Prokureurs span saam teen geslagsgeweld

Mense aan die kus help deur middel van 'n inisiatief vroue en kinders om teen hul aanvallers op te tree.

17 September 2019 | Local News

Swakopmund • Otis Finck



'n Regspraktisynsfirma op Swakopmund, Ellis Shilengudwa Incorporated (ESI), in samewerking met die Lindi Prinsloo Trust, die Janet Martin-liefdadigheidsorganisasie en die vroueregte­aktivis Claudia Lofty-Eaton van Ramos Realtors wil 'n regskliniek begin.

Slagoffers van geslagsgebaseerde geweld (vroue, kinders en mans) sal op Woensdae gratis regsadvies kry oor hul regte en wat hulle moet doen om hulself teen mishandeling te beskerm.

ESI spog met van die land se mees ervare regsgeleerders. Adam Labuschagne, 'n terapeut wat werk met slagoffers van geslagsgeweld en dwelmmisbruik, het die Lindie Prinsloo Trust met die firma se hulp gestig en sodoende het dié bewus geraak van die probleem.

'n Werknemer van ESI, Elzanne Wylie, het gesê die prokureurs bespreek die afgelope weke 'n oplossing vir die pandemie van geslagsgeweld wat die land, en spesifiek die Erongostreek, teister.

“Ons het besluit om Woensdae af te staan aan 'n inisiatief waarmee slagoffers van gesinsgeweld en geslagsgeweld een van ons prokureurs kan kom spreek en hulself vergewis van die hulpmiddels tot hul beskikking. Ons hoop om meer regsgeleerdes aan boord te kry en die inisiatief na ander dele van die land uit te kring.”

Volgens Wylie doen hul departement wat vroue- en kindergeweldsake hanteer uitstekende werk. Tog is daar 'n groot behoefte vir toegang tot suiwer regsadvies vir mense wat onseker is oor 'n saak en wat die prosedures is.

“Die wetgewer het die howe baie toeganklik gemaak vir weerlose mense. Mense het nie noodwendig altyd 'n prokureur nodig om 'n saak aan te voer nie. Baie weet dit egter nie. Daar is wel stappe wat gedoen moet word om 'n saak reg te registreer. Ons wil gratis met sulke mense konsulteer, op 'n anonieme basis, en raad gee.”

Die regsfirma het egter nie die kapasiteit om elke saak namens die persoon verder te voer nie.

“Ons kan wel raad verskaf en vir mense wat nie weet of hulle wel opsies het nie, die nodige inligting gee sodat hulle kan besluit wat om te doen, en stappe in die regte rigting te doen. Adam sal ook beskikbaar wees tydens die sessies om ondersteuning en hulp te bied waar nodig.”

Die onderburgemeester van Walvisbaai, Penelope Martin-Louw, het vroeër aangedui 'n aankondiging oor die inisiatief gaan môre gemaak word by die amptelike afskop van die spele vir wetstoepassers op Swakopmund. Sy het ander lede van die regsgemeenskap uitgedaag om by die beplande inisiatief aan te sluit.

Martin-Louw het oortreders wat hulle skuldig maak aan geslagsgeweld, gewaarsku dat hul slagoffers behoorlike raad gaan kry en toegerus gaan word oor hoe om teen hulle op te tree.

“Jou tyd van dink dat jou weerlose slagoffer vir ewig bang en onkundig gaan bly, is verby. Die sinnelose geweld waaraan jy jou skuldig maak, sal tot 'n einde kom. Die golf van geslagsgebaseerde geweld wat teen vroue en kinders in die land gepleeg word, is 'n bedreiging vir ons vreedsame en stabiele demokrasie.”

Martin-Louw het bygevoeg dat die regering ook deur gemeenskapslede en leiers versoek gaan word om 'n verpligte vak op laerskool aan te bied waarmee jong mans die basiese beginsels van respek vir hulself en meisies sal aanleer. Dieselfde geld vir meisies.

“Ons glo dis die enigste langtermyn­oplossing wat die bose kringloop van geslagsgeweld sal keer. Die vrede en stabiliteit van Namibië word toenemend bedreig deur geslagsgeweld in ons samelewing en is endemies. Dit het eintlik so algemeen geword dat sommige mense dit as die norm be­skou. Dit word wyd verdra en aanvaar, eerder as bestry,” het sy gesê.

Similar News

 

Nuwe komitee vir Narraville se mense

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Walvisbaai • Leandrea Louw Inwoners van Narraville het onlangs 'n komitee aangewys as verteenwoordigende spreekbuis van die gemeenskap wat betref kwessies, uitdagings en ontwikkeling...

