Kudu’s slyp horings vir 2019

NARRAVILLE Rugbyspelers aan die kus werk hard aan hul fiksheid ter voorbereiding van die komende rugbyseisoen.

28 January 2019 | Sports

Allister Carolissen; Kudu RK-voorsitter; “Uitgetrede spelers moet hul ondervinding met die jonger spelers kom deel . . .”

Kudu Rugbyklub het laas Maandag amptelik met voorbreidings vir die nuwe seisoen begin.

Dit is nog onseker watter van die huidige klubbestuur hulle vir die 2019-seisoen beskikbaar gaan stel. Die Algemene Jaarvergadering (AJV) vind op 29 Januarie om 18:30 by die Narraville Klubhuis plaas.

Individue wat hul tot die nuwe bestuur beskikbaar wil stel, is welkom om met die huidige bestuur in verbinding te tree.

Die klub se voorsitter, Allister Carolissen, het in Mei verlede jaar weens mediese redes die leisels aan Donald De Koker oorgegee en sal slegs uithelp wanneer nodig.

Allister, wat ’n nieroorplanting moet kry, het aangedui dat hy tot dan hom tot geen pos in rugby gaan verbind nie. Hy sê hy is wel oortuig die huidige bestuur het die nodige ervaring om die klub tot groter sukses te lei.

Hy het bygevoeg manne soos Zane Jansen, Donovan Paulse, Johan Paulse, James de Koker, Keith Gelderbloem, Cente Lawrence, Sakkie Mouton, Lionel Muller en George Fransman is ’n paar van die swaargewigte wat ’n betekenisvolle bydrae tot die bestuur kan maak.

Sy raad aan sy opvolger is om besluite te neem wat tot die klub se voordeel is, en nie ander mense te probeer beïndruk of tevrede te stel nie.

“Moet nooit uit die oog verloor dat jou spelers die belangrikste bate van die klub is nie. Solank jy besluite neem wat jou spelers gelukkig hou, en natuurlik nie altyd moontlik is nie, sal die resultate vanself kom.”

Allister het gesê dit is nie ’n maklike taak om die klub te bestuur nie en uiteraard baie uitdagend. Hy het benadruk die bestuur het van die begin van die jaar af hard gewerk om borge te verseker.

“In moeilike ekonomiese omstandighede het tawwe onderhandelinge plaasgevind om borge vas te maak. Te danke aan WB Hardware & Building Supplies en Mare Fishing is die klub ten minste nog vir dié jaar met truie uitgesorteer. Logistics Support Services het die klub se transport verlede jaar betaal, wat ’n astronomiese bedrag beloop het.”

Talle ander maatskappye het ook gehelp dat die klub al sy verpligtinge kon nakom.

Hy het ook ’n pleidooi aan alle huidige en oudspelers, asook oudlede gelewer om hulle te verbind tot Kudu sodat die klub tot een van die topspanne in Namibië kan ontwikkel. Hy hoop die klub behou die groep spelers van 2018 en vul dit met jong talent aan.

“Uitgetrede spelers moet hul ondervinding met die jonger spelers kom deel en hulle tot die afrigtingspan of bestuur beskikbaar stel. Om groener weivelde te gaan soek, is meer as een keer ook al bewys bly nie die beter opsie nie. Help eerder om op die tekortkominge te verbeter. Ek is oortuig dat oudspelers soos Antua Jacobs, Claus Zeilinger, Ashley Platt, Allistair Marquard, Joe Blom en Richard Forbes baie ondervinding het wat hulle kan deel met die huidige groep spelers.”

Allister het voorts gesê die klub het ’n bevredigende 2018-seisoen gehad, met albei spanne wat goeie rekenskap van hulself gegee het en baie kompeterend in hul onderskeie ligas was.

“Die spelers kan baie tevrede voel met hul vertonings en 2019 kan as uitdaging dien om daarop te verbeter.”

‘n Groot groep spelers het by die eerste week se oefensessies opgedaag, met heelwat wat nog moet aanmeld.

“Dit is beslis ’n aanduiding dat die klub meer as genoeg spelers dié jaar gaan hê.”

Similar News

 

Rugby at its best

6 days ago - 15 April 2019 | Sports

Walvis Bay - Karl Philander Trials to identify and select players for the regional team took place at the Walvis Bay Private High School rugby...

