Groot oorname by sakesentrum

19 August 2018 | Supplements

In een van die grootste saketransaksies in jare op Hentiesbaai het Magic Discounters van Hentiesbaai van eienaars verwissel. Die nuwe eienaars het reeds oorgeneem met sake wat normaal voortgesit word.

Magic Discounters se gevestigde sakebelange langs die kus was op Walvisbaai, Swakopmund en Hentiesbaai. Die oorname geld nie die takke op Walvisbaai en Swakopmund nie. Op Hentiesbaai sal Magic Discounters wel nou bekend wees as Magic Discounters Hentiesbaai.

Die oorname op Hentiesbaai is deur die Agenbaggroep met die inkoopsentrrum Hentiesbaai Spar as sy kernbedryf. Die sentrum word omring deur neswinkels en beskik ook oor ‘n groot parkeerterrein. Magic Discounters is naby die Spar-kompleks wat reeds vir baie toeriste en Hentiesbaaiers ‘n eenstop-inkoopsentrum is.

Die transaksie is deur Daleen Agenbag van Hentiesbaai Spar bevestig. Die bestuur van Magic Discounters is reeds deur Johan Agenbag en die egpaar se seun, Karel, oorgeneem. In die selfdienwinkel Spar sal Daleen en Corné Agenbag sake soos altyd voortsit. Op Johan en Karel wag die nuwe uitdaging net ‘n paar tree se stap van die bestaande Spar-sentrum.

Besonderhede van die bedrag wat by die oorname betrokke is, is nie verstrek nie.

Daleen Agenbag het met haar bevestiging van die transaksie gesê eintlik bly alles dieselfde by Magic Discounters.. Rakpryse verander nie. Sedert die oorname op 1 Augustus was daar wel ‘n herrangskikking binne Magic Discounters.

Die groot winkel is ‘n verskaffer van hardeware, speelgoedreekse, skryfbehoeftes, skoonmaakmiddels en kombuistoerusting. Volgens Daleen Agenbag is Magic Discounters veral bekend vir skoonmaakmiddels.

Similar News

 

Ekspo is ‘n voorproe

7 months ago - 19 August 2018 | Supplements

Die ontwikkelingsgeleenthede wat Hentiesbaai bied, gaan die wagwoord wees tydens die Hentiesbaai Ekspo wat van 23 tot 25 Augustus as aanloop tot die Hentiesfees...

Les dors met Henties se eie bier

7 months ago - 19 August 2018 | Supplements

Hentiesbaai se eie bier gaan tydens die fees getap of bottelgewys verkoop word. Dis ‘n produk van Skeleton Coast Breweries en tot verlede jaar in...

Een kaartjie rek die dollar

7 months ago - 19 August 2018 | Supplements

‘n Enkele kaartjie vir die twee dae van die Hentiesfees is ‘n winskopie vir volwassenes en kinders. So ‘n allesomvattende kaartjie kos N$200 vir volwassenes...

Diere kom kinders vermaak

7 months ago - 19 August 2018 | Supplements

‘n Haas, ‘ n verkleurmannetjie en ‘n mier is die karakters wat Saterdag die verbeelding van kinders gaan aangryp in drie poppekasvertonings wat by die...

Slangboer bring sy maats fees toe

7 months ago - 19 August 2018 | Supplements

Dertien slange, waaronder van die giftigste in Afrika, gaan aan die Hentiesfees deelneem. Moenie skrik nie, sê Sean Naudé, ‘n Windhoeker wat met die reptiele...

Juanita se Ruan Josh kom ook

7 months ago - 19 August 2018 | Supplements

Ruan Josh se album Eggo is in 2017 uitgereik en het wyd lof van resensente gekry en was landwyd gewild op radiostasies. Hy het...

Charlize tuis in elke huis

7 months ago - 19 August 2018 | Supplements

Charlize Berg het haar groot deurbraak in die vermaaklikheidsbedryf in 2017 gemaak toe haar album As jy weet dis liefde as Suid-Afrika se Beste Pop...

Joe se Volgende Stap

7 months ago - 19 August 2018 | Supplements

Vir Joe Foster is die Hentiesfees ‘n volgende stap op sy pasvrygestelde album Volgende stap. Volgende stap bevat vorige treffers soos Vrede maak en...

Sexy Vi My

7 months ago - 19 August 2018 | Supplements

Dirk van der Westhuizen (Sexy Vi My) sê hy skryf graag liedjies wat met die hart praat. Sexy Vi My is die titelsnit van sy...

Franja du Plessis

7 months ago - 19 August 2018 | Supplements

Franja du Plessis is die dogter van die beroemde Juanita en Doepie du Plessis. Sy het die musiekbedryf in 2016 soos ‘n bom getref met...

Latest News

Rosewood transporters are not criminals...

9 hours ago | Agriculture

Swakopmund • Otis Finck A Namibian trucker who is in the business of transporting Rosewood says Namibians are confused about the practise and have little...

InDesign training for learners ...

9 hours ago | Education

Leandrea Louw - Approximately 40 learners from Walvis Bay and Swakopmund who are part of the Namibia Media Holdings (NMH) school newspaper project received InDesign...

Boost for school gardening projects...

9 hours ago | Education

The municipality of Walvis Bay through its Environmental Fund (EF) donated N$ 70 000 to government schools across town for the development of school gardening...

TALK

9 hours ago | Opinion

Karl Philander - Humans have proven over the years that we are capable of anything and everything we put our minds to. Humans are told...

A cleaner town, a cleaner...

9 hours ago | Environment

Ondangwa, Oranjemund, Swakopmund and Walvis Bay are the four finalists out of 21 towns in the competition to become ‘Cleaner Towns of the Year’, launched...

#KeepMeSafe plan launched

9 hours ago | Local News

Leandrea LouwThe Namibian Police (Nampol) in collaboration with the United Nations International ­Children's Fund (UNICEF) and the ministry of education, arts and culture launched...

Black Fish releases second album

9 hours ago | Art and Entertainment

Adolf Kaure - Andreas Andreas (25), known as Black Fish, released his second album, titled Ondjodhi, recently.Ondjodhi is an Oshiwambo word which means “dream”....

Plans in the pipeline to...

9 hours ago | Fishing

Those who are either facilitating or participating in incidences of illegal, unreported and unregulated (IUU) fishing, particularly along our northern maritime borders with Angola, will...

Readiness of Walvis Bay gateway...

9 hours ago | Infrastructure

A study with the primary objective of determining Namport’s operational readiness in view of the new container terminal to be commissioned later this year is...

Load More