Omaruru se hart klop kuns

Kuns, klank, kos en kuier was op die spyskaart van die Omaruru Kunstefees.

03 September 2019 | Cultural

Omaruru • Irene- Mari van der Walt



Die Omaruru Kunstefees is Saterdagaand op gepaste wyse met die luide klank van kitaarsnare en ploffende tromme afgesluit.

Die bobaaskitaarspeler Nathan Smith en sy orkes, met Josh Ansley as gas­kunstenaar, het die droë Omarururivierloop soos 'n weerlig straal getref en nie teleurgestel met hul polsende weergawes van legendes soos Dire Straits, Eric Clapton en Jimi Hendrix se musiek nie.

Smith het op die verhoog gewys waarom hy een van die bestes is. Aan die einde van die Rock & Roll Under the Stars-musiekkonsert het die sowat 600 feesgangers gesoebat vir nog van sy soet kitaarklanke.

Hy het ná die konsert gesê die gehoor was fantasties.

“Ons het ook na Jannie Moolman gaan luister en dit geniet. Die organiseerders moet dit dalk oorweeg om plaaslike talent met buitelandse talent te meng en so die gemeenskap byeen te bring.”

Vroeër die aand het die internasionale chanson-sangeres Esther Fellner en die mondfluitjievirtuoos René Giessen sowat 500 konsertgangers met hul Best Music of the World-konsert betower.

Daar was werklik iets van als vir almal by vanjaar se kunstefees – 'n mengelmoes van kuns, musiek en kos uit die boonste rakke.

'n Program propvol opwindende aktiwiteite en uitsonderlike vertonings is goed aangevul deur die boeremarkstalletjies waar allerhande tuisgemaakte lekkernye, produkte en kunswerke te koop was.

'n Eerste vir die fees was die deelname van die skrywersklub Die Namib Skryf – DNS.

Lede van die groep het onder leiding van Sanet Lambrechts en Wouter de Bruin van hul versamelde werke wat onlangs gepubliseer is in die bundel 'n Tas vol Nostalgie voorgelees en voorgedra.

Vrydagaand het Marion Horn met haar eenvrouvertoning Operasie Holm 'n volgepakte Barth-saal laat dreun van die lag.

Met haar vlymskerp sin vir humor het Holm die gehoor geboei en 'n paar harde waarhede oor die lus en leed van die lewe, asook stof tot nadenke uitgedeel.

Vyf mense is postuum vereer vir hul insette wat reusebydraes tot die sukses van die fees oor die jare gelewer het.

Daarna het die Suid-Afrikaanse operasanger Jannie Moolman se kragtige stem deur die Omaruru-naglug geklief.

Moolman het die skare meegevoer op 'n tog na vergange dae met sy weergawes van Heino se Hart wie Kameldornholz en Can't help falling in love. “Dit was fantasties en die gehoor was wonderlik. Ek doen van tyd tot tyd 'n buitelugkonsert, maar om in die rivierloop op te tree, is spesiaal. Ek haal my hoed af vir die organiseerders,” het hy gesê.

Tinkie Cornelissen, 'n lid van die feeskomitee, het gesê alles het goed afgeloop.

“Omtrent al die kaartjies is uitverkoop. Ons het hierdie keer gesorg dat die aktiwiteite nie so ver van mekaar is nie en dit het besonders goed gewerk.”

Vir Erika Kolling en haar 18 studente by die Omaruru Skool vir Kunste beteken die fees baie.

“Mense kom kyk na die kunswerke en dit motiveer die kinders. Die blootstelling hou die skool aan die gang.”

Talle kunstenaars het die langpad na die fees aangepak om hul werke te kom uitstal.

Die juwelier Imke Engelhard was baie ingenome met die geleentheid. “Ek het goeie besigheid gedoen en baie voornemende kliënte ontmoet.”

Die beeldhouer Mateus Alfeus het gesê hy is gelukkig en geëerd om deel te wees van die fees.

“Dit is die eerste keer wat ek betrokke is by so iets. Ek het agtergekom dat die mense van Omaruru nie juis kunskopers is nie, maar hulle bewonder dit met graagte. Die fees bring beslis groot blootstelling vir kunstenaars en die dorp as sulks.”

Die fotograaf en eienaar van Gallery 116, Chris Johnston, het gesê die kunstefees is beslis goed vir die dorp en sy mense.

“Dit bring vir ons besigheid in die swak ekonomiese tye wat ons tans ondervind. My gastehuis is vol en die eetplek wat ek bedryf, baat ook danksy die besoekers. Die organiseerders verdien beslis 'n klop op die skouer.”

