Klein idee, groot verskil

’n Vindingryke oogkundige het met ’n eenvoudige idee vorendag gekom om die gebruik van plastiek te verminder.

15 October 2018 | Health

“Al die plastiek wat al ooit vervaardig is, elke liewe stukkie, bestaan steeds.” - Michelle Beeker, oogkundige

Yolanda Nel

’n Oogkundige het besef Namibië het die wêreldwye reuse-plastiekprobleem nie vrygespring nie, en die land moes lankal reeds iets doen om te verseker dit ruk nie verder handuit nie.

Om dié rede het Michelle Beeker van Luca Optics op Okahandja besluit haar praktyk sal ’n verskil maak.

“Al die plastiek wat al ooit vervaardig is, elke liewe stukkie, bestaan steeds. En dis te erg,” sê sy.

Hoe meer Michelle hieraan gedink het, hoe meer het sy besef die hele oogkundebedryf bestaan meestal uit plastiek. Die grootste sondaar is brilkassies.

“Wie gebruik regtig meer as die een keer van die motor tot by die huis, hul kassies?” het sy haarself afgevra.

Vandaar die besluit om herwinbare brilkassies van karton te maak.

“Die idee en die rowwe skets was dalk vyf minute se dinkwerk, en 45 minute later was die eerste prototipe in my hand,” lag sy.

Dis toe wat sy besef dít is al wat nodig is om ’n verskil te maak.

“Jy het nie ure se harde werk nodig nie. Die doodeenvoudigste idee help ook.”

Die produk is heeltemal organies en word in ’n fabriek op Okahandja gemaak. “Dit is sterk genoeg en verpak ook makliker,” sê Michelle.

Daar is nege verskillende kleure en ontwerpe om van te kies. “Wanneer jy dit nie meer wil hê nie, gooi jy dit eenvoudig in jou braaivleisvuur,” sê sy.

Dit kan egter ook teruggeneem word na die fabriek waar ’n nuwe kassie daaruit gemaak kan word.

Nog ’n voordeel is die feit dat dié brilkassies aansienlik goedkoper is as gewone brilkassies, en hoewel die kliënt dit nie aan sy of haar sak voel nie, voel die maatskappy dit wel.

Michelle voel dis haar roeping om die gebruik van plastiek in Namibië te help verminder.

“Enigiemand wat dit wil hê, kan my kontak. Ander oogartse kan bestellings by my plaas, want saam gaan ons die ding te bowe kom.”

Sy besef hierdie idee is maar ’n druppel in die emmer van veranderinge wat in hierdie bedryf moet plaasvind om ’n groter impak te maak. Maar die belangrikste ding bly steeds om iets te doen om ’n verskil te maak, maak nie saak hoe gering nie.

Plastiek se impak

Wanneer plastiekprodukte afbreek, breek dit in klein mikropartikels af. Indien plastiek in die oseaan beland, dryf dit bo-op. Volgens CNN, wat onlangs ’n insetsel oor die Midway-ringeiland in Amerika uitgesaai het, tree dié partikels soos ’n spons vir ander gifstowwe – soos plaagdoders – op.

Dit breek nie verder af nie. Boonop is sekere stukkies só klein, dit kan selfs die weefselmembraan van visse binnedring.

“Dit is nie net skadelik vir die vis se voortplanting, immuniteit of oorlewing nie, ons eet boonop hierdie visse sonder dat ons weet wat daarmee saam kom,” het CNN berig.

Dit beteken plastiek, ongeag tot watter mate, is deel van ons voedselketting. Boonop gebeur dieselfde met ons waterbronne. Volgens ’n studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) wat in Maart vanjaar gepubliseer is, is mikroplastiek in 90% van gebottelde water gevind.

In ’n berig deur The Guardian oor dié studie, is die hoeveelheid mikroplastiek in gebottelde water twee keer meer as in kraanwater. In 259 bottels uit 19 plekke in nege land en onder 11 handelsname is ’n gemiddeld van 325 partikels per liter water gevind. Die algemeenste soort plastiek wat gevind is, is polipropileen, wat grotendeels gebruik word om botteldoppies mee te maak.

In nog ’n artikel wat The Guardian verlede September gepubliseer het, het 83% van kraanwatermonsters ook plastiekvesel bevat.

Volgens Michelle dui navorsing daarop dat alle waterbronne in die wêreld hierdie vesel bevat.

Die pad vorentoe

’n Plaaslike koerant het verlede week berig nege miljard ton plastiek is wêreldwyd sedert 1950 gelewer, wat sewe miljard ton se afval veroorsaak. Dit het veral maatskappye laat regop sit oor hul bydrae tot die gemors.

