Baanbreker-sangeres kyk terug

Rolmodel

29 April 2020 | Art and Entertainment

Lize Ehlers; Sangeres; Ek dink ek is op ’n paadjie om vrede in myself te vind.”

Swakopmund • [email protected]


Ná haar drie NAMA-toekennings tydens verlede jaar se kompetisie, het Lize Ehlers (33) nou nog hoër hoogtes bereik.

Met dié dat sy een van die groot name in die Namibiese musiekbedryf is, is sy vanjaar ook benoem as een van die NAMA kunstenaars van die dekade.

“Ek het begin skree toe ek hoor ek is benoem as kunstenaar van die dekade, ek kon dit nie glo nie! Dit was baie onverwags en ek het vir die res van die aand in my kombuis gedans van opgewondenheid,” vertel sy.

Ehlers het verlede jaar die NAMA-toekennings vir kunstenaar van die jaar, vroulike kunstenaar van die jaar en beste “house” liedjie vir 2019 ingepalm.

Sedertdien het sy saam met mede-musikante Namib Yaantu, Diolini en Vanessa Böhmer die “All Female Band” gestig.

“Ons noem onsself die All Female Band want ons wil hê mense moet weet wat hulle gaan kry as hulle ons vir ’n optrede bespreek,” sê Ehlers.

Wortels

Lank voor sy die verhoog met Esther Fellner, René Giessen en Suid-Afrikaanse groep Freshly Ground sou deel, was sy ’n meisie van Mariental.

Ehlers sien haarself as ’n baanbreker in die musiekbedryf en onthou met vreugde haar eerste groot oorwinning.

“Om die eerste NAMA kunstenaar van die jaar te wees was vir my absoluut oorweldigend. Ek weet waar ek vandaan kom. Vir mense soos ek, kan daar baie hindernisse op die pad wees, so dit was vir my ’n eer dat die beoordeelaars my gekies het.”

Kort voor sy haar NAMA-toekennings aanvaar het, is haar album Lize Live uitgereik.

Ehlers het besluit om nie die glansryke albumvrystelling te hou wat kenmerkend van die bedryf is nie, en eerder die album se vrystelling op haar tuisdorp te vier.

“Ek het dit sommer in ’n tent voor ’n winkel op Mariental gehou. Almal het dit ‘camp style’ genoem. Dit was lekker om weg te kom van die glans van die bedryf, dinge net eenvoudig te hou en weer my mense te sien,” vertel sy.
Identiteit

Ehlers sê haar identiteit is vir haar belangrik.

“Ek dink ons moet leer om nie weg te skram van egtheid nie. Ons moet eerlik wees met onsself en leer om ons ware self te aanvaar. Ons moet onsself uitdaag om te verander daar waar dit nodig is.”

Sy meen ’n innerlike konfrontasie met haarself het vir haar rus gebring.

“Ek het geleer dat ek nie altyd opmerklik hoef te wees nie. Ek het gemak gevind in en geleer dat ek met my kinders en ’n bak springmielies die lewe net so baie kan geniet soos ’n aand uit. Ek waardeer my familie en my huis nou meer. Ek dink ek is op ’n paadjie om vrede in myself te vind.”

Die huidige pandemie is vir menige Namibiërs ’n donker tyd, maar Ehlers glo sy kan deur haar musiek die las ligter maak.

Elke weeksaand tussen 19:30 en 20:00 dis Ehlers musiek vanaf haar ses albums vir aanhangers op sosiale media op.

Sy is ook Vrydag (1 Mei) vanaf 19:00 tot 20:15 op die Goethe Instituut se Facebook-blad te sien en hoor.

Similar News

 

TEST

1 day - 27 May 2020 | Art and Entertainment

Please Ignore

Deel in SA dansstryd

2 days ago - 26 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Namibiërs wie se voete jeuk, het tot 31 Mei kans om in te skryf vir die vyfde reeks van die Afrikaanse...

Smartboy’s video to feature on Trace Africa

5 days ago - 22 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-based rapper Faith Samaseb (26), better known as Smartboy, recently completed the shooting of the music video for his song, “No...

Jericho is back!

2 weeks ago - 13 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] winning rapper Jericho Gawanab (39) – simply known as Jericho to his fans – is hard at work finishing his latest album.During...

‘Son of the Soil’

2 weeks ago - 11 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Alfons Kanyetu, better known in music circles as Ally the Mini King, recently released his first solo project titled Son of...

Mark finds his lockdown muse

2 weeks ago - 07 May 2020 | Art and Entertainment

Walvis Bay • [email protected] Local rapper Mark Louw AKA Mark West Coast Finest, says that since the partial lockdown was implemented in the country...

‘Moffie’ makes waves

3 weeks ago - 04 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The long-awaited South African film ‘Moffie’ had its premiere week cut by the implementation of lockdown measures in South-Africa and...

Blues musikant timmer aan album

1 month - 25 April 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Sagarias Tsam, beter bekend as ‘Sakkie’ onder sy medemusiekante, het homself gevestig as ’n hartsvriend van die Namibiese musiekbedryf. Sy liefde...

Jyz Yorke excited about Rap Battle Namibia nod

1 month - 19 April 2020 | Art and Entertainment

Omaruru • [email protected] Omaruru-raised rapper Jedidiah Yorokee Ziabulela, known as Jyz Yorke, was recently selected as one of the six finalists that will...

Online exhibition launched

1 month - 18 April 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] The Fine Art Gallery has been working to lift the spirits of art fans under quarantine and lockdown, by presenting art...

Latest News

Long weekends and discounts promote...

28th of May 05:55 | Tourism

Swakopmund • [email protected] After the easing of travel restrictions, many Namibians used the past long weekend to take a mini break, and thanks to...

Mayor pleads for adherence of...

28th of May 05:40 | Local News

Walvis Bay Residents have an obligation to protect themselves to the best of their ability in the midst of the Covid-19 pandemic, says Walvis Bay...

Erongo Red closes shop temporarily

28th of May 05:27 | Business

Walvis Bay •[email protected] Erongo RED ordered employees working at their head office (excluding pay points) to vacate the building until Friday. This...

Covid patient fights for his...

13 hours ago | Health

Walvis Bay Another Namibian national has tested positive for Covid-19. The patient is currently in a critical condition and attached to a ventilator at a...

TEST

1 day - 27 May 2020 | Art and Entertainment

Please Ignore

Bank decontaminated and sanitised

1 day - 26 May 2020 | Banking

Walvis Bay • [email protected] A number of people are on high alert in Walvis Bay after a truck driver who tested positive for...

Unverified information creates confusion ...

1 day - 26 May 2020 | Health

Walvis Bay • [email protected] The news that a truck driver tested positive for Covid-19 in Walvis Bay over the weekend, triggered a flood...

Maatskaplike werker open spens

2 days ago - 26 May 2020 | Local News

Walvisbaai • [email protected] Te midde van die heersende Covid-19 pandemie, is daar egter nog steeds barmhartige Samaritane wat in tye van nood...

Deel in SA dansstryd

2 days ago - 26 May 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Namibiërs wie se voete jeuk, het tot 31 Mei kans om in te skryf vir die vyfde reeks van die Afrikaanse...

Load More