Similar News

 

Celebrating Namibia

11 hours ago | Cultural

Swakopmund · Iréne-Mari van der WaltThe Scientific Society Swakopmund (SSS) kicked-off their Heritage Week celebrations on Monday, 16 September with the Namib Marimbas at 10:00....

Klassieke musiek onder die sterre

2 weeks ago - 03 September 2019 | Cultural

Die chanson-sangeres Esther Fellner en die mondfluitjievirtuoos René Giessen vermaak konsertgangers met hul Best Music of the World-konsert. Foto Otis Finck Die Suid-Afrikaanse operasanger Jannie...

Kavango culture celebrated

2 months ago - 14 July 2019 | Cultural

Kuisebmond • Otis Finck The first ever Kavango Cultural Festival hosted in the Erongo region attracted a large crowd. The event...

Cultural diversity celebrated

11 months ago - 08 October 2018 | Cultural

The International School of Walvis Bay (ISWB) had visitors from the Confucius Institute, situated at the University of Namibia on Friday. The Confucius Institute is...

Oivo: Part of Küska for 30 years

1 year - 29 June 2018 | Cultural

A Swakopmund street procession without Oivo from the Red Cross is almost unimaginable. For the past 30 years he has taken part in the procession....

Küska street procession ‘best in years’

1 year - 29 June 2018 | Cultural

Erwin LeuschnerIt was an entire week filled with laughter, cheer and humour, but all things come to an end. The Swakopmund carnival, Küska, celebrated a...

BIBLE VERSE

1 year - 08 June 2018 | Cultural

1 Timothy 5:1-3; 5-6;8 Do not rebuke an older man harshly, but exhort him as if he were your father. Treat younger men as brothers,...

BYBELVERS

1 year - 01 June 2018 | Cultural

JOHANNES 3:3-8 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die...

BIBLE VERSE

1 year - 24 May 2018 | Cultural

Psalm 34:4, 5; 8-10; 12-16 I sought the Lord, and he answered me; he delivered me from all my fears. Those who look to...

BYBELVERS

1 year - 18 May 2018 | Cultural

1 Timoteus 3-9 As iemand 'n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer...

Latest News

Celebrating Namibia

11 hours ago | Cultural

Swakopmund · Iréne-Mari van der WaltThe Scientific Society Swakopmund (SSS) kicked-off their Heritage Week celebrations on Monday, 16 September with the Namib Marimbas at 10:00....

All Namport STS cranes simultaneously...

13 hours ago | Infrastructure

Walvis Bay The four brand new Ship-to-Shore (STS) cranes were for the first time since the commissioning of the New Container Terminal simultaneously operational...

O&L Leisure and TAWUN signs...

20 hours ago | Business

Under the agreement wage agreement reached with the Tourism and Allied Workers Union of Namibia last week, O&L Leisure (a subsidiary of the Ohlthaver...

Take pride in the environment...

20 hours ago | Local News

Walvis Bay • Leandrea Louw The national clean-up campaign is slated for 21 September this year and Walvis Bay mayor, Alderman Immanuel Wilfred, is...

Swakopmund Youth League kicks off

1 day - 18 September 2019 | Sports

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt The Swakopmund Youth League concludes at the end of this month after another two rounds of six matches...

Village councils under scrutiny

1 day - 18 September 2019 | Government

Swakopmund • Adolf Kaure A four-day stakeholder briefing for village councils hosted by the Office of the Auditor-General began in Swakopmund on Monday, with...

Bewustheid oor brandbekamping verskerp

1 day - 18 September 2019 | Local News

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt Die munisipaliteit van Swakopmund het onlangs ’n praatjie oor brandveiligheid by die DRC sportveld gehou.Die geleentheid...

Klein mejuffrou Walvisbaai

3 days ago - 17 September 2019 | Events

Tien deelnemers ding mee in die eerste Little Miss Walvis Bay-skoonheidskompetisie. Hierdie kompetisie is die geesteskind van Estrolita Petersen, Mev. Namibia Globe en Mev. Universal....

Prokureurs span saam teen geslagsgeweld

3 days ago - 17 September 2019 | Local News

Swakopmund • Otis Finck 'n Regspraktisynsfirma op Swakopmund, Ellis Shilengudwa Incorporated (ESI), in samewerking met die Lindi Prinsloo Trust, die Janet Martin-liefdadigheidsorganisasie en die vroueregte­aktivis...

Load More