Nog 'n hupstoot vir kankervereniging

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Swakopmund • Leandrea Louw Die Erongo-tak van die Kankerver­eniging van Namibië (CAN) het Saterdag sy grootste, jaarlikse geldinsamelingsveldtog, die Hats and Roses-geleentheid, op Swakopmund...

NamGreenWood help herwin

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf KaureDie Swakopmund-munisipaliteit het tydens sy maandelikse agendavergadering NamGreenWood Ent CC toestemming gegee om herwinbare materiaal van die Swakopmund-stortingsterrein te verwyder. NamGreenWood het...

Tjivikua at the helm

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

The Walvis Bay Corridor Group (WBCG) has welcomed its new chief executive officer, Mbahupu Tjivikua, who joined the team on 1 October. Tjivikua has rejoined...

Diamonds are forever

3 days ago - 14 October 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf Kaure A panel discussion on the future of Namibian diamonds took place at The Dome in Swakopmund recently.The discussion, which was...

Namibia’s thrust towards independence

1 week ago - 10 October 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf Kaure The Swakopmund Scientific Society recently held a lecture by well-known author, social scientist and veteran community activist, Bob Kanḓetu, titled:...

Enhancing trade between Walvis Bay and Pointe-Noire

1 week ago - 10 October 2019 | Local News

Walvis Bay • Leandrea Louw A delegation led by Kandjo Jean Francois, mayor and parliamentarian from Pointe-Noire,...

Hulle dag se brood

1 week ago - 04 October 2019 | Local News

Swakopmund · Iréne-Mari van der WaltDie “Liefde Wen” inisiatief is uniek in die sin dat dit daad by woord sit. Alhoewel belangstellendes ’n Liefde Wen-item by Mars...

Nuwe wiele vir verkeersbeamptes

2 weeks ago - 03 October 2019 | Local News

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt Die munisipaliteit van Swakopmund het agt splinternuwe Golf GTI’s ryker geword. Die tender is in middel Augustus aan Autohaus Swakopmund toegeken en...

Mondesa Heights launched

2 weeks ago - 27 September 2019 | Local News

Swakopmund – Adolf Kaure The municipality of Swakopmund and Elize Investment hosted a ground-breaking ceremony for the Mondesa Heights Development at the coastal town...

Latest News

Around the wicket

1 day - 16 October 2019 | Sports

The Namibia FNB Kwata Cricket Fun day took place at the Cricket Oval in Walvis Bay last Saturday. The fun day saw more than 270...

Science Week off to a...

1 day - 16 October 2019 | Science

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt The Scientific Society Swakopmund celebrates Science Week with a film festival from 14 to 18 October.The...

Meer as ’n Mercedes

1 day - 16 October 2019 | Motors

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt M + Z Motors Swakopmund het onlangs ’n opedag gehou waar Jan Alleman die kans gekry...

Nuwe komitee vir Narraville se...

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Walvisbaai • Leandrea Louw Inwoners van Narraville het onlangs 'n komitee aangewys as verteenwoordigende spreekbuis van die gemeenskap wat betref kwessies, uitdagings en ontwikkeling...

Nog 'n hupstoot vir kankervereniging

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Swakopmund • Leandrea Louw Die Erongo-tak van die Kankerver­eniging van Namibië (CAN) het Saterdag sy grootste, jaarlikse geldinsamelingsveldtog, die Hats and Roses-geleentheid, op Swakopmund...

Vloot vier 15 jaar

2 days ago - 15 October 2019 | Events

Die Namibiese vloot het op 7 Oktober sy 15de bestaansjaar gevier en Saterdag 'n ope dag as deel van die feesvieringe gehou. Om die verrigtinge...

NamGreenWood help herwin

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf KaureDie Swakopmund-munisipaliteit het tydens sy maandelikse agendavergadering NamGreenWood Ent CC toestemming gegee om herwinbare materiaal van die Swakopmund-stortingsterrein te verwyder. NamGreenWood het...

N$120 miljoen. se

2 days ago - 15 October 2019 | Energy

Arandis • Adolf KaureVisepresident Nangolo Mbumba het onlangs Sertum Ener­gy Namibia se N$120 miljoen-sonkragaanleg by Orano se Trekkopje-myn ingewy. Die 5 megawatt- fotovoltaïese aanleg lê...

Tjivikua at the helm

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

The Walvis Bay Corridor Group (WBCG) has welcomed its new chief executive officer, Mbahupu Tjivikua, who joined the team on 1 October. Tjivikua has rejoined...

Load More