Maak reg vir die Hentiesfees

Pretjagters kan hulle weer eens voorberei vir 'n opskop soos min by die kus.

23 June 2019 | Events

Velia Liebenberg; Henties Fees; Verskeie borge is alreeds aanboord om te verseker dat die fees weer 'n reusesukses gaan wees . . .

Hentiesbaai • Otis Finck



Die Hentiesfees 2019 vind hierdie jaar weer oor 'n langnaweek plaas, op 23 en 24 Augustus, by die sportgronde van die Christelike Privaatskool Hentiesbaai.

Daar gaan 'n groot verskeidenheid pret wees met 'n openingsparade, musiekkonserte, stalletjies, hope kindervermaak en groot pryse te wen.

Die verrigtinge sluit weer eens 'n hengelkompetisie, fietsry, pretloop, “touch”-rugbytoernooi sowel as 'n gholfkompetisie in.

Oudergewoonte word die Hentiesfees-hengelkompetisie aangebied deur Hentiesbaai Hengelklub. Die kaartjies sal dan ook vir vissermanne 'n driedubbele doel dien. Daarmee registreer hulle vir die kompetisie, kry toegang tot die feestent en kom in aanmerking vir die gelukstrekking wat deel vorm van die kompetisie.

Die organiseerders het laat blyk daar gaan heel moontlik vanjaar ook 'n damesoggend by die verrigtinge gevoeg word.

“Onderhandelinge in dié verband is nog aan die gang. Verskeie borge is reeds aanboord om te verseker dat die fees weer 'n reusesukses gaan wees,” het Velia Liebenberg, 'n lid van die organiseringskomitee, gesê.

Die vyftiental Suid-Afrikaanse ­musikante wat die verhoog gaan deel, sluit onder andere die sangeres ­Jezelle in wat bekend is vir haar ­liedjie “Suidwes”.

Liezel Pieters, Appel, Neil Somers, Anders, Deon Groot, Caroline Grace, Fatman en die welbekende Namibiër John Rock Prophet is van die ander kunstenaars wat ook musiek gaan maak.

Vir entrepeneurs wat hul tuisgemaakte en eg unieke produkte aan die publiek beskikbaar wil stel, is daar nog 'n paar van die sowat 140 stalletjies beskikbaar. Belangstellendes kan 'n e-pos na [email protected] stuur om 'n aansoekvorm te kry.

Kaartjies vir die fees gaan weer deur Computicket verkoop word, met groot afslag vir pensioenarisse.

Similar News

 

Silver jubilee celebrations for Walvis Bay

1 week ago - 11 August 2019 | Events

Walvis Bay - Leandrea Louw Celebrations to mark 25 years of the re-integration of Walvis Bay and the 12 offshore islands into Namibia is...

Crowning the fairest of them all

1 month - 14 July 2019 | Events

Walvis Bay • Leandrea Louw Dominique Bouwer was crowned Miss Teen Walvis Bay while Malinda Bam was chosen as Miss Pre-Teen Walvis Bay last week....

Seafarers appreciated

1 month - 07 July 2019 | Events

Erongo Marine Enterprises (EME) joined the international maritime community in celebrating the Day of the Seafarer recently. The company paid homage to the nearly 230...

Mr and Miss Teen Swakopmund crowned

1 month - 30 June 2019 | Events

Swakopmund • Leandrea Louw Renella Mathews was crowned Miss Teen Swakopmund and Highsty Sagarias Mr Teen Swakopmund last week. This was the second annual...

Portugal Day commemorated

2 months ago - 17 June 2019 | Events

Portuguese community members celebrated Portugal Day with a get-together at the Atlantic Hotel in Walvis Bay on 10 June. This date commemorates the death of...

Lagoon area cleaned up

2 months ago - 16 June 2019 | Events

Walvis Bay • Otis Finck Eighty-three volunteers (64 adults and 19 children) pitched for the ­second edition of the Walvis Bay Lagoon clean-up operation...

Boerewors producers tantalise taste buds

2 months ago - 16 June 2019 | Events

Swakopmund - Otis Finck Stefan Erasmus, Benjamim Isak, his daughter Ruusa Isak and Ursula Malan are the coastal representatives in the Shoprite/Checkers Boerewors Competition...

Honouring fathers and fatherhood

2 months ago - 10 June 2019 | Events

Swakopmund - Adolf Kaure A local father of three, Brian Goreseb, says he has learned a lot since becoming a father.With Father’s Day on June...

Fly In for the record books

2 months ago - 09 June 2019 | Events

Uis - Erwin Leuschner This year’s annual Fly In competition, which was once again hosted on the small landing strip in Uis, not only...

Mr Walvis Bay 2019 crowned

5 months ago - 18 March 2019 | Events

Leandrea Louw - The fifth annual Mr Walvis Bay competition took place last week with the theme “Biker Boys”. Rowellyn Polster was crowned as Mr...

Latest News

Raak liries oor 'Suidwes'

13 hours ago | Supplements

Die vyftiental Suid-Afrikaanse ­musikante wat die verhoog gaan deel by hierdie jaar se Hentiesfees, sluit onder andere die sangeres Jezelle, bekend vir haar liedjie “Suidwes”,...

Henties Bay is where /Honeb's...

13 hours ago | Supplements

There is much more to Henties Bay than it simply being known as fishing haven, holiday resort and a retirement village, says the mayor of...

Feesprogram

13 hours ago | Supplements

Vrydag 23 Augustus 2019 09:00 Hekke open ...

TOURIST ATTRACTION

13 hours ago | Supplements

Many fishing trawlers have sunk off the Henties Bay coast, but very few wrecks are still ­visible today because of the onslaught of the elements....

'Jive' saam met Jo

13 hours ago | Supplements

Jo Nichol (38) is 'n man van vele talente. Hy tree nie net as musikant en seremoniemeester by vanjaar se Hentiesfees op nie, maar sorg...

Lus vir iets Anders?

13 hours ago | Supplements

Wynand en Lindi Delport het aan die einde van 2007 in die huwelik getree en die jaar daarna saam begin musiek maak as die duo...

Vaughn vier saam Hentiesfees

13 hours ago | Supplements

Die Namibiese sanger, kitaarspeler en liedjieskrywer Vaughn Ahrens is geen vreemdeling by die Hentiesfees nie. Vanjaar sluit twee nuwe gesigte by hom op die verhoog...

DIE GALG WAG

13 hours ago | Supplements

Besoekers aan vanjaar se Hentiesfees wat nog nie 'n draai by Die Galg gemaak het nie, kan gerus gaan kyk. Die Galg is berug oor...

Mini-reünie op Hentiesbaai

13 hours ago | Supplements

Caroline Grace sal by vanjaar se Hentiesfees weer eens die verhoog met Fatman deel - nes hulle gemaak het in die finale ronde van The...

Load More