Heffings op plastieksakke help

Geld gegenereer uit die heffings op ­plastieksakke by 'n Hentiesbaai-winkel word goed aangewend.

30 June 2019 | Environment

Daleen Agenbach; Spar Hentiesbaai; Die woestyn is verskriklik besaai met rommel . . .

Hentiesbaai • Otis Finck



Spar Hentiesbaai het onlangs N$15 000 aan vyf gemeen-skapsprojekte op die kusdorp geskenk.

Die Spar Woestynskoonmaak-inisiatief het N$5 000 ontvang, en die Omdel-sopkombuis en Ouetehuis-sentrum N$4 000 elk. Die Erongo Crime Prevention-groep en die Namibiese Marshall Rangers het elk N$1 000 gekry.

Die geld is ingesamel uit die N$1-heffing op plastieksakke wat sedert die begin van die jaar ingestel is. “Dit is 'n po­ging van Spar Hentiesbaai om met die verkope van plastiek-inkopiesakke geld in die gemeenskap terug te ploeg. Ons hoop om 'n merkbare verskil op die dorp te maak,” het me. Daleen Agenbag van Spar Hentiesbaai gesê.

Die Omdel-sopkombuis is 13 jaar gelede deur mnr. Kooitjie Potgieter en pastoor Reinhardt Nowaseb begin. Sowat 70 kinders word twee keer elke weeks­dag van kos voorsien. Die projek het ook werk geskep vir twee vroue wat daagliks die kos voorberei.

Die Marshall Rangers en Erongo Crime Prevention is groepe wat patrollies doen en 'n wakende oog oor die inwoners hou. Lede is ook behulpsaam wat gemeenskapsake betref.

Volgens Agenbag ondersteun Spar Hentiesbaai gereeld verskillende projekte. Hul hoofdoel is om die woestyn skoon te maak. “Ons het Projek Spar Woestynskoonmaak begin en hoop om die gemeenskap betrokke te kry. Die eerste skoonmaak-aksie word vir 13 Julie beplan. Die woestyn is verskriklik besaai met rommel en iemand moet iewers begin om dit te verwyder, anders stuur ons op 'n ramp af. Spar Hentiesbaai gaan plastiekvullissakke en water verskaf. Almal is wekom om deel te wees van die inisiatief.”

Die plan is om oor 'n tydperk die omgewing aangrensend tot die nuwe teerpad vanaf die asgate tot by die rivierloop skoon te maak.

Agenbag het gesê daar is beslis 'n merkbare afname in die gebruik van plastieksakke by die winkel sedert die heffing ingestel is.

“Die mense werk werklik saam en daar kan maar net gewonder word wat ander winkels met die geld maak wat hulle verhaal deur die verkoop van plastiek-inkopiesakke."

SuperSpar Swakopmund het vroeër vanjaar meer as N$65 000 wat op dieselfde wyse gegenereer is, aan drie ouetehuise op die dorp en die Namibië Boere Droogtehulpfonds geskenk.

Die kabinet het die hef-fings op die gebruik van plastiekdrasakke in Augustus 2018 goedgekeur.

Die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Engel Nawatiseb, het gesê 100% van die inkomste uit die heffings gaan na die Omgewingsbeleggingsfonds vir herbelegging in afvalbestuurspraktyke.

Similar News

 

Getting the town clean

3 weeks ago - 21 September 2019 | Environment

Swakopmund · Adolf Kaure Residents of all ages took take part in the national clean-up campaign today in various areas of Swakopmund.Participants were divided...

Fewer birds counted

2 months ago - 28 July 2019 | Environment

Iréne-Mari van der Walt Another edition of the Walvis Bay winter bird count was conducted recently with 40 volunteers braving the elements to partake...

Working towards a cleaner Namibia

2 months ago - 28 July 2019 | Environment

Walvis Bay • Leandrea Louw The National Solid Waste Management Advisory Panel held a meeting in Walvis Bay to discuss the proposed establishment...

