Bielie van ’n vis vir Lea

24 March 2020 | Fishing

’n Jong toeris het verlede Donderdag ’n reusesteenbras uit die water getrek. Die sewejarige Lea en haar Suid Afrikaanse gesin, wat tans in Switserland woon, was op ’n hengeltoer in Namibië toe sy die yslike vis van 22,38 kg aan wal gebring het met die hulp van Dale Smith, ’n plaaslike toergids. Die reus is met ’n Purglass 400/2-stok, ’n Penn Clammer-katrol en sardyn vir aas gevang. Foto verskaf