Bioplastiek, wat van plante gemaak word, is ’n uitstekende alternatief. Dit is ook meer omgewingsvriendelik en volhoubaar. Groot handelsname soos Coca-Cola, Unilever, Danone en Nestle het begin om van bioplastiekverpakking te gebruik.

“As almal net klein begin en ’n bietjie doen, sal dit reeds ’n groot impak hê,” sê Michelle.

Similar News

 

Parkrun growing in strides

2 days ago - 18 February 2019 | Health

Otis Finck - The weekly free 5 km timed Walvis Bay parkrun celebrated its first year anniversary recently. It was also the 48th...

Cancer registry needs your support

1 week ago - 11 February 2019 | Health

The Cancer Association of Namibia (CAN) administrates the Namibia National Cancer Registry. This registry is a national, population-based, data set of all Namibian citizens diagnosed...

VMMC campaign to increase demand

2 weeks ago - 04 February 2019 | Health

Adolf Kaure - A voluntary medical male circumcision (VMMC) champion day was recently held at block six of the Swakopmund state hospital. The "do it...

CAN gears up for Spray-a-Thon

3 weeks ago - 28 January 2019 | Health

The Cancer Association of Namibia (CAN) has invited all corporate entities and schools to participate in the 2019 national Spray-a-Thon in support of children fighting...

Raising funds for diabetes

2 months ago - 17 December 2018 | Health

Leandrea Louw - A local philanthropist and the founder of the Walvis Bay Science Technology Engineering and Mathematics (Stem) fair for girls, Anastacia de Klerk,...

Pit latrines to be replaced

2 months ago - 26 November 2018 | Health

Adolf Kaure The management committee of the Erongo regional council approved the provision of N$165 000 for the construction of two toilets in the Uis...

Lions roar on World Diabetes Day

3 months ago - 19 November 2018 | Health

The Lions Club commemorated international diabetes day by providing diabetes education and screening services for senior citizens living at old age homes at the coast....

It’s Movember time again

3 months ago - 19 November 2018 | Health

November is “Movember” month with the Cancer Association of Namibia (CAN) focusing on the most prevalent forms of cancer affecting Namibian men. The Movember Movement...

Youth take on sexual reproductive health

3 months ago - 12 November 2018 | Health

Theopolina Shikongo, Coastal High School AfriYan, the United Nations Population Fund (UNFPA) Namibia and Young Achievers hosted a youth conference aimed at educating the youth...

Good hygiene practices lacking

3 months ago - 22 October 2018 | Health

ont face="Times" > Otis Finck - The prevalence of incidents of diarrhoea in Erongo shows that hygiene practices in the region is very low and...

Latest News

Council approves MOU with SDFN

2 days ago - 18 February 2019 | Government

Adolf Kaure - The municipal council has approved a proposed memorandum of understanding (MOU) with the Shack Dwellers Federations of Namibia (SDFN) during its latest...

Child rapist gets 35 years...

2 days ago - 18 February 2019 | Crime

Otis Finck - Dragan Vujicin (68) was sentenced to 35 years direct imprisonment on five counts of rape and four counts of human trafficking involving...

New education director expects better...

2 days ago - 18 February 2019 | Education

Leandrea Louw - The recently appointed regional director of education, Erenfriede Stephanus, assured regional education practitioners that the new leadership is ready to tackle the...

Flamingo awards best athletes ...

2 days ago - 18 February 2019 | Education

Leandrea Louw - Flamingo Primary School recently held its annual interhouse athletics competition.The top performers were Bogani Mvula and Promise Nakuta. The best athletes in...

Grooming future journalists

2 days ago - 18 February 2019 | Education

Leandrea Louw - The Namibia Media Holdings (NMH) youth brand, My Zone, hosted its fourth media camp in Windhoek recently. Seven schools from Walvis Bay...

Body goals

2 days ago - 18 February 2019 | Opinion

The holy bible says that our bodies are the temples of Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care of theirs....

Learner builds quad bike ...

2 days ago - 18 February 2019 | Others

Leandrea Louw - A Grade 7 learner at Narraville Primary School in Walvis Bay built a 230 cc quad bike from secondhand and scrap material...

Parkrun growing in strides

2 days ago - 18 February 2019 | Health

Otis Finck - The weekly free 5 km timed Walvis Bay parkrun celebrated its first year anniversary recently. It was also the 48th...

Face of Namibia expo launched...

2 days ago - 18 February 2019 | Events

Leandrea Louw- The fourth annual Face of Namibia expo is set to take place from 27 to 30 March in front of the Kuisebmond Stadium...

Load More