Namibia ready for region 5 karate championships

6 days ago - 15 April 2019 | Sports

Swakopmund Adolf Kaure With the 2019 Region 5 Karate Championships coming up on 23 to 25 of May 2019, Namibia National karate team coach, sensei...

Hottest volleyball at SFC

6 days ago - 15 April 2019 | Sports

Adolf Kaure The Erongo Volleyball Association held its first round of league matches at the SFC hall in Swakopmund yesterday. In the men’s competition, Erongo...

Capricorn sponsors school netball league

6 days ago - 15 April 2019 | Sports

Capricorn Group extended their legacy as connectors of positive change by launching the Capricorn Group Schools Netball League, previously known as the Bank Windhoek Schools...

Netball league in full swing

6 days ago - 15 April 2019 | Sports

Eleven Arrows and Blue Waters locked heads in a 45 - 45 draw in a regional league game. At half time, this closely contested game’s...

It’s Playtime

6 days ago - 15 April 2019 | Sports

The first ever Playtime Namibia Sports Development Trust beach football 5-a-side tournament took place at Independence Beach at Walvis Bay recently. Thirty-five teams and 175...

Racing rivalry between father and son continues ...

6 days ago - 15 April 2019 | Sports

Upon their arrival the two coastal racers Allan and Zachary Martin found the usual dry Windhoek weather replaced with some unexpected wetness which resulted in...

Vikings teach ERA a lesson

6 days ago - 15 April 2019 | Sports

SFC Vikings defeated Erongo Rugby Academy (ERA) 33-7 at a Namibia Rugby Union (NRU) First Division West League match that took place at the SFC...

Bronze for Namibia in Africa championships

6 days ago - 15 April 2019 | Sports

Windhoek Andrew Poolman The Nedbank African Mountain Bike Championships saw Namibia struggling to make their mark against the powerful South African riders...

Namibia ready for Afcon

6 days ago - 15 April 2019 | Sports

NAMPA Brave Warriors head coach Ricardo Mannetti says the country needs to prepare better than their group stage opponents if they are to do...

Latest News

Experience Africa up close ...

6 days ago - 15 April 2019 | Supplements

Omaruru Game Lodge is renowned for its diverse and unique wildlife. Situated within a 20 minute drive from Omaruru, it is the perfect place...

Asbestos removal project under way...

6 days ago - 15 April 2019 | Government

Arandis - Leandrea Louw The Walvis Bay municipal council accepted a proposal by Adcon CC to rehabilitate the hazardous waste site and create more space...

‘n Plek waar jy die...

6 days ago - 15 April 2019 | Supplements

Die geharde kampeerders Oliver en Conny Kayser het 'n plek in die hartjie van die majestueuse Erongo-bergreeks op Conny se ouers se plaas Eileen naby...

Surround yourself with tranquility ...

6 days ago - 15 April 2019 | Supplements

The establishment, which has been under the watchful eye of Gitta Pretorius for the past nine years, started out with only three rooms and a...

Your home away from home...

6 days ago - 15 April 2019 | Supplements

The serene atmosphere immediately calms you upon entering the lodge. Kashana prides itself on the fact that it was awarded as the best...

The gentleman netball coach

6 days ago - 15 April 2019 | People

WALVIS BAY - Adolf Kaure Adolf Kaure - Bobsey Kanku Musambani whose coaching has transformed netball at the coast since his introduction to the...

Kom kuier lekker saam

6 days ago - 15 April 2019 | Supplements

Dié lekkerste familiefees in Henties ondersteun ook hierdie jaar die Namibie Boere Droogtehulp-inisiatief. Die kuierfees begin amptelik op Goeie Vrydag (19 April) met...

For exceptional comfort

6 days ago - 15 April 2019 | Supplements

Tsudisa Ditto !Gonteb established the facility in October 2015 after he retired as the director of planning and development services at the Erongo regional council...

Pickle your own fish for...

6 days ago - 15 April 2019 | Supplements

Pickled fish is a quintessential Good Friday food during Easter. Ingredients 1.75 kg Cape salmon, cob, kingklip or any dry white fish 125 ml (½...

Load More