Rivierdorp se eerste lenteblom

27 August 2018 | Events

Namibië staan by die wieg van 'n nasionale kunstefees.

Dit het 'n tog van 10 jaar deur die dorp en die gemeenskap geverg op 'n kunsroete tot waar die daeraad die land se eerste volwaardige Kunstefees Donderdagaand met 'n glansdinee langs 'n tafel op die noordoewer van die groot rivier gaan wegtrek.

Vrydag en Saterdag gaan die feesdae wees.

En die plek is Omaruru.

Die groot tema van die Kunstefees, wat spruit uit die ou Kunsroete, is Konserte onder die Sterre, waar Vrydag- en Saterdagaand in die bedding van die groot rivier as die dorp se slagaar na die beroemde Joseph Clark en Corlea Botha geluister gaan word.

Oor twee dae van die kuns en die kunste gaan 'n droom ook in die gemoedere van die organiseerders speel van die koms van iets soos die Klein-Karoo se Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn.

Nie die buurman se grootste dorp nie, maar jaarliks die mekka met sy fees.

Saterdagaand met die afsluiting gaan die internasionaal bekende Joseph Clark die wegwyser na die toekoms wees.

Hy en sy orkes kom met die musiek van Queen.

Op hul reisplan verskyn van die voorste ­teaters in Suid-Afrika en konserte onder die Europese glansligte op 'n uitgebreide toer. Maar hier tussen die grotes ook Saterdagaand se grote onder die sterre in die bedding van die Omarururivier.

Daar is vertolkings van Freddy Mercury se musiek wat hy nooit voor sy dood uitgevoer het nie.

Vrydagaand gaan Clark reeds met sy vroeë toegif kom wanneer hy saam met Corlea Botha “Barcelona” vertolk.

Op 'n onlangse TV-aanbieding was dit 'n grote in die snit van Classics is Groot.

Corlea en die gebore Amerikaner mag maar.

Die vergange Kunsroete en voortsetting daarvan met die Kunstefees het in die praktyk spitspunte vir die fees uitgewys. Op die dorp is dit die Wronsky Haus, die Central Hotel en Kashana.

Maar oral langs die weg staan dit die kleinere kunsliefhebbers vry om met hul stuiwers vir die kunsbeurs te kom.

Nog 'n brandpunt is die plaas Zanja, 5 km buite die dorp, met Saterdag se nou ­bekende boeremark 'n hoogtepunt.

Net groter en beter omdat die geleentheid dit verg.

Op die gebied van teater gaan die Barthsaal sy ereplek inneem.

Vrydag is daar die eenmanstuk deur Altus Theart, die TV-sepie se Getroud met Rugby se Fafa, in sy optrede van Dis hoe 'n man se kop werk, en die Saterdagmiddag is Namibië se eie Aldo Behrens daar met More Variations on a Blue Bench.

Op die dorp is daar ook geskenkies vir die nuweling. Op die plaveisel van die middelman in die hoofstraat staan vanjaar 54 vaderlandswilge met nuwe welf waar alles opgeknap en mooigemaak is.

Namens die organiseerders sê Spannie Spannenberg en Tinkie Cornelissen almal met 'n liefde vir die kuns en die kunste moet kom.

“Kom neem ons dorp op horings.”

Similar News

 

Lottering hooks angling bonanza catch

2 weeks ago - 31 December 2018 | Events

Leandrea Louw - The 31st angling bonanza held at Henties Bay saw Cornè Lottering catching and weighing in a kabeljou of 18.6kg. His massive...

International Anti-corruption Day commemorated

1 month - 17 December 2018 | Events

Adolf Kaure - Belated International Anti-corruption Day commemorations took place at the Thomas Hamunyela Amphitheatre in Swakopmund on Wednesday.Speaking at the ceremony, the Anti-Corruption Commission’s...

