Bewustheid oor brandbekamping verskerp

Inwoners van DRC touwys gemaak

18 September 2019 | Local News

Robeam Ujaha, gesondheidsinspekteur; “Meeste van die brande waarmee ons te doen het, is in die DRC.”

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt

Die munisipaliteit van Swakopmund het onlangs ’n praatjie oor brandveiligheid by die DRC sportveld gehou.

Die geleentheid is deur Robeam Ujaha van Swakopmundse munisipaliteit geopen, waarna ’n opvoering deur die Mondesa drama groep gelewer is om aan toeskouers te demonstreer hoe brande in veral gehuggies in informele nedersettings ontstaan.

“Die verhoogstuk takel eintlik drie gemeenskapsprobleme gelyktydig: Alkoholisme, geweld teen vroue en kinders, en brande,” het Ujaha ná die opvoering gesê.

Om te demonstreer hoe vinnig brande buite beheer kan raak, is ’n motorband bo op ’n plakkershuis wat spesifiek vir die geleentheid gebhou is, geplaas en aan die brand gesteek. Die munisipaliteit wou juis die gevaar wat hierdie bande wat as versterking op dakke dien, uitwys.

’n Stophorlosie is gebruik om die brandweer se reaksietyd te toets: Eers ná meer as 8 minute kon die brandweer die vlamme begin blus – iets waaroor die skare erg ontevrede was. Verskeie uitlatings soos “waar is die brandweer?”, “hulle vat altyd lank” en “die hele plek het teen nou al afgebrand as dit rêrig was” is geopper.

Na die opvoering en demonstrasie het die skare deelgeneem aan ’n vraag-en-antwoord speletjie. Basiese kennis oor brandveiligheid is getoets en diegene wat reg kon beantwoord, het elkeen een van vier brandkomberse en ses brandblussers, wat deur Excellent Fire Services geborg is, gewen.
Lede van die brandweer het ook gewys hoe om dié toerusting op die regte en veiligste maniere te gebruik.

Similar News

 

Inmates facing precarious situation

1 day - 07 July 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] An inmate incarcerated at the Walvis Bay prison has told his sister that he is deeply concerned...

Okombahe, Spitzkoppe residents receive assistance

3 days ago - 05 July 2020 | Local News

Spitzkoppe/Okombahe • [email protected] Residents of settlements who are reliant on tourism are struggling to survive since the arrival of Covid-19. In light of this,...

Unified strategy needed to contain pandemic

3 days ago - 05 July 2020 | Local News

Swakopmund The governor of the Erongo region Neville Andre says the best way to get the upper hand against Covid-19, is a comprehensive...

Toddler drowns

3 days ago - 05 July 2020 | Local News

Swakopmund • iré[email protected] A 4-year old girl lost her life to the sea in Swakopmund on Saturday at 16:00.Erongo region crime investigation coordinator,...

Winter warmth

1 week ago - 01 July 2020 | Local News

Orano Mining Namibia donated blankets to families affected by the recent shack fires that destroyed 24 homes in Mondesa, Swakopmund, on 19 June. The families...

Helping hand extended to albinos

1 week ago - 01 July 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] junior regional councillor for the Walvis Bay urban constituency Anna Uupindi recently introduced the 'Albino Corner'. The launch of the initiative,...

Henties Bay gallows set alight

1 week ago - 30 June 2020 | Local News

Henties Bay An incident of malicious damage to the gallows in Henties Bay was reported to the Namibia Police Force (NamPol).According to the NamPol’s...

Police seize ‘prevention tea’

1 week ago - 30 June 2020 | Local News

Walvis Bay · [email protected] Police on Monday seized expensive “illegal Covid-19 prevention tea” during a raid on Chinese shops in Walvis Bay.The traditional Chinese...

Inwoners bekommerd

1 week ago - 30 June 2020 | Local News

Hentiesbaai • [email protected] Hentiesbaai se inwoners is onstoke oor die teenwoordigheid van Covid-19-pasiënte wat op die kusdorp in kwarantyn gehou word. Die minister...

Temporary shelter for WB Covid checkpoint

1 week ago - 29 June 2020 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) donated a mobile office to the Navy Commander of the Namibian Police in the Erongo region. A...

Latest News

Katelin bags gold at Dutch...

6 hours ago | Sports

Walvis Bay· [email protected] Coastal karateka Katelin Martin (25) who is a member of the Goju-Kai dojo in Walvis Bay, was crowned the Dutch Open...

Fisheries Observers office closed

6 hours ago | Health

Walvis Bay • [email protected] The Fisheries Observers Agency (FOA) offices were closed on Tuesday afternoon after one of their employees tested positive for Covid-19.Stanley...

New beginnings for Langer Heinrich

15 hours ago | Business

Swakopmund • [email protected] “Paladin’s focus is to restart operations at Langer Heinrich uranium mine,” said managing director Ian Purdy. “Our existing infrastructure and ten...

Bibberweer vanaf Donderdag verwag

15 hours ago | Weather

Windhoek · [email protected] Koue toestande word reeds vanaf Donderdag in die Weste verwag. Teen Vrydag en oor die naweek sal dit na verwagting...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

16 hours ago | Health

Windhoek · [email protected] ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die Erongostreek....

Federations need permission: NSC

1 day - 07 July 2020 | Sports

Windhoek Jesse Jackson Kauraisa The Namibia Sport Commission (NSC) has announced that anyone planning to host sports events under stage four of the coronavirus...

Fishing industry strategizes over Covid-19

1 day - 07 July 2020 | Fishing

Erongo governor Neville Andre announced that he had met with top executives of 15 fishing companies, representatives from the hake and horse mackerel associations, officials...

Só werk kwarantyn nou

1 day - 07 July 2020 | Health

[email protected] Buitelanders wat Namibië wil binnekom moet ‘n negatiewe SARS-COV-2 PCR (polymerise chain reaction)-toets van ‘n gesertifiseerde laboratorium, wat nie ouer as 72 uur...

Inmates facing precarious situation ...

1 day - 07 July 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] An inmate incarcerated at the Walvis Bay prison has told his sister that he is deeply concerned...

Load More