VIEWPOINT

In die wolke

02 June 2019 | Opinion

[email protected]

Die uitdrukking “hy’s ge-olie” is nie meer wat dit was nie.

Die twee daggakweekhuise wat gevind is in tuistes by die kus het my laat trip en ver terug laat float.

Soos dit maar nou deesdae die geval is, het sosiale media weer gegons met krete uit verskillende oorde van legalise it en decriminalise it. Daar was sommer betogings vir en teen die gerokery en die kwesie het ons skoon laat vergeet van budget cuts.

Ek is behoorlik hoog ná al die daggabedrywighede in die lug. Deesdae dink ek net aan die naam dagga en ek is bedwelm.

In die hof het een van die beskuldiges aangevoer sy vervaardig olie uit die plante en dit bring verligting vir haar man se kroniese siekte. Let wel: Dit word gebruik en nie misbruik nie, nè?

Die hof wou egter niks daarvan weet nie, want die wet sê mos dit is ontoelaatbaar.

“Draai ‘n zol” of “kap ‘n pyp” was eens op ‘n tyd amper soos hallo sê vir mekaar in die lokasie.

Ek ken ook ‘n ou wat glo ‘n doktersbrief bekom het vir toestemming om hom mofkop te kan rook as gevolg van ‘n mediese toestand.

Maar op ‘n ernstiger noot: Baie ouens het vandag kriminele rekords omdat hulle met dagga (ganja, weed), of soos die ouer garde sou sê “tier twak”, paaie gekruis het en in besit daarvan deur die polisie betrap is. Destyds wanneer hulle jou ingehaal het, was dit verby met jou.

Ek weet dat die hof op 'n tydstip mense met daggaverwante oortredings eers gewaarsku en dan rottanghoue gegee het voordat hulle boetes uitgeskryf en ook vir rehabilitasie na Suid-Afrika gestuur het.

Dit was nou afhangende van die hoeveelheid kruie waarmee jy betrap is.

Die wat rêrig nie wou hoor nie, is tronkstraf opgelê wat ook gepaard gegaan het met reuse- opgeskorte vonnisse as afskrikmiddel.

Baie manne en ook vroue in ons gemeenskap het gaan graduate en geharde kriminele geword. Vredeliewende, gearresteerde en gevonnisde daggarokers en -verkopers het tussen geharde misdadigers in die tronk beland. Van hulle het noodgedwonge by bendes aangesluit om die vier koue mure te survive.

Dit is ook opvallend dat dié van hulle wat die traumatiese ondervinding wel oorleef het, op hul oudag tot bekering gekom het.

Ten spyte van alles kon die “onkruid” nooit werklik uitgeroei word nie. Die voorraad en ook die mark (rokers en verkopers) was maar altyd daar en is steeds daar.

Net soos aalwyn, “wille als”, kruisement” en boegoebrandewyn is die groen gras mos ook ‘n medisyne, redeneer baie.

Dit is geen geheim nie: Ek kan getuig dit is beslis ‘n verslawende verdowingsmiddel met verreikend gevolge. Die gebruik daarvan het die weg vir my gebaan na ander “harder” dwelms, met katastrofiese gevolge. Oor die dinamiet genaamd sigarette en daai petrolbom genaamd alkohol praat ons op ’n ander dag.

Similar News

 

The evolution of change

3 months ago - 18 August 2019 | Opinion

Leandrea Louw Change is scary, and as humans we’re not very adaptable when it comes to change. Everything around us is constantly evolving...

VIEWPOINT

3 months ago - 11 August 2019 | Opinion

Iréne-Mari van der Walt - [email protected] The great irony attached to most social movements of the 21st century is that, despite being aimed at pushing...

VIEWPOINT - Out of reach

4 months ago - 04 August 2019 | Opinion

[email protected] the housing waiting lists keep on growing, prices for a place to live and call your own continue to skyrocket.The prospect of becoming a...

The benefits of sport

4 months ago - 21 July 2019 | Opinion

Viewpoint Adolf Kaure [email protected] have practiced a number of sport codes including karate, golf, chess, soccer, tennis, table tennis and boxing over the years. There...

Fight for financial freedom

5 months ago - 30 June 2019 | Opinion

The Namibian economy is currently in a recession and it is a reflection of what is going on all over the world. Many graduates are...

Take care of yourself

5 months ago - 23 June 2019 | Opinion

Leandrea LouwIt’s the middle of the year, and by now a lot of us feel overwhelmed, overworked, depressed and stressed. I found myself in that...

A single mother’s plea

6 months ago - 10 June 2019 | Opinion

It takes a lot to raise a child and requires twice as much effort to do it on your own, says a single mother. Miss...

Create your own opportunities

7 months ago - 06 May 2019 | Opinion

Leandrea Louw A matter close to my heart is that of talent development in our community.Clarice Gille-Theys is a local writer based in Swakopmund who...

Lessons for 2019 AFCON

8 months ago - 08 April 2019 | Opinion

There is still a lot that the national senior soccer team need to learn if they want to be a force to be reckoned with...

TALK

8 months ago - 25 March 2019 | Opinion

Karl Philander - Humans have proven over the years that we are capable of anything and everything we put our minds to. Humans are told...

Latest News

Desert Dash delivers once more...

2 days ago - 07 December 2019 | Sports

Swakopmund · [email protected] Nedbank Desert Dash competitors competed in various categories such as the solo (men’s and women), mixed two, four as well as four...

Headmaster arrested for corruption

4 days ago - 05 December 2019 | Crime

Swakopmund A 39-year old former headmaster of Vrede Rede Primary School, Lizette Hedwig Fisher-Lucas, was arrested on a charge of theft after she allegedly misused...

Danie van Antwerpen and Pikkie...

4 days ago - 05 December 2019 | Sports

The 54 players that competed in the Namib Mills better ball competition was the biggest field for many a month and what a good day...

Wêreldvigsdag herdenk

4 days ago - 05 December 2019 | Health

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaai se munisipaliteit het Vrydag saam met die res van die wêreld, Wêreldvigsdag herdenk onder die tema “Gemeenskappe maak die verskil”.Tydens...

Fuel prices unchanged

6 days ago - 04 December 2019 | Energy

Fuel pump prices in Walvis Bay for 95 Octane Unleaded Petrol amount to N$ 13.05 per liter and that of Diesel 50 ppm is N$...

Fishermen protest against ‘fishrot’ accused

6 days ago - 03 December 2019 | Crime

Walvis Bay · [email protected] Approximately 300 fishermen held a peaceful demonstration outside the Kuisebmond Stadium in Walvis Bay earlier today.The fishermen, who are all unemployed...

Strawberry Fields Forever!

6 days ago - 03 December 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Strawberry Fields Vocal Training Academy hosted a show to commemorate the past year on Saturday evening. “The evening was just for...

Youth stand against femicide

1 week ago - 03 December 2019 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Youth Against Femicide (YAF) movement operating with the backing of Dipogenic Media, are in the process of hosting...

“Rol met my” – op...

1 week ago - 03 December 2019 | Health

Swakopmund • [email protected]ë is berug vir die talle motorongelukke wat op sy paaie voorkom asook die gepaardgaande verlies van lewens. Naas die fisiese gevolge, raak...

Load More