Noble is Walvisbaai se mooiste

08 December 2020 | Events

Sofia Noble (18) is Saterdagaand as Mej. Walvisbaai gekroon. Sy het haar kroon by Mej. Walvisbaai 2018, Julia Kandjimbi, ontvang. Elmorien Orus (20) is as naaswenner aangewys en het ook die Mej. Persoonlikheid ingepalm, terwyl Ainsley Damens (19) Noble se tweede prinses is. Agt skoonhede het om die gesogte titel meegeding en die loopplank in kantoor-, swem- en aanddrag betree. John Raymond Cupido, ’n voormalige deelnemer van Maak My Famous, het die vermaak verskaf. Die beoordelaarspaneel het bestaan uit Maleta Hays, Louwna Steenkamp en Damian Stevens. Foto Otis Finck