze; Slagoffer; “My dokumente en alles was binne.”

Hentiesbaai • [email protected]


’n Gedeelte van ’n huis op Hentiesbaai is deur ’n brand verwoes.

’n Motorhuis wat omskep is in ’n leefarea waarin Briggite Gertze gewoon het, het Donderdag (27 Februarie) op die kusdorp afgebrand.

“’n Mens hoor maar van hierdie dinge en jy sien altyd hoe ander mense daarmee moet leef. Jy dink nooit jy sal aan die ontvangkant wees nie,” het ’n geskokte Gertze gese.

Dit is onbekend presies hoe laat die brand ontstaan het, hoewel ’n beampte van Lifelink nooddienste bevestig het hulle het om 17:16 die noodoproep ontvang.

“Die motorhuis wat afgebrand het, is in ’n woonstel omskep,” het een van die nooddienspersoneel wat anoniem wou bly, gesê.

Gertze was tydens die voorval by die motorwassery waar sy werk. Haar seun is tans besig met studies aan die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (NIMT) en was nie by die huis toe die brand ontsaan nie.

Gertze het gesê sy het die huis in 2001 gekoop en dat daar nog nooit elektriese probleme was nie.

“Ek kan nie verstaan hoe die brand begin het nie.”

Sedert die voorval het die gemeenskap van Hentiesbaai hulle oor Gertze ontferm. Hoewel verskeie individue na haar uitgereik het, is Gertze nog steeds in die nood.

“Ek het net die klere aan my lyf. My dokumente en alles was binne die vertrek wat afgebrand het.”

Die brand het ook op ’n moelike tyd in Gertze se lewe gekom, aangesien ’n geliefde van haar se begrafnis hierdie naweek plaasvind.

Dit is egter nie net Gertze wat deur die brand geraak is nie. Volgens haar was sy besig was om klere en ander items in te samel vir ’n behoeftige gemeenskaplid toe die brand haar blyplek vernietig het.

Similar News

 

Dís hoe vinnig brande versprei

1 week ago - 11 October 2020 | Disasters

Twintig plakkershutte word binne vyf minute vernietig. Dit is hoe vinnig brande in informele nedersettings kan versprei.Hierdie is een van die belangrikste resultate van die...

Another life lost in shack fire

1 week ago - 11 October 2020 | Disasters

A man (32) burned to death when his shack caught fire in Tutaleni, Kuisebmond in Walvis Bay on Saturday. According to detective chief inspector Daniel...

Emergency camp for shack fire victims

3 weeks ago - 24 September 2020 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerThe number of shack fires along the central coast is increasing dramatically and as a result, the Swakopmund town council has decided...

Mother sacrifices her life in rescue attempt

2 months ago - 04 August 2020 | Disasters

Swakopmund Three people lost their lives in a shack fire that broke out in Swakopmund’s DRC informal settlement on Sunday.The regional crime investigations...

Geingob deeply touched by Twaloloka tragedy

2 months ago - 31 July 2020 | Disasters

President Geingob admitted that the devastating fire that claimed the life of a toddler, left one resident hospitalized with severe burns and over 350 people...

Cause of Twaloloka fire a puzzle

2 months ago - 28 July 2020 | Disasters

Walvis Bay • [email protected] The Walvis Bay Fire Brigade had their hands full trying to subdue a massive fire in Twaloloka on Sunday...

Fire victims to be accommodated in tents, hostels...

2 months ago - 27 July 2020 | Disasters

Walvis Bay • [email protected] Residents of Twaloloka affected by last night’s fire will be accommodated in tents and at local school hostels, Erongo governor Neville...

Fire leaves hundreds homeless

2 months ago - 27 July 2020 | Disasters

Walvis Bay • [email protected] Another tragedy struck Walvis Bay when an estimated 150 shacks burned to the ground in the Twaloloka informal settlement...

Candle claims life

3 months ago - 25 June 2020 | Disasters

Walvis Bay •[email protected] A woman (28) died in a fire that destroyed the shack she was living in, in Kuisebmond. “The deceased was...

Shack fire victims in need of help

3 months ago - 22 June 2020 | Disasters

Swakopmund · [email protected] of a shack fire that took place in Mondesa on Friday have called on the municipality of Swakopmund to assist. Roleen de...

Latest News

Samaritaan se motiewe bevraagteken

14 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Skerp kritiek is besig om mnr. George Olivier en sy liefdadigheidsorganisasie, A Better Life Project, wat hy vroeër vanjaar met...

'n Aand van glans

14 hours ago | Events

Die 33 graad 12-leerders van die Hoërskool Duneside op Walvisbaai het Vrydag tydens 'n ­spesiale seremonie die uitnodigings na hul matriekafskeid ontvang. Die matriekafskeid word...

Vragmotor gaan lewens verander

14 hours ago | Local News

Arandis • [email protected] Die gemeenskap van Arandis sal baat by die skenking van 'n vragmotor ter waarde van N$330 000 aan 'n plaaslike entrepreneur. Die...

Transforming the transport industry ...

14 hours ago | Infrastructure

The transport industry is traditionally perceived to be male-dominated, with only a few female professionals present mostly in lower decision-making and administration positions. To have...

Grumpy’s fishing report

14 hours ago | Fishing

Indications are that there was a kob festival at St Nowhere. Reports received bear testimony that the kob were on the bite in this area...

TIDES

14 hours ago | Fishing

Tuesday, 20 October High 05:38 Low 11:28 High 17:54 Low 23:57 Wednesday, 21 October ...

Judge orders mine to make...

20 hours ago | Crime

Swakopmund • Erwin LeuschnerIn his High Court ruling Judge Thomas Masuku came to the conclusion that Swakop Uranium, which operates the Husab uranium mine, will...

Two new Covid cases recorded...

20 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 33 new Covid-19 cases and four recoveries. Twenty of the newly reported cases are...

Retrenched fishermen reinstated

20 hours ago | Fishing

Walvis Bay • [email protected] The minister of labour, industrial relations and employment creation Utoni Nujoma hopes to have 1 100 fishermen, who lost...

Load More