Besettingsyfer swaar deur Covid getref

Besoekers het meestal ver­kies om by vriende en familie tuis te gaan weens 'n gebrek aan bestedingsvermoë.

12 January 2021 | Local News

Anette Kötting - HAN - “Baie min internasionale toeriste het hierdie feestyd besoek aan die kus afgelê.”

Swakopmund • [email protected]



Die voorsitter van die Namibiese Gasvryheidsvereniging (HAN) se tak vir die kusstreek, Anette Kötting, sê Covid-19 het 'n erg nadelige uitwerking gehad op die vlak van kamerbesetting by gasvryheidsinstellings tydens die feesseisoen.

Volgens haar was die aantal internasionale besoekers wat van plaaslike hotelkamers gebruik gemaak het, net 'n druppel aan die emmer in vergelyking met vorige jare.

“Baie min internasionale toeriste het hierdie feestyd besoek aan die kus afgelê. Die besettingsyfer is verder beïnvloed deur die stygende aantal Covid-19-gevalle wat tans in Europa aangeteken word.”

Sy het bygevoeg dat daar wel gaste was wat van hotelle gebruik gemaak het, maar dat die syfer nie naastenby kers vashou teen vorige jare nie.

“Die beskikbare bestedingsvermoë is verminder, aangesien soveel mense afgelê is of salarisverlagings moes aanvaar. Daar is eenvoudig nie geld om te spandeer nie. ”

Kötting, wat ook die hoofbestuurder van Zum Kaizer Hotel in Swakopmund is, meen die meeste plaaslike besoekers wat van verskillende dele van die land na die kus gekom het, het verkies om by vriende of familie tuis te gaan.

Namibië is ook weer op die risikolys vir reisigers geplaas vanweë die toenemende aantal Covid-19-infeksies in die afgelope weke en dit het verskeie sektore – vernaam die gasvryheidsbedryf – beïnvloed.

HAN se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, het gesê die besettingstatistiek vir Desember is nog nie beskikbaar nie.



Getalle

Die Swakopmundse munisipaliteit het gesê tussen 18 Desember 2020 en 4 Januarie 2021 was daar 'n effense toename in besettingsyfers by die plaaslike ruskamp in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar.

Daar was egter 'n afname in buitelandse besoekers, soos aangedui in die statistiek dat die aantal kamers of eenhede wat vanaf 18 Desember 2019 tot 4 Januarie 2020 beset was, 2 272 was in vergelyking met die 2 688 vanaf 18 Desember 2020 tot 4 Januarie 2021.

Die totale aantal gaste vir die tydperk 18 Desember 2020 tot 4 Januarie 2021, was 3 213, teenoor 2 910 oor dieselfde dae twaalf maande tevore.

Verreweg die meeste gaste was van Namibië (3 171), terwyl die res van Zimbabwe (14), Suid-Afrika (14), Pakistan (6), Kuba (4), Angola (2) en Duitsland (2) was.

Gedurende die tydperk 18 Desember 2019 tot 4 Januarie 2020, was die gaste van Namibië (2 323), Botswana (334), Suid-Afrika (139), Duitsland (30), Argentinië (16), Zimbabwe (13), China (13), Burundi (12), Angola (9), die Demokratiese Republiek die Kongo (8), Kuba (4), Zambië (4), Australië (3) en Frankryk (2).



Hengel

Die hoofbeheerbeampte van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne in die Erongostreek, Malcolm Bock, het gesê die ministerie het nog nie verslae opgestel oor hengelaktiwiteite gedurende die feestyd nie.

“Paaltjies was nogal besig, want vissermanne was desperaat om kabeljou te vang voordat vangste vir dié spesie op 1 Januarie gesluit het.

“In die dae daarna is hengelaars elders gevind, tot by Vierkantklip,” het hy gesê.

'n Omvattende verslag van visvang­aktiwiteite aan die kus gedurende die feestyd behoort teen middel Januarie bekend gemaak te word.

Similar News

 

Shoprite workers displeased with police officers’ behaviour

2 days ago - 20 January 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Approximately 50 aggrieved workers of the Shoprite Group Namibia marched from the NANWU offices to the Swakopmund police station today where...

