Alles wat mooi is

Wat begin het as ’n bron van ekstra inkomste, is nou ’n volwaardige besigheid.

04 August 2019 | People

“As iemand iets goeds of mooi vir jou gedoen het, is die mooiste manier om dankie te sê om dit weer vir die volgende persoon te doen.” Monica Rossouw, Entrepreneur

Windhoek • Yolanda Nel

As die ekonomie begin knyp, dan doen jy wat jy kan om ’n ekstra geldjie te verdien.

Só het dit gebeur dat ‘n plaaslike vrou nou ’n groeiende besigheid het.

Monica Rossouw en haar familie het drie jaar gelede hul eie besigheid op die platteland gehad, maar met die droogte en die moeilike ekonomiese toestande, moes hulle ander opsies begin oorweeg om ’n ekstra inkomste te verdien.

“Ek het ’n vrou van Pretoria ontmoet wat die mooiste hout fotorame maak wat baba’s se geboorte-inligting bevat - van hoeveel die kleintjie weeg en hoe lank hy of sy is, tot die tyd wat hulle gebore is,” vertel Monica.

Sy het vir haar twee seuns elk ’n raam laat maak en het gedink dat ander Namibiërs dalk ook in hierdie soort produkte sou belang stel. Sy het bestellings begin neem en die produkte van Suid-Afrika laat invoer “en so het Mooi-Mooi begin”.

Die naam Mooi-Mooi spruit uit hoe sy haar seuntjies aanmoedig as hulle iets goeds doen. “Dis waar my storie begin het. Ek verkoop tot vandag toe nog daardie selfde vrou se fotorame.”

Groei

’n Jaar en ’n half later het Mooi Mooi uit sy nate begin bars.

Benewens die feit dat hulle intussen talle ander verskaffers se dienste ook ingewin het, het hulle twee masjiene aangeskaf om hul eie houtprodukte te begin maak.

“Ons het besef dat die wagtyd vir van die kliënte te lank was en daarom het ons besluit om ook met ons eie produkte vorendag te kom,” vertel sy.

En sy is nie spyt nie.

Die familie glo die engeltjies het goed na hulle omgesien. “Twee jaar gelede het ons die besigheid op die platteland toegemaak en ek was dankbaar om vinnig weer in Windhoek werk te kry,” vertel sy. Mooi-Mooi was toe nog net ’n ekstra inkomste wat sy nauurs bedryf het. Dit was eers toe haar man verlede jaar sy werk verloor het, dat hulle besluit het hy kan haar met die houtwerk help. “Nou is dit meer as ’n jaar en ’n half later en hy is nog steeds voltyds betrokke terwyl ek moet werk toe gaan,” sê sy met ’n glimlag.

Hulle spog ook nou met ’n klein werkswinkel by die Ferreira’s-kwekery in Windhoek.

Vir Monica is verskeidenheid baie belangrik en bied hulle dus baie produkte aan, wat alles van blikke, plekmatjies, koekie- en beskuithouers tot muurhorlosies, skinkborde, krale, oorbelle en ander bykomstighede insluit.

Hulle “juffrou”-sakke is ook baie gewild.

Daarmee saam is hulle ’n agent vir Ugears, wat houtmodelle verkoop wat jyself aanmekaar kan sit, wat ure se genot veral vir die ouer garde verskaf. “Ons verpersoonlik ook ons produkte en maak dae soos Valentynsdag, Moedersdag, Vadersdag en Kersfees ekstra spesiaal,” sê sy.

Volgens Monica probeer sy haar kliënte nuuskierig hou en is sy gereeld besig om met nuwe idees vorendag te kom.

Inspirasie

Sy put inspirasie uit ’n verskeidenheid internet-bronne.

“Partykeer is dit so besig ons kan nie op nuwe produkte fokus nie. Maar sodra die stof gaan lê, dan begin ons rondspeel.”

Die lekkerste deel van haar werk is wanneer mense dit wat hulle skep, waardeer. “Of as iemand na ons toe kom met ’n idee van wat hulle wil hê, ons dit maak en dit hulle verwagtinge oortref,” sê sy opgewonde.

Monica word geïnspireer deur mense wat bo hul omstandighede uitstyg om iets te bereik. “Mense wat nie sit en wag vir die lewe om met hulle te gebeur nie, maar opstaan en iets doen,” vertel sy.

Sy is ’n voorstander van “paying it forward”.

“As iemand iets goeds of moois vir jou gedoen het, is die mooiste manier om dankie te sê om dit weer vir die volgende persoon te doen.”

Die Rossouws het nog groot drome in die pyplyn.

“As dit realiseer, kan ons weer bietjie asem skep en dinge kan hopelik bietjie rustiger gaan.”

