Deur God geseën

’n Ma se besluit om haar dogter van kleins af te leer om vir ander om te gee, ongeag hul agtergrond, het al talle families oraloor die land gehelp.

21 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel



Nadat ’n ma self ervaar het hoe vinnig babas uit hul klere groei, kon sy nie help om te wonder hoe behoeftige ouers dié uitgawe bekostig nie.

“Ek het met die idee vorendag gekom dat behoeftige families ’n boks van hulle kinders se klere wat te klein is, vir my gee in ruil vir ’n boks met klere wat hulle sal pas,” vertel Ilanza Klein van die Azaria - Restoring Faith-gemeenskapsprojek.

Die projek is vroeg in 2016 begin. “Azaria beteken ‘geseën deur God’ of ‘God het gehelp’,” verduidelik sy en voeg by dat dit ook haar dogter se tweede naam is. “Ek het besluit om haar van ’n jong ouderdom af te leer om vir ander mense om te gee, maak nie saak wat hulle agtergrond is nie.”

Die grootoog-kleuter het vanjaar haar ma begin help met aflewerings na die gemeenskap. “Dit is ook deel van haar vereistes om aan skoonheidskompetisies deel te neem, waar liefdadigheidswerk ’n baie groot rol speel.”

Hoewel Ilanza nie kan sê hoeveel bokse al deur haar hande is nie, kan sy met sekerheid sê dat die bokse al oral in die land afgelewer is.

“Van die kus tot Windhoek tot die Noorde, dan weer terug na die Suide is al gehelp. Ons bokse reis deur die hele Namibië en ek sou jok as ek sê ek tel hoeveel families ons al gehelp het. Wat ek wel kan sê, is dat ons aanhou groei,” vertel sy.

Behoefte neem toe

Haar sosialemediablad groei maandeliks en die versoeke raak al hoe meer. “Ek moes begin het om administrateurs op Facebook aan te stel wat in verskillende dorpe bly om met die navrae te help, want ek kan nie voorbly nie,” sê Ilanza.

Sy het wel besef as ’n gemeenskap kan almal mooi saamwerk as die wil daar is.

Met hierdie soort liefdadigheidswerk is jou oë wawyd oop vir hoe groot die nood in die land is. “Hierdeur leer ek dankbaarheid. Ek wil ook graag Namibiërs wat in die posisie is om te kan help, wys hoe groot die nood onder ons eie mense is. Ons sien altyd net die stories van die behoeftiges in ons buurlande, maar vergeet in ons land lyk dit ewe droewig en hartseer. Ons vergeet om rondom ons te kyk.”

Volgens haar begin ‘n mens klein. “Wees bewus van die maats by die skool waar jou kinders skoolgaan, stuur ’n ekstra toebroodjie saam vir ’n maatjie wat dalk nie een het nie.”

Illanza is trots op haar mede-Namibiërs wanneer daar om hulp gevra word. “Dit is asof mense wat al self swaar gekry het, die meeste wil gee en help.”

En wanneer die publiek hul harte en beursies oopmaak, leer sy dat ons tog in moeilike tye kan saamstaan, ongeag velkleur, en dit is vir haar wonderlik om te beleef.

Trane sluk

Sy moes wel leer om nie emosioneel betrokke te raak by die mense wat sy help nie, anders het sy al lankal tou opgegooi. “Die familie moet nooit in ’n ongemaklike posisie geplaas word nie en dan moet jy maar jou emosies sluk.”

Sy word gereeld gekonfronteer met stories van verkragting van jong kinders en kinders wat weggeneem is van hulle ouers, asook die ekonomiese krisis wat sy tol op baie Namibiërs eis. “Ons versoeke op sosiale media het die afgelope jaar verdubbel. Dit strek oor verskeie rassegroepe en uiteenlopende ekonomiese agtergronde,” sê sy.

Maar van al hierdie versoeke, bly ‘n spesifieke een klou. “Ons is genader om hulp vir ’n seuntjie, en ons het donasies soos kos en klere aan hom geskenk. Hy is ongelukkig ’n paar dae later weens sy beserings oorlede,” vertel sy hartseer.

Dit is juis hoekom sy die gemeenskap aanhoudend op haar sosialemediablad aanmoeding om nooit stil te bly oor kindermishandeling nie. “Ons is die stem van die weerloses. Die onskuldige kinders ly altyd daaronder weens onverantwoordelike volwassenes.”

Tussen al hierdie seer bly dit lekker om te weet sy maak ’n verskil in baie families te lewe. “Dis ’n bietjie meer hoop en nuwe moed wat ons onder mekaar skep,” sê sy.

Volgens haar kan diegene wat skenkings ontvang, met nuwe moed na die lewe kyk nadat hulle na daaraan was om op te gee.