Early Christmas presents

1 month - 17 December 2018 | Events

Families gathered at the horse stables as the Reiterverein Swakopmund hosted a Christmas party for children on Wednesday. Santa Claus gave presents to the children...

Christmas lights switched on

1 month - 17 December 2018 | Events

subbed Leandrea Louw - The annual Walvis Bay Mayor’s Day of Unity saw hundreds of people flocking to the municipal lawn to officially welcome the...

Miss Swakopmund Municipality crowned

1 month - 17 December 2018 | Events

Adolf Kaure - Nancy Garoes, who was recently crowned as Miss Swakopmund Municipality, is ecstatic about her achievement.The 28-year-old beauty explained what it meant for...

Beauty queens ready to wow Walvis Bay

1 month - 26 November 2018 | Events

Otis Finck - The 2018 edition of Miss Walvis Bay will be held at Lothars Steak House which is also the main sponsor for this...

First ever Fashion Week for Swakopmund

1 month - 26 November 2018 | Events

Adolf KaureThe 2018 Swakopmund Fashion Week will take place on 7 and 8 December at the Mondesa Multipurpose Centre in Swakopmund.The event, organized by Tuhafeni...

‘Fertile’ ready to be launched

1 month - 26 November 2018 | Events

Adolf KaureWell known musician Monica Pinias, better known as Top Cheri, will have an album launch for her debut album titled Fertile on 30 November...

Honouring war veterans

1 month - 19 November 2018 | Events

The Memorable Order of Tin Hats (MOTH) club Walvis Bay held a special ceremony to commemorate the 100th Remembrance Day. They joined the rest of...

Erongo expo ends on a high note

1 month - 19 November 2018 | Events

The 12th annual Erongo Business and Tourism Expo saw 150 exhibitors showcasing a huge variety of products. According to Desiré Stevens, marketing manager of Expo...

Latest News

Hundreds of illegal weapons confiscated...

1 week ago - 07 January 2019 | Crime

Leandrea Louw - A total of 181 cases were reported in the Erongo region from 26 January to 4 January, during the nationwide launch of...

Meet Miss Touchies 2018

1 week ago - 05 January 2019 | Others

Leandrea Louw - Asnee Miller (18) from Walvis Bay was crowned as Miss Touchies 2018. Her first princess was Nelmari Louw (20) from Cape...

Local learner pockets treasure hunt...

2 weeks ago - 31 December 2018 | Others

Anneke Burger (17) a learner at Pro-Ed Academy fished out the key to the treasure chest containing N$100 000 at the annual Treasure Hunt hosted...

Ensuring a sustainable coastal water...

2 weeks ago - 31 December 2018 | Local News

Leandrea Louw - A governmental technical committee has shot down a proposal by the Erongo Water Forum (EWF) to acquire the current Areva desalination plant...

CRIME BRIEFS

2 weeks ago - 31 December 2018 | Crime

Son discovers decomposed body of father The semi-decomposed body of Karel Heinz Traupe (76) was discovered in Swakopmund. Deputy Commissioner Erastus Iikuyu...

Lottering hooks angling bonanza catch...

2 weeks ago - 31 December 2018 | Events

Leandrea Louw - The 31st angling bonanza held at Henties Bay saw Cornè Lottering catching and weighing in a kabeljou of 18.6kg. His massive...

Bank branch staff donate towards...

3 weeks ago - 27 December 2018 | Others

Standard Bank’s central region branch staff donated N$70 743 to the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) as part of their annual Christmas gift to...

Amnesty period approved

3 weeks ago - 24 December 2018 | Local News

Leandrea Louw - The Walvis Bay municipality has announced an amnesty period effective from 1 December to 31 May next year for the settlement of...

ERC launches five-year strategic plan...

3 weeks ago - 24 December 2018 | Government

Adolf Kaure -The Erongo regional council (ERC) launched its five-year strategic plan for the period 2017/2018 to 2021/2022 at the Mondesa Multipurpose Centre in Swakopmund...

Load More