Stukkie hemel op aarde

Smit sing oor inperkingspanning

03 September 2020 | Art and Entertainment

Riaan Smit; Musikant; “... want ons weet nie hoe lank ons nog sal wag voor ons weer ons lewens normaal kan lei nie.”

Swakopmund • [email protected]


Hoop is skaars gesaai te midde van die Covid-19 pandemie en blues musikant Riaan Smit is nie die spanning van inperkingsmaatreëls gespaar nie.

Hierdie spanning was egter die dryfkrag agter Smit se eerste Afrikaanse liedjie, “Hoe vêr is die Hemel?”

“Die liedjie vra hoe vêr is die hemel, want ons weet nie hoe lank ons nog sal wag voor ons weer ons lewens normaal kan lei nie,” sê Smit. Die laaste koorgedeelte van die liedjie se lirieke is effe anders, met die woorde “kyk op, dis die hemel”.

Smit sê dit is sy manier om die lig aan die einde van die tonnel te sien.

“Ek wil uitbeeld dat alles weer in die toekoms goed sal gaan. Ek verbeel my iewers in die toekoms is ek besig om hierdie liedjie vir duisende mense te sing wat dans soos die gehore altyd gedoen het.”

Engelkoor

In die snit sluit twee vriendinne se stemme by Smit s’n aan. Hulle is Esmarie Boshoff en Nina Burger wat die engele is in die Riaan Smit & The Angels musiekgroep.

Smit sê hy en Boshoff het mekaar op ’n vlug na Namibië vanaf New York ontmoet.

“Ons het toevallig langs mekaar gesit. Ek het gesien dat sy musieknote skryf en ons het aan die gesels geraak. Die res het heel natuurlik gebeur.”

Boshoff sê dat die opname van die snit saam met Smit vir haar uniek was.

“Ons het onsself net geniet, maar ons was ook produktief. Gewoonlik kan jy net die een of die ander hê. Dit gebeur selde dat jy altwee gelyktydig het. Ek het dit regtig baie geniet!”

Kreatiewe vryheid is nog ’n ding wat Boshoff in die proses geniet het.

“Ek het eintlik maar net die harmonie gesing. Hulle het gereeld besluite aan my oorgelaat om te doen wat ek wil en dit was wonderlik om daardie kreatiewe ruimte te hê.”

Smit voeg by: “Ek en Nina se suster was goeie vriende en ek het gehoor sy sing goed. Dus het ek haar toe genooi om saam met ons te kom sing. Dit het eenvoudig goed gewerk.”

Wag

Aanhangers sal egter nog ’n paar weke moet wag voor die enkelsnit saam met die musiekvideo vrygestel word.

Renier de Bruyn, wat volgens Smit een van Namibië se beste filmmakers is, is aan die helm van die maak van die musiekvideo.

Smit sê die engele is nie die enigste musiek vriende wat in die video verskyn nie. Die Shadowktaz, wat uit Smit self, Vaughn Ahrens, Adam Brandon-Kirby en Llewellyn Annandale bestaan, gaan almal gesigte wys.

Similar News

 

Artist dedicates NAMAs victory to late father

6 days ago - 14 October 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Irona “OC Bulan” Matsuis (28) scooped the Best Oviritje Award at the latest instalment of the 2020 MTC/NBC Namibian Annual Music...

Msunday breaks into ViralCom’s top 20 hitlist

6 days ago - 14 October 2020 | Art and Entertainment

Henties Bay • [email protected] “Omayimbi”, a song by Soukous Kwasa and Afropop musician Ndjukuma “Msunday” Shuudeni, has been on the ViralCom top 20...

2Pac honoured by NAMAs as Jericho wows

1 week ago - 10 October 2020 | Art and Entertainment

Windhoek • [email protected] rapper Jerome “Jericho” Gawanab provided a memorable performance in honour of global rap icon, the late Tupac “2Pac” Shakur, during a recent...

English hits the small screen

1 week ago - 08 October 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Two of Monique English’s music videos were recently approved for airing on one of the biggest music channels on the...

Henties jeug skep goeie gees

2 weeks ago - 05 October 2020 | Art and Entertainment

Hentiesbaai • [email protected] Hentiesbaaise sangers het besluit om hul solidariteit te bewys soos net hulle weet hoe. Die groep het hul eie weergawe van Michael...

Jam-packed weekend ahead

2 weeks ago - 02 October 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund/ Walvis Bay • [email protected] It’s a busy weekend with a number of events scheduled to take place on Saturday in Swakopmund and Walvis...

Concert to celebrate 250 years of Beethoven

2 weeks ago - 01 October 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund The Haus der Jugend host a concert on Saturday paying tribute to German legend and music icon, Ludwig van Beethoven.The concert will be streamed...

Jazama nominated for coveted Sotigui

3 weeks ago - 29 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Not only has actress and producer Girley Jazama raked in success with Baxu and the Giants (which she co-produced), it became...

Celebrating black women

3 weeks ago - 27 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Swakopmund-raised poet Frieda Mukufa (26) who goes by the stage name Damn_Etu, has embarked on a journey to have her poetic...

Architecture inspires art

3 weeks ago - 25 September 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund The Fine Art Gallery’s latest selection of paintings showcases how modern artists are reflecting architecture.The collection encompasses everything from simple farmhouses...

Latest News

Election candidates registration concludes

2 hours ago | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Electoral Commission of Namibia (ECN) has concluded the process for the submission of candidates for the 2020 Regional...

Construction starts for new Mole...

3 hours ago | Local News

Swakopmund · [email protected] modern, public toilet facility is now being built at the Mole in Swakopmund.Town council recently started this project worth N$3.3 million, with...

No new Covid cases in...

3 hours ago | Health

The minister of health and social services Dr Kalumbi Shangula announced 41 new Covid-19 cases, 102 recoveries and one Covid-19 death recorded in Windhoek. ...

Gesloer pootjie dalk belegging

23 hours ago | Local News

Walvisbaai Daar gaan waarskynlik niks kom van ’n multimiljoen-dollar beleggingsprojek wat onlangs munisipale goedkeuring ontvang het nie. Volgens ’n betroubare bron is die projek...

Samaritaan se motiewe bevraagteken

23 hours ago | Local News

Swakopmund • [email protected] Skerp kritiek is besig om mnr. George Olivier en sy liefdadigheidsorganisasie, A Better Life Project, wat hy vroeër vanjaar met...

'n Aand van glans

23 hours ago | Events

Die 33 graad 12-leerders van die Hoërskool Duneside op Walvisbaai het Vrydag tydens 'n ­spesiale seremonie die uitnodigings na hul matriekafskeid ontvang. Die matriekafskeid word...

Vragmotor gaan lewens verander

23 hours ago | Local News

Arandis • [email protected] Die gemeenskap van Arandis sal baat by die skenking van 'n vragmotor ter waarde van N$330 000 aan 'n plaaslike entrepreneur. Die...

Transforming the transport industry ...

23 hours ago | Infrastructure

The transport industry is traditionally perceived to be male-dominated, with only a few female professionals present mostly in lower decision-making and administration positions. To have...

Grumpy’s fishing report

23 hours ago | Fishing

Indications are that there was a kob festival at St Nowhere. Reports received bear testimony that the kob were on the bite in this area...

Load More