Broers verwesenlik droom op Henties

4 days ago - 19 January 2021 | Local News

Hentiesbaai • [email protected] Twee broers met spier­distrofie het een van hul drome verwesenlik nadat 'n musiekvideo van een van Armand Steenkamp se liedjies,...

'n Koek 'n dag bring vreugde

4 days ago - 19 January 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Ná me. Ansie Rossouw se planne vir 'n vakansie in Engeland 'n tweede keer deur die Covid-19-pandemie in die wiele gery...

Vulnerable persons now qualify for homes

4 days ago - 19 January 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] The former Swakopmund municipal council in its final meeting resolved to amend policies regarding the allocation of National Housing Enterprise (NHE)...

SPCA pleads for introduction of dog tax

4 days ago - 19 January 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] A dog tax would help the welfare organisation in dealing with exorbitant annual expenses, says the chairman of the Swakopmund Society...

Triplets welcomed to the world

6 days ago - 17 January 2021 | Local News

The maternity ward at Walvis Bay state hospital was abuzz on 14 January 2021, when triplets made their appearance.The maternity ward staff consisting of Sr...

Walvisbaai DBV ­benodig vrywilligers

1 week ago - 12 January 2021 | Local News

Walvisbaai • [email protected] se Dierebeskermingsvereniging (DBV) sorg elke maand vir ongeveer 150 katte en honde. Die voorsitter van die DBV-komitee, Gavin Brasler, sê daar is...

Nuwe ontsoutingsaanleg eers teen 2030

2 weeks ago - 05 January 2021 | Local News

Ingenieurs was teen die einde van November besig met konsepplanne vir die oprigting van ‘n tweede ontsoutingsaanleg aan die Namibiese kus om die land se...

Tributes pour in for former governor

2 weeks ago - 05 January 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Tributes are pouring in following the passing of the former governor of the Erongo region, Cleophas Mutjavikua (57).The former mayor of Omaruru,...

Residents adhere to regulations

2 weeks ago - 03 January 2021 | Local News

Walvis Bay •[email protected] A law enforcement patrol that started on New Year’s Eve and lasted well into the New Year was conducted in...

Latest News

Namib Daughters grateful for donation

15 hours ago | Sports

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-based women’s soccer team, Namib Daughters, received a timely donation worth an undisclosed amount from Tututango recently.The donation includes ten pairs...

Duisende as jy nie masker...

15 hours ago | Government

Windhoek ∙ [email protected] Weier jy om ’n masker te dra, kan jy maar jou sak skud vir ’n boete van duisende. So ook as...

The search is on for...

1 day - 21 January 2021 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Entries for the first season of the Welwitschia Music Production (WMP) Ma /Gaisa Idol competition closed on 15 January.According to WMP...

Hoe pandemies eindig

1 day - 21 January 2021 | Health

Swakopmund • [email protected] Ná die rampspoedige jaar is die geduld vir ’n pandemie maar min en die mensdom is meer as gereed om hierdie...

Designer branches out

1 day - 21 January 2021 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Walvis Bay-based designer Chanté Bock has decided that 2021 will be the year in which she embarks on her solo...

Shake a can for hope

1 day - 21 January 2021 | Health

Swakopmund • [email protected] A Shake a Can for World Cancer event will be held in Swakopmund on 5 February, the Cancer Association of Namibia’s...

CAN screening to save lives

2 days ago - 21 January 2021 | Health

The Cancer Association of Namibia (CAN) welcomes their outreach program to the Erongo region this week. “Breast and cervical cancer are the main types of...

Shoprite workers displeased with police...

2 days ago - 20 January 2021 | Local News

Swakopmund • [email protected] Approximately 50 aggrieved workers of the Shoprite Group Namibia marched from the NANWU offices to the Swakopmund police station today where...

Triathletes to shine at the...

3 days ago - 20 January 2021 | Sports

Swakopmund • [email protected] More than 100 athletes are expected to compete in the first-ever triathlon hosted at Platz Am Meer in Swakopmund this...

Load More