Digitale inentingsertifikaat binne 2 weke goedgekeur
Henriette Lamprecht
-
1 Year Ago27 April 2022 - 2022-04-27 09:31:00
Die Covid-19 digitale inentingsertifikaat vir Namibiërs wat ten volle ingeënt is, kan uiteindelik uitgereik word. Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is die Trusted Vaccines-platform gereed en toegerus met ’n funksie waarmee gebruikers inligting en foto’s van hul inentingskaart en paspoort vir goedkeuring deur die ministerie kan indra. Reisigers moet egter seker maak om die nodige dokumente ten minste twee weke voor hul beplande reisdatum op te laai, om die ministerie genoeg tyd te gee om die sertifikate goed te keur.
Comments
Erongo
No comments have been left on this article