Sirkus kom eers volgende jaar

Diegene wat uitgesien het na die McLaren-sirkus se besoek, sal nou bietjie langer moet wag, met die organiseerders wat genoop is om die vertonings na 2020 te skuif.

13 May 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda Nel









Weens die uitbreking van bek-en-klouseer en ’n logistieke kwessie om te verseker dat die diere ten alle tye veilig is, het die organiseerders van die McLaren-sirkus se Namibiese besoek dit vir ’n jaar uitgestel.



“Ons is ook diereliefhebbers en ons wil verseker dat die diere gesond bly en daar vir hulle geen onnodige risiko is nie. Daarom het ons besluit om die besoek eerder uit te stel,” vertel organiseerder Jan Marais van Yin Yang Investment, wat die sirkustoer reël.



Op die vraag of hulle bekommerd is dat aktiviste wat teen die besoek gekant is, saam met die regering gaan werk om die sirkus se besoek te verhoed, sê Jan hulle is nie. “Die regering staan ons al sedert dag een af by en het ons ongelooflik gehelp.”



Nog voor die sirkus uitgestel is, het Jan gesê die nodige reëlings vorder na wense en almal was vol hoop dat hulle betyds die nodige permitte sou bekom vir die Namibiese toer wat vir Junie geskeduleer was.



Volgens hom het die Namibiese regering uit hul pad gegaan om bystand te lewer. “Ons is veral dankbaar vir die ondersteuning wat hulle bied rakende regulasies oor die diere en die nakoming van die korrekte riglyne rakende die diere en kunstenaars, wat ’n inkomste uit die vertonings maak,” sê hy.



Simbiose



Voorts het Jan gesê dat positiewe en negatiewe sienswyse deel van die bedryf is en dat hulle van die begin af bewus was van die mense wat dit nie ondersteun nie.



Tog is hy van mening dat ’n groot deel van die ekonomiese lewensaar aan diere gekoppel is, hetsy in die toerisme, landbou en ook die simbiotiese balans tussen die natuur en die mens.



“Die klein groepie mense wat tot op hede hul opinie teen die program gelig het, is werklik uit voeling met die proses en beheermeganismes wat in die bedryf bestaan,” sê hy.



’n Regstreekse uitsending is onlangs op YouTube deur Petro Diamant, ’n bewusmakingskunstenaar vir bedreigde spesies, uitgesaai. Tydens die uitsending gesels sy met verskeie diereinstansies oor hoekom die regering die sirkus moet verban. Volgens haar vind sy geen fout met sirkusse nie, net sirkusse wat van diere gebruik maak.



“Indien jy ’n dieresirkus in een land verban, help jy ander diere in ander lande, want die beweging sal momentum kry en meer en meer lande sal die tendens verbied,” sê sy. Die volledige uitsending kan op haar YouTube kanaal, Petro Diamant, gekyk word.



Talle dierebeskermingsverenigings in die land het aangedui dat hulle die sirkus nie goedkeur nie.



Op die Namibiese McLaren-toer se Facebook-blad is daar aangedui dat kaartjieverkope nog nie begin het nie.

Similar News

 

Voters denied right to register

6 days ago - 18 August 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf KaureThe Electoral Commission of Namibia's (ECN) Erongo regional coordinator, Kashidinge Nghipuilepo, says they were denied access to farms to register workers. They...

Giving hope to the destitute

6 days ago - 18 August 2019 | Local News

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust established in Walvis Bay in 2009 feeds more than 2 500 children across the town...

Addressing the housing backlog

1 week ago - 11 August 2019 | Local News

Swakopmund – Adolf KaureThe municipality of Swakopmund and Power-Oyeno Namibia hosted a groundbreaking ceremony on the 40/40 housing initiative at Matutura Extension 6.As the shortage...

Role of women in the maritime sector recognised ...

1 week ago - 11 August 2019 | Local News

Walvis Bay - Otis Finck The organisation Women in the Maritime Sector in Eastern and Southern Africa (WOMESA) hosted...

Narraville shack dwellers on a roll

2 weeks ago - 04 August 2019 | Local News

Narraville • Otis Finck Ohorongo Cement stayed true to a promise and provided the Shack Dwellers Federation of Namibia group in...

Empowering the youth

3 weeks ago - 28 July 2019 | Local News

Swakopmund - Leandrea Louw Johnathan Harries (16) is the brainchild behind the establishment of the Swakopmund Youth Organisation (SYO). The voluntary welfare organisation has been...

Residents tackle waste pollution

1 month - 21 July 2019 | Local News

Henties Bay - Iréne-Mari van der Walt Scientists have warned that humans have about 12 years left to curb global warming and the harmful effects...

Visserman trek grote uit

1 month - 21 July 2019 | Local News

Iréne-Mari van der Walt Clint Barnard is in die wolke nadat hy onlangs op 'n yskoue en bewolkte dag 'n reusesteenbras in die geweste van...

Warmth for learners in winter

1 month - 14 July 2019 | Local News

Swakopmund - Otis Finck Metropolitan staff members handed over a donation of blankets, hoody tops, hand gloves and beanies to learners of the...

Rotary Swakopmund inducts new president

1 month - 07 July 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf Kaure Phillip Oosthuysen was recently inducted as president of the Rotary Club Swakopmund at a ceremony hosted at the Hotel Deutsches...

Latest News

Raak liries oor 'Suidwes'

5 days ago - 19 August 2019 | Supplements

Die vyftiental Suid-Afrikaanse ­musikante wat die verhoog gaan deel by hierdie jaar se Hentiesfees, sluit onder andere die sangeres Jezelle, bekend vir haar liedjie “Suidwes”,...

Henties Bay is where /Honeb's...

5 days ago - 19 August 2019 | Supplements

There is much more to Henties Bay than it simply being known as fishing haven, holiday resort and a retirement village, says the mayor of...

Feesprogram

5 days ago - 19 August 2019 | Supplements

Vrydag 23 Augustus 2019 09:00 Hekke open ...

TOURIST ATTRACTION

5 days ago - 19 August 2019 | Supplements

Many fishing trawlers have sunk off the Henties Bay coast, but very few wrecks are still ­visible today because of the onslaught of the elements....

'Jive' saam met Jo

5 days ago - 19 August 2019 | Supplements

Jo Nichol (38) is 'n man van vele talente. Hy tree nie net as musikant en seremoniemeester by vanjaar se Hentiesfees op nie, maar sorg...

Lus vir iets Anders?

5 days ago - 19 August 2019 | Supplements

Wynand en Lindi Delport het aan die einde van 2007 in die huwelik getree en die jaar daarna saam begin musiek maak as die duo...

Vaughn vier saam Hentiesfees

5 days ago - 19 August 2019 | Supplements

Die Namibiese sanger, kitaarspeler en liedjieskrywer Vaughn Ahrens is geen vreemdeling by die Hentiesfees nie. Vanjaar sluit twee nuwe gesigte by hom op die verhoog...

DIE GALG WAG

5 days ago - 19 August 2019 | Supplements

Besoekers aan vanjaar se Hentiesfees wat nog nie 'n draai by Die Galg gemaak het nie, kan gerus gaan kyk. Die Galg is berug oor...

Mini-reünie op Hentiesbaai

5 days ago - 19 August 2019 | Supplements

Caroline Grace sal by vanjaar se Hentiesfees weer eens die verhoog met Fatman deel - nes hulle gemaak het in die finale ronde van The...

Load More