Henties maak toe weer só

Wind en weer ten spyt, het die Hentiesfees weer vir baie vermaak gesorg.

27 August 2019 | Events

Hentiesbaai - Irene-Mari van der Walt





Die Hentiesfees het weer eens gewys dat dit nog lank sal voortbestaan. Dit ondanks die feit dat feesgangers en die fees behoorlik hul man teen die elemente moes staan.

Die boodskap was duidelik dat niks en niemand ‘n goeie opskop gaan verhoed nie.

Verlede jaar het duurder hengelpermitte en die moontlike wegbly deur besoekers uit Suid-Afrika gedreig om die “fees met gees” in sy peetjie in te stuur. Dié planne is egter laat vaar.

Vanjaar was daar ander uitdagings. Op die openingsdag moes die uitstallers bontstaan teen ‘n sterk wind. Talle televisieskerms wat die fees sou weergee in die tent, moes haastig verwyder word weens die wind se geruk en pluk.

Erge hitte het veroorsaak dat visse wat ingeweeg is sommer dadelik moes koelkas toe. Temperature van 38 grade was aan die orde van die dag.

Vir The Belgian Choclatique was dit ’n ramp. “Dit was heeltemal te warm en ek moes Vrydag oppak omdat my sjokolade, wat in ’n koelkas geberg was, begin smelt het,” het me. Mandie Ellis gesê.

Feesgangers kon darem lafenis vind in die geselskap van top plaaslike kunstenaars soos John Rock Prophet en Vaughn Ahrens. Adam Brandon-Kirby, Ahrens se tromslaner, het gesê hoewel daar Vrydag nie groot getalle bywoners was nie, was dit steeds lekker om musiek te maak.

Die bobaas Suid-Afrikaanse sangers Jezelle, Lizel Pieters en Appel het ook die voete lekker laat jeuk.

Eg Namibies

’n Wye verskeidenheid eg Namibiese produkte, eetgoed en iets koud vir die keel was by die meer as 110 stalletjies te koop.

Die vermaak het afgeskop met ‘n openingsparade deur die strate van Hentiesbaai die Saterdagoggend.

Sportentoesiaste kon fietstry, draf of raakrugby speel terwyl hengelaars dit langs die strand vir die wenprys van N$10 000 vir die grootste vis uitgespook het.

Mnr. Wilson Santos, die president van die motorfietsklub Amigos Da Picada, het gesê vir hom en sy ses makkers wat ‘n rit van 4 700 km uit Angola aangepak het, was die fees beslis die moeite werd. “Die vriendelike mense, goeie kos en atmosfeer is werklik iets uniek om te beleef. Ons het meer as N$20 000 gespandeer om hier te kan wees en is beslis nie spyt nie.”

Vir van die uitstallers was besigheid goed genoeg, veral toe die wind tot bedaring gekom het.

‘n Juwelier, mnr. Willie Krugell, het gesê sy verkope was nie na verwagting nie. “Daar was egter baie meer mense op dag twee en ek is optimisties dat ek tog ’n paar sente sal verdien. Ek gaan beslis volgende jaar weer ’n kans waag en fees toe kom.”

Volgens mnr. Andreas Ullrich van Immenhof Farm Butchery is die fees altyd goed georganiseer. “Ek maak altyd aanspraak op die stalletjie langs die biertent want Bratwurst en bier loop goed saam. Hierdie jaar het ek effens swakker verkoop, maar sodra die wind gaan lê het, was daar lewe.”

Me. Velia Liebenberg, ’n lid van die feeskomitee, het gesê sowat 2 000 mense is deur die feeshekke. “Op dag twee was die tente teen 18:00 sowat 90% vol. Ons gaan volgende jaar niks verander nie. Die borge is tevrede. Ek dink nie dit was anders in vergelyking met verlede jaar nie. Die atmosfeer bly dieselfde en dit is wat die Hentiesfees so bekend maak.”

Similar News

 

Big screen comes to SRT’s aid

1 hour ago | Events

Swakopmund • [email protected] Scientific Society Swakopmund and Save the Rhino Trust screen the award-winning drama Baxu and the Giants on March 3 at 18:00. Entrance...

