Blues musikant timmer aan album

Nagemaakte kitaar lei tot ware liefde

25 April 2020 | Art and Entertainment

Sakkie Tsam; Musikant; “Ek hou van eenvoud.”

Swakopmund • [email protected]



Sagarias Tsam, beter bekend as ‘Sakkie’ onder sy medemusiekante, het homself gevestig as ’n hartsvriend van die Namibiese musiekbedryf.

Sy liefde vir musiek het begin toe hy op 21 ’n kitaar in ’n Chinese winkel gesien het.

“Ek was op Outjo met ’n pêl en ons het verby ’n Chinese winkel geloop. Daar sien ek toe ’n kitaar. Dit was só mooi en ek wou dit só graag hê, maar ek het nie genoeg geld by my gehad om dit te koop nie,” vertel die 30-jarige musikant.

Op daardie stadium het Sakkie nog niks van instrumente geweet nie. Hy vertel dat hy toevallig daarna ’n kitaar wat dieselfde lyk, by ’n Chinese winkel op sy tuisdorp Swakopmund gesien het, en dit toe onmiddellik gekoop het.

Dit was eers toe die kitaar se eerste snaar breek dat hy sou leer van gehalte instrumente.

“Ek het my kitaar Young Ones toe gevat om die snaar te laat regmaak. Die man wat die snaar vervang het, kon nie verstaan hoekom hy nie die snaar op noot kon kry nie. Uiteindelik het hy my gevra waar ek aan die kitaar gekom het. Dit is toe wat ek die verskil tussen egte instrumente en naamaaksels geleer het,” sê hy.

Tsam vertel dat hy ook by dié winkel twee kitaarlesse geneem het en toe later besluit het om homself op te lei.

Jare later het hy skouers begin skuur met bekendes soos Riaan Smit en John Rock Prophet.

Hy is egter van mening dat dit nie spoggerige toertjies is wat hom gebring het waar hy vandag is nie.

“Ek hou van eenvoud. Mense dink jy moet fancy wees en hulle lag altyd vir my 4-akkoord liedjies, maar ek hou daarvan. Die boodskap is vir my die belangrikste.”

Sakkie praat met lof van Riaan Smit van die Suid-Afrikaanse musiekgroep Crimson House. “Riaan is my vriend en het die konsep van blues in Namibië gevestig,” sê hy.

Sakkie vertel dat sy musikale kontakte hom al ’n ding of twee geleer het. Tog belowe hy om gestand te doen aan die kenmerkende eenvoud van sy musiek en sê hy sal dit altyd na vore bring.

“Ek sing oor historiese gebeurtenisse en hoe die mense in die ou tyd gelewe het. Ek wil maar net my eie eenvoudige styl gebruik. Jy hoef nie altyd baie te doen om goed te wees nie. Jou deel maak ’n verskil.”

Similar News

 

Black Boy surfing the airwaves

30th of May 11:33 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Local rapper Bachmann (24) recently released his latest project, Black Boy, which is available on Donlu Africa, Soundcloud, YouTube, Facebook...

African Vocals sing online

1 day - 28 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Vocals held an online concert at the Lutheran Church in Swakopmund on Sunday, streaming it live on their Facebook and Instagram pages....

Deel in SA dansstryd

4 days ago - 26 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Namibiërs wie se voete jeuk, het tot 31 Mei kans om in te skryf vir die vyfde reeks van die Afrikaanse...

Smartboy’s video to feature on Trace Africa

1 week ago - 22 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-based rapper Faith Samaseb (26), better known as Smartboy, recently completed the shooting of the music video for his song, “No...

Jericho is back!

2 weeks ago - 13 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] winning rapper Jericho Gawanab (39) – simply known as Jericho to his fans – is hard at work finishing his latest album.During...

‘Son of the Soil’

2 weeks ago - 11 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Alfons Kanyetu, better known in music circles as Ally the Mini King, recently released his first solo project titled Son of...

Mark finds his lockdown muse

3 weeks ago - 07 May 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Local rapper Mark Louw AKA Mark West Coast Finest, says that since the partial lockdown was implemented in the country...

‘Moffie’ makes waves

3 weeks ago - 04 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The long-awaited South African film ‘Moffie’ had its premiere week cut by the implementation of lockdown measures in South-Africa and...

Baanbreker-sangeres kyk terug

1 month - 29 April 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Ná haar drie NAMA-toekennings tydens verlede jaar se kompetisie, het Lize Ehlers (33) nou nog hoër hoogtes bereik.Met dié dat sy...

Jyz Yorke excited about Rap Battle Namibia nod

1 month - 19 April 2020 | Art and Entertainment

Omaruru • [email protected] Omaruru-raised rapper Jedidiah Yorokee Ziabulela, known as Jyz Yorke, was recently selected as one of the six finalists that will...

Latest News

Stricter control for truckers

30th of May 11:55 | Health

Swakopmund • [email protected] governor Neville Andre announced strict measures to control the movement of truck drivers, citing the 21st case of Covid-19 in Namibia for...

Namport assists in repatriation of...

30th of May 11:40 | Health

Walvis Bay • [email protected] The American passenger liner Carnival Fascination, docked at berth 1 of the port of Walvis Bay on Friday morning,...

Black Boy surfing the airwaves...

30th of May 11:33 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Local rapper Bachmann (24) recently released his latest project, Black Boy, which is available on Donlu Africa, Soundcloud, YouTube, Facebook...

Namibians stranded at sea

23 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Carnival Fascination has been travelling up and down the Namibian coast for three days. On board are, among others, seven Namibians and...

CAN calls for better tobacco...

23 hours ago | Health

The Cancer Association of Namibia (CAN) has called on the ministry of health and government to review the Tobacco Control Act of 2010 in light...

Ten elephants culled

1 day - 29 May 2020 | Environment

Swakopmund • [email protected] elephants that posed a risk to human life and agriculture were culled in various regions of the country last month.According to the...

Educating the youth through television...

1 day - 28 May 2020 | Youth

Walvis Bay • [email protected] Long-time best friends and entrepreneurial partners Jörg Walter (20) and Bryan Nakambonde (20) will soon be premiering an educational television...

Brand laat 30 dakloos

1 day - 28 May 2020 | Disasters

Swakopmund • [email protected] Dertig Swakopmunders is haweloos gelaat ná hul plakkershuis in Mondesa afgebrand het.Die vyf gesinne wie se huisie deur vlamme verswelg is,...

African Vocals sing online

1 day - 28 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Vocals held an online concert at the Lutheran Church in Swakopmund on Sunday, streaming it live on their Facebook and Instagram pages....

Load More