Sy is dankbaar vir die families wat haar weer kontak sodra dit met hulle beter gaan. “Ek het kontak met meeste van die families, in goeie en slegte tye, en dit gee natuurlik nuwe moed as ek hoor dit gaan weer bietjie beter met hulle.”

Ilanza put inspirasie daaruit om maniere te vind om haar passie en doelwitte te verbind. “Dit is wanneer jou hart en siel tegelykertyd saamwerk en jou inspireer en aanspoor om aksie te neem.”

Indien jy wil betrokke raak of ’n behoefte het, kan Ilanza via haar Facebook-blad gekontak word.

Similar News

 

Purpose driven beauties

1 week ago - 11 August 2019 | People

Walvis Bay Leandrea Louw The reigning Miss Teen Walvis Bay, Dominique Bouwer, and the first ever Miss Pre-Teen Walvis Bay, Malinda Bam, discussed...

Alles wat mooi is

2 weeks ago - 04 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel As die ekonomie begin knyp, dan doen jy wat jy kan om ’n ekstra geldjie te verdien. Só het dit gebeur...

The heart of a champion

3 weeks ago - 28 July 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure At the tender age of 15, Delano Müller has conquered the world of martial arts. Müller, who is currently a...

The art of making real life baby dolls

1 month - 07 July 2019 | People

Walvis Bay Leandrea Louw Humankind never ceases to amaze when it comes to innovation, with the latest creation being real life baby dolls. Magdel...

Graduate shares her story

2 months ago - 26 May 2019 | People

Walvis Bay - Leandrea Louw Chloé Paulse (25), a graduate of the University of Namibia (Unam) medical school, grew up in the salty and...

Ouma Magrita a mother of many

3 months ago - 06 May 2019 | People

Otis Finck - Swakopmund The secret to a long life is having respect for your elders.Ouma Magrita “Mamas” Haoses, who is turning 103 year old...

Getting to know Miss Walvis Bay

3 months ago - 29 April 2019 | People

Walvis Bay - Leandrea Louw Julia Kandjimbi (21), a final year fashion student at the College of the Arts, is the reigning Miss Walvis...

The gentleman netball coach

4 months ago - 15 April 2019 | People

WALVIS BAY - Adolf Kaure Adolf Kaure - Bobsey Kanku Musambani whose coaching has transformed netball at the coast since his introduction to the...

Taking rhythmic gymnastics to new heights

5 months ago - 25 February 2019 | People

Leandrea Louw - Former gymnast, now coach and rhythmic gymnastics club owner Britt Adonis (34) aspires to be Namibia’s first gymnastics judge at the Olympics.Adonis...

Not a pie in the sky

6 months ago - 11 February 2019 | People

Otis Finck - Uwe and Henrietta “Hetta” Bachmann established Artisan Bread Bakery and Coffee shop in 2011. Uwe hails from Swakopmund and formerly worked in...

Latest News

Raak liries oor 'Suidwes'

1 day - 19 August 2019 | Supplements

Die vyftiental Suid-Afrikaanse ­musikante wat die verhoog gaan deel by hierdie jaar se Hentiesfees, sluit onder andere die sangeres Jezelle, bekend vir haar liedjie “Suidwes”,...

Henties Bay is where /Honeb's...

1 day - 19 August 2019 | Supplements

There is much more to Henties Bay than it simply being known as fishing haven, holiday resort and a retirement village, says the mayor of...

Feesprogram

1 day - 19 August 2019 | Supplements

Vrydag 23 Augustus 2019 09:00 Hekke open ...

TOURIST ATTRACTION

1 day - 19 August 2019 | Supplements

Many fishing trawlers have sunk off the Henties Bay coast, but very few wrecks are still ­visible today because of the onslaught of the elements....

'Jive' saam met Jo

1 day - 19 August 2019 | Supplements

Jo Nichol (38) is 'n man van vele talente. Hy tree nie net as musikant en seremoniemeester by vanjaar se Hentiesfees op nie, maar sorg...

Lus vir iets Anders?

1 day - 19 August 2019 | Supplements

Wynand en Lindi Delport het aan die einde van 2007 in die huwelik getree en die jaar daarna saam begin musiek maak as die duo...

Vaughn vier saam Hentiesfees

1 day - 19 August 2019 | Supplements

Die Namibiese sanger, kitaarspeler en liedjieskrywer Vaughn Ahrens is geen vreemdeling by die Hentiesfees nie. Vanjaar sluit twee nuwe gesigte by hom op die verhoog...

DIE GALG WAG

1 day - 19 August 2019 | Supplements

Besoekers aan vanjaar se Hentiesfees wat nog nie 'n draai by Die Galg gemaak het nie, kan gerus gaan kyk. Die Galg is berug oor...

Mini-reünie op Hentiesbaai

1 day - 19 August 2019 | Supplements

Caroline Grace sal by vanjaar se Hentiesfees weer eens die verhoog met Fatman deel - nes hulle gemaak het in die finale ronde van The...

Load More