Bedrieër op sosialemedia bedrywig

’n Man wat hom as verkoopspersoon voordoen, is besig om Walvisbaaiers te bedrieg.

23 June 2020 | Crime

Inspekteur Ileni Shapumba; Nampol; “Die oomblik as iemand op ’n sosiale media platform vir ’n deposito vra, moet daar waarskuwingsklokkies in jou kop afgaan.”

Walvisbaai • [email protected]





As iets te goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik die geval.

’n Vermeende bedrieër gebruik glo die identiteit van ene Dirk Moller om mense op Facebook van hulle hartverdiende geld te beroof. Hy doen homself as ’n verkoopsman voor wat meubles teen ’n billike prys wil verkoop.

Na bewering vra hy ’n deposito vir goedere wat hy kwansys verkoop op groepe wat tweedehandse goedere van die hand sit.

’n Inwoner van die hawedorp, Sylvia Haihambo, sê dat sy ’n bed en ’n eetkamerstel by die skurk wou koop.

“Hy het my vir ’n deposito van 50% gevra wat ek elektronies aan hom moes oorbetaal. Ons het toe afgespreek om die Saterdagoggend te ontmoet en dan die ooreenkoms te beklink. ‘Moller’ was egter daarna skoonveld.”

Soos genoem, maak die skelm gebruik van ’n Namibiese identiteitskaart.

Volgens die polisie is dit die modus operandi van talle soortgelyke bedrogspulle wat met gesteelde en vermisde identiteitsdokumente bedryf word.

Die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Erongostreek, adjunkommissaris Erastus Iikuyu, sê dat daar niks gedoen kan word om die koop en verkoop van goedere op hierdie wyse te verhoed nie.

“Daar is ook opregte mense op hierdie platforms wat goedere verkoop. Lede van die publiek moet egter altyd seker maak voor hulle ’n besluit maak om geld oor te betaal of te oorhandig. Ontmoet liewer die persoon van aangesig tot aangesig voor jy geld vir iets betaal.”

Hy het die publiek aangeraai om liefs nie vreemdelinge te vertrou nie.

“Dit is moeilik om die beskuldiges in sulke sake op te spoor en selfs vas te trek. Hulle koop elke keer net ’n nuwe SIM-kaart en handel dan met daardie nommer. Sodra die slagoffer hulle betaal, kry hulle mos wat hulle wil hê,” sê Iikuyu.

Volgens hom word daar daaglikse sulke gevalle by die polisie aangemeld.

Die bevelvoerder vir gemeenskapsake in die Erongostreek, inspekteur Ileni Shapumba, waarsku ook teen die betaling van ’n deposito vir goedere wat jy nie self gesien het nie.

“Die oomblik as iemand op ’n sosiale media platform vir ’n deposito vra, moet daar waarskuwingsklokkies in jou kop afgaan. Vra liewer iemand wat jy ken wat in die dorp woon waar die verkoper is, om namens jou te gaan kyk na die items wat jy wil koop.”

Similar News

 

Police bust cannabis cultivators

22 minutes ago | Crime

Walvis Bay Three young men were arrested in Walvis Bay during two separate drug busts for cultivating, harvesting and being in possession of cannabis.A...

Couple nabbed for fraud, money laundering

21 hours ago | Crime

Walvis Bay •[email protected] A couple from Walvis Bay who allegedly defrauded a Swiss man of more than N$1.1 million made their first...

Majority of police station attackers denied bail

1 day - 04 August 2020 | Crime

Swakopmund Eighteen of the 20 people accused of damaging and destroying public property at the Mondesa police station were denied bail during their first appearance...

Police cautions residents against online scammers

2 days ago - 02 August 2020 | Crime

Swakopmund • [email protected] The public should refrain from blindly paying for items being put up for sale on social media without viewing the items...

Angry mob attacks police station

4 days ago - 01 August 2020 | Crime

Swakopmund • [email protected] The law will catch up with all those involved in an attack on Mondesa police station last night (Friday), says the...

Game poachers denied bail

2 weeks ago - 20 July 2020 | Crime

The three suspects who are alleged to have illegally hunted and transported seven Oryx carcasses in the Namib Naukluft Game Park were denied bail...

Poachers in the park

3 weeks ago - 15 July 2020 | Crime

Swakopmund • [email protected] in the Erongo region are looking for several poachers who are said to have killed seven Oryx in the Namib-Naukluft National Park...

Body found at Langstrand

1 month - 24 June 2020 | Crime

Walvis Bay •[email protected] The body of a male was discovered on the beach in the vicinity of Langstrand on Wednesday morning. He was...

Foetus found in drain

1 month - 21 June 2020 | Crime

Walvis Bay Municipal workers discovered a foetus in a drain in Kuisebmond earlier this week.Regional crime coordinator deputy commissioner Erastus Iikuyu, said the workers found...

Residents continue defying regulations

1 month - 15 June 2020 | Crime

Swakopmund • [email protected] Residents of the Erongo region need to change their mindset about regulations put in place to mitigate Covid-19.Speaking at the...

Latest News

Applications now open for grade...

16 minutes ago | Education

Walvis Bay The regional directorate of education announced that application forms for pre-primary, grade 1 and grade 8 learners for 2021 will become available...

Police bust cannabis cultivators

22 minutes ago | Crime

Walvis Bay Three young men were arrested in Walvis Bay during two separate drug busts for cultivating, harvesting and being in possession of cannabis.A...

Couple nabbed for fraud, money...

21 hours ago | Crime

Walvis Bay •[email protected] A couple from Walvis Bay who allegedly defrauded a Swiss man of more than N$1.1 million made their first...

Mother sacrifices her life in...

22 hours ago | Disasters

Swakopmund Three people lost their lives in a shack fire that broke out in Swakopmund’s DRC informal settlement on Sunday.The regional crime investigations...

Ministry of defence rubbishes bogus...

22 hours ago | Ministries

Audio and video footage that has been circulating on social media claiming that Chinese soldiers have entered into Namibia, are untrue.“There is no iota of...

Sixty-four new cases

22 hours ago | Health

Namibia recorded 64 new Covid-19 cases today. The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula also announced 24 new recoveries. This number also...

Majority of police station attackers...

1 day - 04 August 2020 | Crime

Swakopmund Eighteen of the 20 people accused of damaging and destroying public property at the Mondesa police station were denied bail during their first appearance...

Maskers vir bewaring

1 day - 04 August 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Met die Covid-19-pandemie op hande het die gesigmasker’n deel van die ‘voel-voel aan jou sakke of alles daar is’-roetine geword....

Toerisme bedryf se kommer aangespreek...

1 day - 04 August 2020 | Tourism

Swakopmund • [email protected] Besighede in die toerisme bedryf bevind hulself in ’n penarie sedert die sluiting van die land se grense vir toeriste...

Load More