Noem-Noem groet

3 months ago - 07 July 2019 | Environment

Irene-Mari van der Walt ’n Groep inwoners van Omaruru het hulle misnoë uitgespreek oor die afkap van hulle geliefde “Noem-Noem”. Een van die...

Cleanest town battle heats up

4 months ago - 02 June 2019 | Environment

Walvis Bay - Leandrea Louw The harbour town Walvis Bay is one of four finalists in the Namibia Media Holdings (NMH) Cleanest Town of the...

Twalaloka residents not impressed with mobile toilets

6 months ago - 01 April 2019 | Environment

Kuisebmond - Leandrea Louw - The approximately 2 000 residents of the Twalaloka settlement in Kuisebmond are unhappy about the fact that they have to...

A cleaner town, a cleaner Namibia

6 months ago - 25 March 2019 | Environment

Ondangwa, Oranjemund, Swakopmund and Walvis Bay are the four finalists out of 21 towns in the competition to become ‘Cleaner Towns of the Year’, launched...

World Wetlands Day celebrated

8 months ago - 11 February 2019 | Environment

Leandrea Louw - Walvis Bay Private High School was crowned the winner of the World Wetlands annual quiz competition at the coast. This year’s theme...

Holiday makers bag their trash

8 months ago - 28 January 2019 | Environment

SUBBED Otis Finck - The amount of garbage collected from beach areas between Walvis Bay and Swakopmund over the festive season has declined...

POSTIT FOTO

10 months ago - 17 December 2018 | Environment

subbedSwakop spog met dam vir Kersfees. Foto Verskaf

Latest News

Around the wicket

1 day - 16 October 2019 | Sports

The Namibia FNB Kwata Cricket Fun day took place at the Cricket Oval in Walvis Bay last Saturday. The fun day saw more than 270...

Science Week off to a...

1 day - 16 October 2019 | Science

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt The Scientific Society Swakopmund celebrates Science Week with a film festival from 14 to 18 October.The...

Meer as ’n Mercedes

1 day - 16 October 2019 | Motors

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt M + Z Motors Swakopmund het onlangs ’n opedag gehou waar Jan Alleman die kans gekry...

Nuwe komitee vir Narraville se...

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Walvisbaai • Leandrea Louw Inwoners van Narraville het onlangs 'n komitee aangewys as verteenwoordigende spreekbuis van die gemeenskap wat betref kwessies, uitdagings en ontwikkeling...

Nog 'n hupstoot vir kankervereniging

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Swakopmund • Leandrea Louw Die Erongo-tak van die Kankerver­eniging van Namibië (CAN) het Saterdag sy grootste, jaarlikse geldinsamelingsveldtog, die Hats and Roses-geleentheid, op Swakopmund...

Vloot vier 15 jaar

2 days ago - 15 October 2019 | Events

Die Namibiese vloot het op 7 Oktober sy 15de bestaansjaar gevier en Saterdag 'n ope dag as deel van die feesvieringe gehou. Om die verrigtinge...

NamGreenWood help herwin

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

Swakopmund • Adolf KaureDie Swakopmund-munisipaliteit het tydens sy maandelikse agendavergadering NamGreenWood Ent CC toestemming gegee om herwinbare materiaal van die Swakopmund-stortingsterrein te verwyder. NamGreenWood het...

N$120 miljoen. se

2 days ago - 15 October 2019 | Energy

Arandis • Adolf KaureVisepresident Nangolo Mbumba het onlangs Sertum Ener­gy Namibia se N$120 miljoen-sonkragaanleg by Orano se Trekkopje-myn ingewy. Die 5 megawatt- fotovoltaïese aanleg lê...

Tjivikua at the helm

2 days ago - 15 October 2019 | Local News

The Walvis Bay Corridor Group (WBCG) has welcomed its new chief executive officer, Mbahupu Tjivikua, who joined the team on 1 October. Tjivikua has rejoined...

Load More