Namibië kraai koning in hengeltoernooi

Maak skoonskip op eie bodem

10 December 2018 | Sports

Andre Theart; NLTBFAA Voorsitter; “Die sleutel tot sukses was dat al ons spanne van die begin af saam gepraat en gewerk het, en as een span . . .

Die Namibiese vereniging vir ligtegerei-boothengel in varswater (NLTBFAA) was onlangs gasheer vir die jaarlikse Streek 5-toernooi wat vanaf 25 tot 30 November by die Hardapdam naby Mariental gehou is.

Namibië het in al die kategorieë as wenners uit die stryd getree, ’n eerste in die geskiedenis van Namibiese ligtegerei-boothengel.

André Theart, voorsitter van die vereniging, het die sukses toegeskryf aan deeglike beplanning, goeie voorbereiding, ongelooflike kameraadskap en die vasberadenheid om te wen.

“Die sleutel tot sukses was dat al ons spanne van die begin af saam gepraat en gewerk het, en ook as een span onder die vandel van Namibië beweeg het sonder om enige onderskeid tussen die individuele spanne te maak .”

Hengelaars van Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië sê gewoonlik mekaar die stryd in die kompetisie aan. Zimbabwe kon egter, soos die vorige twee jaar, nie deelneem nie.

Twee oefendae, op 26 en 27 November, het die kompetisie voorafgeloop waarna die spanne amptelik op 28 November om sewe-uur die oggend mekaar die stryd aangesê het. Die toernooi is oor drie dae beslis.

Op die eerste dag het die Namibiërs gewys dat hulle gerat is vir die gedugte spanne van Suid-Afrika.

Die Namibiese senior span, die onder 21- en onder 16-span, die Dame-span, die President-span en twee ontwikkelingspanne het bo-aan die punteleer geëindig. Net die veteranespan kon nie die mas opkom nie.

Op dag twee het die Namibiese sege voortgeduur. Die spanne het weer in die eerste plekke in die verskillende kategorieë ingeweeg.

Gevolglik het die Namibiese senior span, die onder 21- en onder 16-span, die President-span en die ontwikkelingspanne reeds op dag twee hul eweknieë verslaan volgens die Grand Prix-puntestelsel van die kompetisie.

Op die derde dag van die kompetisie het die Namibiërs die voorsprong verder vergroot. Die veteranespan het ook op die dag gewen en verseker dat Namibië as wenners uit die stryd tree in alle kategorieë.

Theart het gesê “hengel is nie ‘n toeskouersport nie” en namens die NLTBFAA alle donateurs vir elke bydrae bedank.

Similar News

 

New venue for judo academy

1 day - 18 March 2019 | Sports

Karl Philander - The Erongo Judo Academy (EJA) was officially inaugurated at De Duine Secondary School last week.EJA promotes judo as an Olympic sport and...

Friendly games serve purpose

1 day - 18 March 2019 | Sports

Otis Finck - Clubs from Swakopmund and Walvis Bay engaged in “friendly fire” in anticipation of the start of the Namibian Rugby Union (NRU) league...

Marina en Morné maak skoonskip

5 days ago - 14 March 2019 | Sports

Die agtste en laaste Rock and Surf Super Pro League (RASSPL)-kompetisie vir 2018 is onlangs tussen Kaap Kruis en Myl 100 gehouMededinging was straf tussen...

Game on!

1 week ago - 11 March 2019 | Sports

Leandrea Louw- Walvis Bay Rugby Club, now known as the Sparta United Club, is ready to tackle the rugby season head-on. This was evident...

Sanlam Coastal Marathon to be bigger and better

1 week ago - 11 March 2019 | Sports

Contributed - Sanlam recently launched the second annual Sanlam Coastal Marathon at its head office in Windhoek. Taking place on Saturday 23 March, the event...

NAKU 2019 National Trials held

1 week ago - 11 March 2019 | Sports

Contributed - The Namibia Karate Union (NAKU) hosted its national trials at the Dome, Swakopmund, last weekend.The event was conducted on a closed basis with...

National U/19 cricket team preparations on track

1 week ago - 11 March 2019 | Sports

Otis Finck - The Namibian U/19 national cricket team defeated Welwitschia with 94 runs at the Sparta grounds in Walvis Bay on Saturday. The...

Coastal cricket league champions crowned

1 week ago - 11 March 2019 | Sports

The Junior Coastal Cricket Club (JCCA) was crowned Coastal 40 overs first division cricket league championship. JCCA defeated Sparta United Cricket Club with 8 wickets....

Two in a row for Walvis Bay

1 week ago - 11 March 2019 | Sports

Otis Finck - Teams from Walvis Bay dominated the netball and soccer tournaments of this year’s edition of the Governor’s Cup and ensured that the...

Club pays tribute to speed kings

1 week ago - 11 March 2019 | Sports

Otis Finck - Walvis Bay Motor Club (WBMC) held its AGM and prize-giving ceremony recently. The management of the club was elected in 2018 and...

Latest News

Plastic bag levy put to...

1 day - 18 March 2019 | Local News

Otis Finck - Money generated from the sales of plastic shopping bags at Superspar Swakopmund and Spar Ocean View was put to good use recently....

Orano Mining donates 22 computers

1 day - 18 March 2019 | Local News

Adolf Kaure - Orano Mining handed over 22 computers with a combined value of N$22 000 to the Erongo regional council (ERC). Orano Mining’s spokesperson...

Linking up Namibia

1 day - 18 March 2019 | Infrastructure

Otis Finck - The minister of works and transport, John Mutorwa, and the deputy minister of national planning, Piet van der Walt, conducted site visits...

School proud of JTC members

1 day - 18 March 2019 | Education

Karibib Private School boasts with four members who are part of the Karibib junior town council. Pictured here, from left to right, are Purity Rukero...

Gone but never forgotten

1 day - 18 March 2019 | Local News

Karl Philander - The community of Kuisebmond mourns the tragic death of young Jackson Iipinge, a learner at Kuisebmond Secondary School who passed away on...

ISWB awards its best

1 day - 18 March 2019 | Education

Karl Philander - The International School of Walvis Bay (ISWB) recently held its inter-house athletics and awarded the best athletes.The Cobras and Scorpions competed against...

Mr Walvis Bay 2019 crowned...

1 day - 18 March 2019 | Events

Leandrea Louw - The fifth annual Mr Walvis Bay competition took place last week with the theme “Biker Boys”. Rowellyn Polster was crowned as Mr...

Thankful for independence

1 day - 18 March 2019 | Local News

Adolf Kaure - The battle for Namibia to gain independence was a long and worthwhile one.Swakopmund-based entrepreneur Nancy Garoes (28), who owns a health studio,...

Growing up in a democratic...

1 day - 18 March 2019 | Local News

Leandrea Louw - The junior town council mayor of Karibib, Gillian Benade, says the joy of growing up in a democratic country is immense.“The amount...

Load More