Visserman trek grote uit

'n Plaaslike hengelaar het sy droom verwesenlik deur 'n ­yslike steenbras aan wal te bring.

21 July 2019 | Local News

Clint Barnard, Hengelaar, Die gevoel toe ek hom inkatrol, is onbeskryflik.

Iréne-Mari van der Walt



Clint Barnard is in die wolke nadat hy onlangs op 'n yskoue en bewolkte dag 'n reusesteenbras in die geweste van Myl 72 uitgetrek het.

Barnard vertel hy het sandkrap as aas gebruik om dié ou grote aan die lyn te kry en toe in te katrol in die bestek van sowat tien minute.

Clint het sy vangste later die dag by die Skubbebar op Hentiesbaai geweeg en die bielie van 'n vis het die skaal tot op 13,1 kg getrek.

Steenbras in die gebied raak gewoontlik tussen 25 en 35 sentimeter lank, en so elke dan en wan kom byt daar 'n grote van omtrent 40 tot 70 cm aan die hoek. Dit maak Clint se vis 'n uitsonderlike vangs.

“Ek het eers varswater gehengel en sowat twee jaar gelede oorgeskuif na die groot oop waters toe. Sedertdien was ek op soek na daai ou grote; dit is mos waaroor visvang gaan. Alle vissermanne het mos maar 'n storie om te vertel en in die meeste gevalle gaan dit mos maar oor daai een wat weggekom het.

“Dit is nou nie so in my geval nie. Die gevoel toe ek hom inkatrol, is onbeskryflik. Dit is 'n enorme vis.”

Barnard sê hy vertrou op die kombinasie van sy Venom Medusa-stok en Penn Spinfisher-­katrol. Die stok is slegs vir dié wat weet hoe om met hom te werk, voeg hy by.

“Die stok is vir sommige mense 'n bietjie te lank om ordentlik daarmee te kan vang.

“Diegene wat hul storie agtermekaar het, behaal sommer gereeld goeie resultate.”

Hy het ook van winch braid-vislyn en 'n sirkel­hoek gebruik gemaak.

“Ek vang en los gewoonlik die grotes, want hulle broei. Die vis het ongelukkig die hoek baie diep ingesluk. Ek kon dit nie betyds verwyder om die vis weer terug te plaas in die water nie.

“Nou gaan ons maar kerrievis daarvan maak en dit inlê. ”

'n Voormalige lid van die Namibiese nasionale o.21-manspan, Justin Smith, het verduidelik dat sandkrap eintlik die gewenste aas is wat visspesies soos kolsterte en steenbras betref.

“Indien jy vars sandkrap kan bekom, werk dit soos 'n bom. Dit is soortgelyk aan om 'n bord smaak­volle lekkernye uit te sit vir mense wat 'n week laas geëet het.”

Smith het uitgewys dat die katrol wat Barnard gebruik maar onlangs sy verskyning in die mark gemaak het. ­

Volgens hom het hierdie einste katrolle ongeveer twee of drie jaar terug gewild geraak en is vir hom van die beste katrolle wat die Namibiese mark aan hengelaars kan bied.

Smith glo ook vas hoe groter 'n vis raak, hoe minder smaak het dit. Ten minste sal dit darem nie Barnard se planne vir 'n lekker stukkie kerrievis in die wiele ry nie.

Similar News

 

Inmates facing precarious situation

1 day - 07 July 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] An inmate incarcerated at the Walvis Bay prison has told his sister that he is deeply concerned...

Okombahe, Spitzkoppe residents receive assistance

3 days ago - 05 July 2020 | Local News

Spitzkoppe/Okombahe • [email protected] Residents of settlements who are reliant on tourism are struggling to survive since the arrival of Covid-19. In light of this,...

Unified strategy needed to contain pandemic

3 days ago - 05 July 2020 | Local News

Swakopmund The governor of the Erongo region Neville Andre says the best way to get the upper hand against Covid-19, is a comprehensive...

Toddler drowns

3 days ago - 05 July 2020 | Local News

Swakopmund • iré[email protected] A 4-year old girl lost her life to the sea in Swakopmund on Saturday at 16:00.Erongo region crime investigation coordinator,...

Winter warmth

1 week ago - 01 July 2020 | Local News

Orano Mining Namibia donated blankets to families affected by the recent shack fires that destroyed 24 homes in Mondesa, Swakopmund, on 19 June. The families...

Helping hand extended to albinos

1 week ago - 01 July 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] junior regional councillor for the Walvis Bay urban constituency Anna Uupindi recently introduced the 'Albino Corner'. The launch of the initiative,...

Henties Bay gallows set alight

1 week ago - 30 June 2020 | Local News

Henties Bay An incident of malicious damage to the gallows in Henties Bay was reported to the Namibia Police Force (NamPol).According to the NamPol’s...

Police seize ‘prevention tea’

1 week ago - 30 June 2020 | Local News

Walvis Bay · [email protected] Police on Monday seized expensive “illegal Covid-19 prevention tea” during a raid on Chinese shops in Walvis Bay.The traditional Chinese...

Inwoners bekommerd

1 week ago - 30 June 2020 | Local News

Hentiesbaai • [email protected] Hentiesbaai se inwoners is onstoke oor die teenwoordigheid van Covid-19-pasiënte wat op die kusdorp in kwarantyn gehou word. Die minister...

Temporary shelter for WB Covid checkpoint

1 week ago - 29 June 2020 | Local News

Walvis Bay The Namibian Ports Authority (Namport) donated a mobile office to the Navy Commander of the Namibian Police in the Erongo region. A...

Latest News

Katelin bags gold at Dutch...

10 minutes ago | Sports

Walvis Bay· [email protected] Coastal karateka Katelin Martin (25) who is a member of the Goju-Kai dojo in Walvis Bay, was crowned the Dutch Open...

Fisheries Observers office closed

21 minutes ago | Health

Walvis Bay • [email protected] The Fisheries Observers Agency (FOA) offices were closed on Tuesday afternoon after one of their employees tested positive for Covid-19.Stanley...

New beginnings for Langer Heinrich

9 hours ago | Business

Swakopmund • [email protected] “Paladin’s focus is to restart operations at Langer Heinrich uranium mine,” said managing director Ian Purdy. “Our existing infrastructure and ten...

Bibberweer vanaf Donderdag verwag

9 hours ago | Weather

Windhoek · [email protected] Koue toestande word reeds vanaf Donderdag in die Weste verwag. Teen Vrydag en oor die naweek sal dit na verwagting...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

9 hours ago | Health

Windhoek · [email protected] ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die Erongostreek....

Federations need permission: NSC

1 day - 07 July 2020 | Sports

Windhoek Jesse Jackson Kauraisa The Namibia Sport Commission (NSC) has announced that anyone planning to host sports events under stage four of the coronavirus...

Fishing industry strategizes over Covid-19

1 day - 07 July 2020 | Fishing

Erongo governor Neville Andre announced that he had met with top executives of 15 fishing companies, representatives from the hake and horse mackerel associations, officials...

Só werk kwarantyn nou

1 day - 07 July 2020 | Health

[email protected] Buitelanders wat Namibië wil binnekom moet ‘n negatiewe SARS-COV-2 PCR (polymerise chain reaction)-toets van ‘n gesertifiseerde laboratorium, wat nie ouer as 72 uur...

Inmates facing precarious situation ...

1 day - 07 July 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] An inmate incarcerated at the Walvis Bay prison has told his sister that he is deeply concerned...

Load More