Noem-Noem groet

’n Groep inwoners van Omaruru is die josie in oor ’n boom wat onlangs uit hul dorp verwyder is.

07 July 2019 | Environment

Gerda Janse van Rensburg, Inwoner; “Daar is geen gehoor gegee aan die gemeenskap se versoek nie.”

Irene-Mari van der Walt

’n Groep inwoners van Omaruru het hulle misnoë uitgespreek oor die afkap van hulle geliefde “Noem-Noem”.

Een van die beswaardes, me. Gerda Janse van Rensburg, voer aan die boom is afgekap op aandrang van Erongo Red omdat dit na bewering die kragverspreider se nuwe gebou versteek het, en in opdrag van die dorp se burgemeester, me. Hendrina Tuli Gebhardt.

“Die Noem-Noem het meer as dertig jaar daar gegroei. Die vernietiging van die ou boom oorskadu die inhuldiging van die nuwe gebou. Ons meen in teenstelling [met wat aangevoer word] dat die boom Erongo Red se gebou verbloem, dit eerder die gebou sou komplimenteer. Hoekom is die boom nie net gesnoei in plaas van heel afgekap nie?”

Die nuwe Erongo Red-gebou is teen ’n geskatte N$12.1 miljoen opgerig en is op 27 Junie ingehuldig. Die nuwe kantoor bedien klante op Omaruru, asook die plase en nedersettings in die omliggende area.

Die beswaarde gemeenskapslede het besluit om die verlies van die boom te herdenk op dieselfde dag wat die Erongo Red-gebou amptelik ingehuldig is.

Hulle het bymekaar gekom waar die boom eens gestaan het om vaarwel te roep aan hul spesiale Noem-Noem (Carissa Macrocarpa of Amathungulu).

Hulle beplan ook om elke jaar daar byeen te kom ter herinnering van die boom.

’n Woordvoerder van die kragverspreider het daarop gewys dat die boom op munisipale grond gestaan het en die koerant na die munisipaliteit verwys vir verdere navrae oor die aangeleentheid.

Die waarnemende hoof beampte van die stadsraad, mnr. Alphons Tjotombo, het gesê hy het geen kommentaar oor die aangeleentheid nie.

“Skryf maar oor hulle griewe. Dit is hulle demokratiese reg om te kla.”

Janse van Rensburg het gesê daar was verbete gepoog om die boom van sy gewisse ondergang te red. Sy het persoonlik by die burgemeester gaan pleit en dit aan haar gestel dat die gemeenskap vra dat sy die verwydering van die boom keer. Daar is egter geen gehoor gegee aan die gemeenskap se versoek nie.

“Ons het ons misnoë onder die aandag van die munisipaliteit gebring, en is deur die gesondheidsinspekteur aanbeveel om ’n petisie te loods wat teen 10:00 daardie dag ingedien moes word. Werk om van die boom ontslae te raak was reeds om 09:00 aan die gang ten spyte daarvan dat die gegewe spertyd ’n uur later was. Die boom het suurstof verskaf en was ’n lekker koelteplek in die somer. Die pluk en eet van die vitamien-ryke vrugte wat vrylik beskikbaar was, het baie vir die gemeenskap gebaat.”

Die Carissa macrocarpa se vrug, die Natal pruim, is ryk in vitamien A en B asook ’n vitamien C-telling wat hoër is as baie sitrus - nogal indrukwekkend vir ’n vrug wat kleiner as ’n gewone pruim is.

Similar News

 

Heffings op plastieksakke help

2 weeks ago - 30 June 2019 | Environment

Hentiesbaai • Otis Finck Spar Hentiesbaai het onlangs N$15 000 aan vyf gemeen-skapsprojekte op die kusdorp geskenk. Die Spar Woestynskoonmaak-inisiatief het N$5 000...

Cleanest town battle heats up

1 month - 02 June 2019 | Environment

Walvis Bay - Leandrea Louw The harbour town Walvis Bay is one of four finalists in the Namibia Media Holdings (NMH) Cleanest Town of the...

Twalaloka residents not impressed with mobile toilets

3 months ago - 01 April 2019 | Environment

Kuisebmond - Leandrea Louw - The approximately 2 000 residents of the Twalaloka settlement in Kuisebmond are unhappy about the fact that they have to...

A cleaner town, a cleaner Namibia

3 months ago - 25 March 2019 | Environment

Ondangwa, Oranjemund, Swakopmund and Walvis Bay are the four finalists out of 21 towns in the competition to become ‘Cleaner Towns of the Year’, launched...

World Wetlands Day celebrated

5 months ago - 11 February 2019 | Environment

Leandrea Louw - Walvis Bay Private High School was crowned the winner of the World Wetlands annual quiz competition at the coast. This year’s theme...

Holiday makers bag their trash

5 months ago - 28 January 2019 | Environment

SUBBED Otis Finck - The amount of garbage collected from beach areas between Walvis Bay and Swakopmund over the festive season has declined...

POSTIT FOTO

6 months ago - 17 December 2018 | Environment

subbedSwakop spog met dam vir Kersfees. Foto Verskaf

POSTIT FOTO

6 months ago - 17 December 2018 | Environment

SWAKOP SPOG MET DAM VIR KERSFEES Foto Verskaf

Namport joins cleaning exercise

7 months ago - 10 December 2018 | Environment

Team Namport heeded the call from the mayor’s office and joined the rest of the Walvis Bay community in cleaning up the harbour town recently....

Safeguarding the environment

7 months ago - 19 November 2018 | Environment

A stakeholders' workshop on climate change awareness and climate finance for Namibia was recently held in Swakopmund.Speaking at the opening of the event, the minister...

Latest News

Warmth for learners in winter...

1 day - 14 July 2019 | Local News

Swakopmund - Otis Finck Metropolitan staff members handed over a donation of blankets, hoody tops, hand gloves and beanies to learners of the...

Grooming future journalists

1 day - 14 July 2019 | Education

The My Zone team in charge of the Namibia Media Holdings (NMH) school newspaper project acknowledge the importance of the various school newspaper editorial teams...

Engineers in the making ...

1 day - 14 July 2019 | Education

Karibib Private School (KPS) encourages its learners to take part in the school’s annual bridge building competition. This year it differed significantly from previous years,...

Crowning the fairest of them...

1 day - 14 July 2019 | Events

Walvis Bay • Leandrea Louw Dominique Bouwer was crowned Miss Teen Walvis Bay while Malinda Bam was chosen as Miss Pre-Teen Walvis Bay last week....

Top coastal real estate agents...

1 day - 14 July 2019 | Business

Tienie Mouton; FNB; “The deep recession experienced over the past two years, has put severe strain on the sector.”Swakopmund FNB Namibia recently awarded outstanding performing...

Kavango culture celebrated

1 day - 14 July 2019 | Cultural

Kuisebmond • Otis Finck The first ever Kavango Cultural Festival hosted in the Erongo region attracted a large crowd. The event...

Grumpy's fishing report

1 day - 14 July 2019 | Fishing

Outdoor Centre • Grumpy Gramowski We experienced quite an eventful week of fishing, with a number good catches of galjoen reported in the...

YOUR TIDES

1 day - 14 July 2019 | Fishing

Sunday, 14 July Low 07:56 High 14:19 Low 20:09 High 02:00 Monday, 15 July High...

Defeat leaves bitter taste

1 day - 14 July 2019 | Sports

Walvis Bay • Otis Finck Referee Elic de Wee has been on the receiving end of heavy criticism for a number of decisions and the...

Load More