Swakopmund hosts municipal games

4 days ago - 24 February 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] More than 200 staff members gathered for a fun-filled edition of the Swakopmund municipality in-house games at the Vineta Sports Field...

Swimming for charity

4 days ago - 23 February 2020 | Events

Walvis Bay • [email protected] Twenty-eight swimmers braved the cold Atlantic ocean by swimming from the Walvis Bay lighthouse to the Swakopmund lighthouse on...

Vir vroue, deur vroue

1 week ago - 19 February 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Met vrouebemagtigingsvegters die wêreld oor op ’n missie, het Beatrice Schultz besluit om haar deel vir dié beweging te doen. Dus...

Face of Namibia om die draai

3 weeks ago - 04 February 2020 | Events

Walvisbaai • [email protected] Hierdie jaar se Face of Namibia-ekspo vind vanaf 31 Maart tot 5 April voor die Kuisebmond-stadion plaas. Dit is die vyfde skou...

Geologist makes her mark

4 weeks ago - 31 January 2020 | Events

Doctor Vickey Do Cabo discusses the unusual ride that life took her on during a talk which forms part of the Scientific Society of Swakopmund’s...

Innovasie dryf toerisme skou

1 month - 28 January 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] word tans gemaak vir die Namibië Toerisme Ekspo (NTE), met inligtingsessies wat in uitgesoeke dorpe reg oor die land gehou word.Die NTE...

Groenewald wins scavenger hunt

1 month - 27 January 2020 | Events

Walvis Bay • [email protected] Robert Groenewald won the first scavenger hunt which took place at Dunes Mall. He emerged victorious after collecting 76 points....

Onderwys is die ruggraat van die samelewing ...

1 month - 21 January 2020 | Events

Swakopmund • [email protected] Die tema van Saterdag se maatskaplike verantwoordelikheidsdag aangebied deur Welwitschia Music Production (WMP) was “Wees jouself vir Namibië”. Hande is uitgereik by...

Amoré is Mej. Touchies

1 month - 31 December 2019 | Events

Hentiesbaai Amoré van Schalkwyk het die gesogte Mej. Touchies 2019 titel Donderdag in Hentiesbaai gewen. Die 20-jarige Van Schalkwyk het...

Latest News

Elephant comfortably ‘settled in’

1 hour ago | Local News

Swakopmund • [email protected] elephant at Rössmund is a unique attraction, but at the same time golf course management hope the pachyderm will move on.“This is...

Brand saai verwoesting

1 hour ago | Disasters

Hentiesbaai • [email protected] ’n Gedeelte van ’n huis op Hentiesbaai is deur ’n brand verwoes.’n Motorhuis wat omskep is in ’n leefarea waarin Briggite Gertze...

Pastor charged with kidnapping granted...

1 day - 27 February 2020 | Crime

Walvis Bay • [email protected] Pastor Marvin Damaseb allegedly took a girl who is believed to be 13-years old, without her mother’s consent from a primary...

Prayers continue for missing captain...

1 day - 27 February 2020 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The wife of missing Resplendent captain Carlo Gordon says she wants answers to understand what happened to her husband...

Samherji explains retrenchments

1 day - 27 February 2020 | Fishing

Walvis Bay • [email protected] The workers on the Geysir currently fishing in Mauritania, are the only ones to keep their jobs while the rest...

Art therapy awareness

1 day - 27 February 2020 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Art Stop Swakopmund hosted art therapist Jan Joubert for a session on art therapy, which involves the use of creative techniques...

Coronavirus impacts trade

1 day - 27 February 2020 | International

Swakopmund • [email protected] Over 50 delegates from member states are in Swakopmund for the Southern African Customs Union (SACU) meeting of senior trade officials.The...

Tennis triumph

1 day - 27 February 2020 | Sports

Swakopmund The Namibia Tennis Association (NTA) hosted their first tournament of the year at the municipal tennis courts in Vineta and at the Swakopmund Mole...

Tweya lashes out against policies...

2 days ago - 26 February 2020 | Government

Walvis Bay • [email protected] The minister of trade, SME development and industrialisation Tjekro Tweya lashed out against officials who he accuses of holding...

Load More