Landwye misdaad laat toeriste moedeloos

01 October 2018 | Crime

Yolanda Nel

Met die hoeveelheid aanvalle op mense wat tans in Namibië waargeneem word, laat dit nie net 'n lelike nasmaak vir besoekers nie, maar het dit ook 'n groot impak op die toerisme sektor. Volgens die minister van die omgewing en toerisme, Pohamba Shifeta, kan die land nie bekostig dat booswigte op toeriste – of inwoners – aanhou toeslaan nie. “Dit sal die besoekers aan ons land verminder, wat die sektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) beïnvloed,” het hy in 'n onlangse onderhoud met Nampa gesê.

Volgens Shifeta, dra toerisme meer as 15% van die jaarlikse BBP by. 'n Besoeker aan Namibië, Marizanne Grobbelaar, het onlangs saam met haar man in Windhoek kom kuier. “Ek het opgewonde op die internet gaan soek na dinge om in Windhoek te doen,” het sy in 'n onderhoud met Windhoek Express gesê. Sy was egter teleurgesteld toe sy afgeraai is om meeste van die besienswaardighede op die lys te besoek. “Windhoekers het ons meegedeel dat daar verskeie plekke is wat te gevaarlik geword het vir toeriste om te besoek, ook helder oordag,” het sy gesê. Een van dié plekke is die bekende “Drie Sirkels” uitkykpunt. “Ons is van 'n 100% Windhoek-ervaring ontneem omdat ons te bang was vir 'n werklike aanval,” het sy gesê. 'n Inwoner van Windhoek het gesê die grootste probleem is vir haar die middestad “Wanneer ek myself in Katutura bevind, is ek nie so benoud soos wanneer ek in die hoofstraat is nie,” het sy gesê. Sy vertel sy het onlangs 'n besigheidsfunksie in die hoofstraat bygewoon. “Ek het net oor die pad gestap toe 'n dronk man skielik langs my staan en begin vatterig raak,” sê sy. Daar was nie 'n teken van 'n sekuriteitswag nie. Shifeta het uitgewys dat sy ministerie maatreëls in plek gestel het en hande met die Namibiese polisiediens gevat het om hierdie soort insidente te bekamp. Daarmee saam is 'n tak geopen wat op die beskerming van toeriste fokus.

Kring-televisiekameras is reeds in nasionale parke opgerig, waar misdade gereeld plaasvind. “Die gemeenskap moet besef dat die toeriste hier is om ons te ondersteun en die land as 'n toeriste-bestemming bevorder. Ons moet hulle dan ook ondersteun wanneer hulle hier is,” het hy gesê.

Similar News

 

Child rapist gets 35 years behind bars

3 months ago - 18 February 2019 | Crime

Otis Finck - Dragan Vujicin (68) was sentenced to 35 years direct imprisonment on five counts of rape and four counts of human trafficking involving...

Crime briefs

4 months ago - 28 January 2019 | Crime

A number of breakthroughs were made with regard to the spate of robberies which occurred in Omaruru recently.At the same time numerous persons were also...

Hundreds of illegal weapons confiscated

5 months ago - 07 January 2019 | Crime

Leandrea Louw - A total of 181 cases were reported in the Erongo region from 26 January to 4 January, during the nationwide launch of...

CRIME BRIEFS

5 months ago - 31 December 2018 | Crime

Son discovers decomposed body of father The semi-decomposed body of Karel Heinz Traupe (76) was discovered in Swakopmund. Deputy Commissioner Erastus Iikuyu...

Twenty-one shacks destroyed in one week

6 months ago - 10 December 2018 | Crime

Leandrea Louw - Community members took justice into their own hands and attacked two men suspected of burning down 11 shacks and a house, and...

Police and community tackle crime

6 months ago - 03 December 2018 | Crime

A meeting between the police and leaders of different community structures took place at the Mondesa Multipurpose Centre on Wednesday as the police prepares for...

Vicious murder leaves country in shock

7 months ago - 05 November 2018 | Crime

Jessica BotesA single mother and her daughter had been living in Swakopmund for almost a year when tragedy struck. On Friday afternoon at 16:00, Lindie...

Tourist robbers sentenced to ten months imprisonment

7 months ago - 05 November 2018 | Crime

Leandrea Louw Junior Noah Tangi Immanuel (28), Ian Harding (26) and Ipinge Herold (29) were convicted and each sentenced to ten months imprisonment on...

Neighbourhood watch can benefit Mondesa

8 months ago - 15 October 2018 | Crime

Adolf Kaure The community liaison officer at the Mondesa police station, constable Cliff Kaujova, says the introduction of a neighbourhood watch in Mondesa could help...

Forum to tackle corruption head on

8 months ago - 08 October 2018 | Crime

Otis FinckAs much as 50% of persons sitting in top managerial, directorship and leadership positions have been appointed through corrupt recruitment processes. “The nation therefore...

Latest News

TIDES

1 day - 17 June 2019 | Fishing

Sunday, 16 June High 02:39 Low 08:47 High 15:10 Low 20:58 Monday, 17 June High 03:18 Low ...

Lagoon area cleaned up

2 days ago - 16 June 2019 | Events

Walvis Bay • Otis Finck Eighty-three volunteers (64 adults and 19 children) pitched for the ­second edition of the Walvis Bay Lagoon clean-up operation...

Boerewors producers tantalise taste buds...

2 days ago - 16 June 2019 | Events

Swakopmund - Otis Finck Stefan Erasmus, Benjamim Isak, his daughter Ruusa Isak and Ursula Malan are the coastal representatives in the Shoprite/Checkers Boerewors Competition...

Unique partnership benefits hospital ...

2 days ago - 16 June 2019 | Health

Swakopmund - Otis Finck Steckels Toyota resolved to partner with and address a number of maintenance issues at the Swakopmund State Hospital. Rene...

Pro-Ed vier kaalvoetdag

2 days ago - 16 June 2019 | Education

Die ATKV Duine-tak van Pro-Ed Akademie op Swakopmund het onlangs hul jaarlikse kaalvoetdag gevier. Hier skenk leerlinge hul skoene aan die tak om dit aan...

Kuisebmond narrowly beats S.I. !Gobs...

2 days ago - 16 June 2019 | Sports

Walvis Bay - Adolf KaureKuisebmond Secondary School (KSS) defeated S.I. !Gobs Secondary School 3-2 in a thrilling FBN Classic Clashes soccer match at the Kuisebmond...

School gets classrooms and computers

2 days ago - 16 June 2019 | Education

Karibib Private School editorial team The Grade 1 parents of Karibib Private School (KPS) officially handed over a refurbished classroom to the school.The handing...

New Lions president elected

2 days ago - 16 June 2019 | Local News

Swakopmund - Adolf KaureHeiko Zicker was elected at the new president of the Lions Club Swakopmund during the club's 60th anniversary celebration in Swakopmund recently.Zicker,...

Protecting the ocean

2 days ago - 16 June 2019 | Local News

Walvis Bay - Otis Finck World Oceans Day is commemorated on 8 June to raise awareness of the ocean, its importance and how...

Load More