‘Kajakker’ saam by Windpomp 14

Windpomp 14 Barnyard Camp wil geskiedenis maak met die aanbieding van die eerste kajakvisvangkompetisie op Namibiese bodem sowel as waters.

15 April 2019 | Supplements

Die organiseerders sê ’n ieder en ’n elk is welkom om in te skryf.

“Deelnemers moet net sorg dat hulle op 13 April om 08:00 met enige seevaardige vaartuig wat ‘n kajak naboots, en roeispane by Windpomp 14 opdaag. Daar moet ook twee hengelaars per kajak die wye see invaar op soek na die grootste snoek, elf of leervis, sowel as die grootste steenbras, kabeljou, kolstert, baber en galjoen, ” sê Johan Orffer.

Inskrywingsgeld beloop N$200 per span en diegene wat ’n kajak wil huur, kan so maak teen N$350 vir die dag.



Orffer het verduidelik dat kajakhengelkompetisies ‘n groeiende sport in Suid- Afrika is. Daarom is besluit om op die wa te klim en ook Namibië aan die gang te kry deur dit hier aan te bied.

“Ons besit tans vier kajakke wat vir gebruik gereed is. Klubs van Suid-Afrika gaan besoek kom aflê om vir belangstellendes die sportsoort te leer en dit aan te moedig.”

“Met die kompetisie is daar dus verskeie klubs en hul lede van Suid-Afrika betrokke, sowel as ’n paar Namibiers wat kans sien om dié perd op te saal.”

Verskeie pryse is op die spel en die publiek is ook welkom om te kom kyk hoe die kenners die uitdagings aanpak.

Soos in die verlede sal ’n musiekfees oor die Paasnaweek by Windpomp 14 aangebied word. Vorige geleenthede is in samewerking met borge soos Namibia Breweries Limited en Suid-Afrikaanse kunstenaars gehou.

“Dié jaar gaan ons egter nog groter, met meer plaaslike en van die beste kunstenaars in Namibië. Daar is vyf verskillende kunstenaars en groepe, onder andere Cee-Jay Jacobs, André Havenga, Just Jack, Two Hats en Herman Stadler,” het Jaco Joubert, van Windpomp 14 se bestuur, gesê.

Die vermaak sal op Saterdag 20 April om 13:00 afskop en vir die hele dag duur. Op Sondag 21 April begin die pret om 13:00 en sal voortduur totdat die laaste gaste moeg gedans en gekuier is.

Similar News

 

Experience Africa up close

2 months ago - 15 April 2019 | Supplements

Omaruru Game Lodge is renowned for its diverse and unique wildlife. Situated within a 20 minute drive from Omaruru, it is the perfect place...

‘n Plek waar jy die stilte kan hoor

2 months ago - 15 April 2019 | Supplements

Die geharde kampeerders Oliver en Conny Kayser het 'n plek in die hartjie van die majestueuse Erongo-bergreeks op Conny se ouers se plaas Eileen naby...

Surround yourself with tranquility

2 months ago - 15 April 2019 | Supplements

The establishment, which has been under the watchful eye of Gitta Pretorius for the past nine years, started out with only three rooms and a...

Your home away from home

2 months ago - 15 April 2019 | Supplements

The serene atmosphere immediately calms you upon entering the lodge. Kashana prides itself on the fact that it was awarded as the best...

Kom kuier lekker saam

2 months ago - 15 April 2019 | Supplements

Dié lekkerste familiefees in Henties ondersteun ook hierdie jaar die Namibie Boere Droogtehulp-inisiatief. Die kuierfees begin amptelik op Goeie Vrydag (19 April) met...

For exceptional comfort

2 months ago - 15 April 2019 | Supplements

Tsudisa Ditto !Gonteb established the facility in October 2015 after he retired as the director of planning and development services at the Erongo regional council...

Pickle your own fish for Easter

2 months ago - 15 April 2019 | Supplements

Pickled fish is a quintessential Good Friday food during Easter. Ingredients 1.75 kg Cape salmon, cob, kingklip or any dry white fish 125 ml (½...

Easy hot cross buns

2 months ago - 15 April 2019 | Supplements

The origins of hot cross buns may go back as far as the 12th century. An Anglican monk reportedly baked the buns and marked them...

Empowering local fishermen

2 months ago - 15 April 2019 | Supplements

Members pay a monthly membership fee of N$10 while other anglers pay N$14 per months for recreational fishing permits. The ministry of fisheries and...

Great meals at a good price

2 months ago - 15 April 2019 | Supplements

Dishes are cooked to perfection and served by friendly and efficient personnel. The cosy venue offers a wide variety freshly prepared and...

Latest News

Warmth for learners in winter...

1 day - 14 July 2019 | Local News

Swakopmund - Otis Finck Metropolitan staff members handed over a donation of blankets, hoody tops, hand gloves and beanies to learners of the...

Grooming future journalists

1 day - 14 July 2019 | Education

The My Zone team in charge of the Namibia Media Holdings (NMH) school newspaper project acknowledge the importance of the various school newspaper editorial teams...

Engineers in the making ...

1 day - 14 July 2019 | Education

Karibib Private School (KPS) encourages its learners to take part in the school’s annual bridge building competition. This year it differed significantly from previous years,...

Crowning the fairest of them...

1 day - 14 July 2019 | Events

Walvis Bay • Leandrea Louw Dominique Bouwer was crowned Miss Teen Walvis Bay while Malinda Bam was chosen as Miss Pre-Teen Walvis Bay last week....

Top coastal real estate agents...

1 day - 14 July 2019 | Business

Tienie Mouton; FNB; “The deep recession experienced over the past two years, has put severe strain on the sector.”Swakopmund FNB Namibia recently awarded outstanding performing...

Kavango culture celebrated

1 day - 14 July 2019 | Cultural

Kuisebmond • Otis Finck The first ever Kavango Cultural Festival hosted in the Erongo region attracted a large crowd. The event...

Grumpy's fishing report

1 day - 14 July 2019 | Fishing

Outdoor Centre • Grumpy Gramowski We experienced quite an eventful week of fishing, with a number good catches of galjoen reported in the...

YOUR TIDES

1 day - 14 July 2019 | Fishing

Sunday, 14 July Low 07:56 High 14:19 Low 20:09 High 02:00 Monday, 15 July High...

Defeat leaves bitter taste

1 day - 14 July 2019 | Sports

Walvis Bay • Otis Finck Referee Elic de Wee has been on the receiving end of heavy criticism for a number of decisions and the...

Load More