Babas vir die nuwe jaar

Ses babas is op Nuwejaarsdag in hospitale aan die kus gebore.

07 January 2020 | Local News

Elizabeth Josua; Moeder; “In ons gesin is nog niemand gebore op hierdie dag nie.”

[email protected] en [email protected]







Vyf babameisies en ‘n babaseun is op Nuwejaarsdag aan die kus gebore.

Twee babas, ‘n dogtertjie en ‘n seuntjie, is by die Swakopmund-staatshospitaal gebore en vier dogtertjies het hul eerste lewenslig by die staatshospitaal in Walvisbaai aanskou.

Lotango Josua was die eerste baba gebore by die Swakopmund-staatshospitaal. Sy het omstreeks 02:50 die wêreld betree.

Me. Elizabeth Josua (31) is die trotse moeder van die babadogtertjie wat 'n gesonde 3,32 kg geweeg het. Dit is Josua se vierde kind en sy is nou ‘n ma van drie dogters en een seun.

Sy was baie opgewonde oor haar Nuwejaarsbaba.

“Ek is baie gelukkig,” het Josua gesê. “Dit is maar selde dat 'n kind op Nuwejaarsdag gebore word. In ons gesin is nog niemand gebore op hierdie dag nie.”

Me. Lovisa Nghituua (28) het vir die tweede keer ma geword. Sy het om 13:49 geboorte geskenk aan 'n babaseuntjie, William Ekandjo, wat 2,91 kg geweeg het.

Geen Nuwejaarsdagbabas is by Swakopmund Mediclinic gebore nie.

Die eerste Nuwejaarsdagbaba by Walvisbaai se staatshospitaal is om 05:00 gebore en het 3,3 kilogram geweeg.

Haar mamma en pappa, me. Desire Nawes en mnr. Erwin Naweb, was baie bly dat hul kleinding op Nuwejaarsdag gebore is. Dit is Desire se vyfde baba.

Die tweede babameisie is om 09:17 gebore en het 3 kg geweeg. Sy is haar mamma, me. Maria Fillipus, se tweede baba.

Gift Noabes is om 11:34 gebore en het ‘n skrale 1,7 kg geweeg. Haar mamma het vertel die geskenk was eers vir Maart bestem, maar sy was baie bly haar baba is gesond.

Baba Stephanus is om 21:35 gebore en het 2,8 kg geweeg. Sy is me. Anna Stephanus se derde kind.

“Sy is soveel meer spesiaal vir my omdat sy op Nuwejaar gebore is,” het Stephanus gesê.

Daar was geen geboortes by die Welwitschia-hospitaal in Walvisbaai nie.

Similar News

 

Gerugte van brandstigting onwaar

1 week ago - 16 January 2020 | Local News

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt Met ‘n eenvoudige “onbekend” as rede vir die oorsaak van ‘n brand wat Saterdag ‘n huis op Swakopmund...

Residents discouraged to vote at hospitals

1 week ago - 14 January 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] Returning officer Jeff Manale told members of the public not to leave larger areas like Kuisebmond or Narraville to vote...

Reiterdenkmal replica must go

1 week ago - 14 January 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] One of the co-owners of the Altstadt Restaurant, Norberth Sadlowski, says the presence of a Reiterdenk­mal replica at the establishment is not...

Donation brings festive cheer

2 weeks ago - 07 January 2020 | Local News

Swakopmund Swakop Uranium (SU) donated food hampers to 40 families from the DRC informal settlement during a ceremony at the offices of the mine in...

‘Vermiste’ trio ken hul storie

2 weeks ago - 07 January 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] du Plessis het op 30 Desember saam met sy meisie, Yolanda Engelbrecht, en ’n vriend, Rikus Botha, koers na die Brandbergarea gekies...

Nóú kan Jonas bôl speel!

2 weeks ago - 07 January 2020 | Local News

Swakopmund • [email protected] Daar is ‘n nuwe huppel in die 12-jarige Jonas Shilongo se stap nadat hy onlangs 'n kunsbeen van New...

Vakansiepret

3 weeks ago - 31 December 2019 | Local News

'n Groep vriende geniet hulleself in die branders by die Mole op Swakopmund. Met talle vakansiegangers by die kus en heerlike sonnige weer aan die...

Agt Kersfees babas

3 weeks ago - 31 December 2019 | Local News

Kus • [email protected] en leandrea @republikein.com.na Die ooievaar was besig en het agt bondels borrelende vreugde op Kersdag by die kus kom aflewer....

Oumensies se harte bly gemaak

3 weeks ago - 31 December 2019 | Local News

Walvisbaai se munisipale raadslede het voor Kersfees namens die Burgemeester se Verligtingsfonds, kospakkies aan senior burgers uitgedeel. Walvisbaai se burgemeester Immanuel Wilfred het gesê die...

Son, sand, see en vakansiepret

1 month - 24 December 2019 | Local News

Wonderlike weer het Sondag hordes mense strand toe gelok. Die termometer het gewys dat die temperatuur in ’n sonnige Walvisbaai 24°C bereik het. Zaria Andima...

Latest News

Kudus aiming for 7s glory

1 day - 22 January 2020 | Sports

Walvis Bay • [email protected] A group of 14 First National Bank (FNB) Kudu Rugby Club players and two officials departed for the Swartland...

Langasems maak reg vir aksie

1 day - 22 January 2020 | Sports

Swakopmund • [email protected] Bay Road Runners wil die jaar op ’n vinnige pas afskop met die klub se eie en eerste byeenkoms vir hardlopers langs...

Onderwys is die ruggraat van...

2 days ago - 21 January 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Die tema van Saterdag se maatskaplike verantwoordelikheidsdag aangebied deur Welwitschia Music Production (WMP) was “Wees jouself vir Namibië”. Hande is uitgereik by...

Geestesiektes: Breek die stigmas af...

2 days ago - 21 January 2020 | Health

Swakopmund • [email protected] Mense moet opgevoed word oor die verskeie mites rondom geestesiekes. Só sê me. Ilanza Klein (29), ’n aktivis wat haarself vir die...

These are Swakop’s top healthy...

2 days ago - 21 January 2020 | Business

Swakopmund • [email protected] Hero Multisave Supermarket emerged as the top butchery, Mobi Soft Serve as the top mobile kiosk and Museums Café as the...

Pushing beyond existing boundaries

2 days ago - 21 January 2020 | Business

According to Maersk, drilling operations planned for its Angola-Namibia campaign will be done at a world record water depth. Maersk said that the well in...

Grumpy’s fishing report

2 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Slightly cleaner water made for tough fishing this past week and it appeared as if the fish disappeared. This was not totally the...

TIDES

2 days ago - 21 January 2020 | Fishing

Tuesday, 21 January Low 07:03 High 13:26 Low 19:41 High 02:00 Wednesday, 22 January High 02:04 Low...

Housing market remains under pressure

2 days ago - 20 January 2020 | Infrastructure

According to Ruusa Nandago, FNB Group Economist and author of the FNB Residential property report released on 16 January 2020, the index reached a historic...

Load More