Van dié planne sluit in om meer op die aanlyn winkel te fokus. En vir die produkte wat hulle nie self maak nie, soek hulle beslis spasie om ekstra voorraad aan te hou. “Ons wil beslis groei, hopelik binne die volgende twee jaar. Ons het Mooi-Mooi gebou van niks tot iets; dit kan net beter gaan.”

Hou hulle Facebook-blad dop vir nuwe idees en kyk uit, hulle is binnekort by ’n mark naby jou.

Similar News

 

Matheus to launch CBK Safari line

1 month - 28 October 2019 | People

Swakopmund • Adolf Kaure Kaino Ipuleni Matheus (29), aka Kim, is taking the local fashion industry by storm. Kim is the creative executive at...

Onderburgemeester nou lid van Rotariërs

2 months ago - 27 September 2019 | People

Swakopmund • Iréne-Mari van der Walt Die onderburgemeester van Swakopmund, Maria Elago, is hierdie week as ‘n lid van die Rotariërsklub Swakopmund ingehuldig.“Die doel...

Purpose driven beauties

3 months ago - 11 August 2019 | People

Walvis Bay Leandrea Louw The reigning Miss Teen Walvis Bay, Dominique Bouwer, and the first ever Miss Pre-Teen Walvis Bay, Malinda Bam, discussed...

The heart of a champion

4 months ago - 28 July 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure At the tender age of 15, Delano Müller has conquered the world of martial arts. Müller, who is currently a...

Deur God geseën

4 months ago - 21 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Nadat ’n ma self ervaar het hoe vinnig babas uit hul klere groei, kon sy nie help om te wonder...

The art of making real life baby dolls

5 months ago - 07 July 2019 | People

Walvis Bay Leandrea Louw Humankind never ceases to amaze when it comes to innovation, with the latest creation being real life baby dolls. Magdel...

Graduate shares her story

6 months ago - 26 May 2019 | People

Walvis Bay - Leandrea Louw Chloé Paulse (25), a graduate of the University of Namibia (Unam) medical school, grew up in the salty and...

Ouma Magrita a mother of many

7 months ago - 06 May 2019 | People

Otis Finck - Swakopmund The secret to a long life is having respect for your elders.Ouma Magrita “Mamas” Haoses, who is turning 103 year old...

Getting to know Miss Walvis Bay

7 months ago - 29 April 2019 | People

Walvis Bay - Leandrea Louw Julia Kandjimbi (21), a final year fashion student at the College of the Arts, is the reigning Miss Walvis...

The gentleman netball coach

7 months ago - 15 April 2019 | People

WALVIS BAY - Adolf Kaure Adolf Kaure - Bobsey Kanku Musambani whose coaching has transformed netball at the coast since his introduction to the...

Latest News

Search for drowned boy continues

2 days ago - 08 December 2019 | Local News

Henties BayA drowning incident involving an eleven year old boy Prince Samuel Pietersen was reported to the police yesterday in Henties Bay. According to the...

Desert Dash delivers once more...

2 days ago - 07 December 2019 | Sports

Swakopmund · [email protected] Nedbank Desert Dash competitors competed in various categories such as the solo (men’s and women), mixed two, four as well as four...

Headmaster arrested for corruption

4 days ago - 05 December 2019 | Crime

Swakopmund A 39-year old former headmaster of Vrede Rede Primary School, Lizette Hedwig Fisher-Lucas, was arrested on a charge of theft after she allegedly misused...

Danie van Antwerpen and Pikkie...

5 days ago - 05 December 2019 | Sports

The 54 players that competed in the Namib Mills better ball competition was the biggest field for many a month and what a good day...

Wêreldvigsdag herdenk

5 days ago - 05 December 2019 | Health

Walvisbaai • [email protected] Walvisbaai se munisipaliteit het Vrydag saam met die res van die wêreld, Wêreldvigsdag herdenk onder die tema “Gemeenskappe maak die verskil”.Tydens...

Fuel prices unchanged

6 days ago - 04 December 2019 | Energy

Fuel pump prices in Walvis Bay for 95 Octane Unleaded Petrol amount to N$ 13.05 per liter and that of Diesel 50 ppm is N$...

Fishermen protest against ‘fishrot’ accused

6 days ago - 03 December 2019 | Crime

Walvis Bay · [email protected] Approximately 300 fishermen held a peaceful demonstration outside the Kuisebmond Stadium in Walvis Bay earlier today.The fishermen, who are all unemployed...

Strawberry Fields Forever!

1 week ago - 03 December 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] Strawberry Fields Vocal Training Academy hosted a show to commemorate the past year on Saturday evening. “The evening was just for...

Youth stand against femicide

1 week ago - 03 December 2019 | Local News

Walvis Bay • [email protected] The Youth Against Femicide (YAF) movement operating with the backing of Dipogenic Media, are in the process of hosting...

Load More