SMS’e

28 January 2019 | Opinion

Sal graag wil sien dat Nampol, so ook die Hentiesbaai Munisipaliteit, die vierwiel voortuie onder die duin voor die Henties Hotel en by die Supertube, wat teen die strand op en af beweeg, sal stopsit. Bordjies wat dit verbied word geïgnoreer soos 'n Kalahari stopstraat!

Kunswerk wat vir altyd en ewig die liedjie “Africa” speel ? Asseblief ! Glo nie die diere in die woestyn waardeer dit of hou daarvan dat hul rus versteur word nie, net omdat mnr Siedentopf homself wil verewig? Daai “kunsstuk” hoort nie in die woestyn nie, verwyder dit asb, dis net hy wat dit daar wil hê!

Bad taste, Max Siedentopf, for plonking your "work of art" in the desert and then leaving, so you don’t have to listen to the song “Africa” over and over, millions of times, but the animals and anyone visiting there, has to? Did you ask anyone if they wanted this? You are killing the “sound of silence", peace and serenity people go to the desert for! Please remove your peace killer and install it in your home if you love the song so much and see how long you can stand it before going bonkers!!

Verwyder tog daardie natuurverskrikker uit ons pragtige Woestyn uit. Dit versteur alle woestyndiere, van die kleinste goggatjies tot gemsbokke en ander wilde diere. Nie net die vreemde geraas nie, maar ook die onnatuurlike voorkoms daarvan vir die diere en ons mense wat die natuur waardeer. Ek stel voor, plaas die ding in u agterplaas by u huis in Windhoek.

I have had to call out a plumber again and again due to blocked toilet and drains coming up/overflowing, and time and again it is the municipal system that’s blocked and can’t cope because they add more and more extensions to the age old drainage system, yet I have to pay plumbers ? Please, all Swakopmunders, if you have similar problems, please report these so the municipality can investigate and hopefully refund your plumber invoices.

Nou is die herrie los oor die mense wat met visstokke te veel vis uit die see vang. Wat van die mense wat met nette die Okavango leeg vang?

Dis maklik om die slagting van ons vis te beheer ten spyte van “loopholes” in die verskillende permitte. Maak dit onwettig om vars vis oor Namibiese grense te vervoer of stel ten minste 'n maksimum gewig per persoon in. Buurlande en veral Suid Afrikaners bring groot vries-fasiliteite saam en voer ons vis by die tonne uit. Ek het niks teen besoekers wat vang vir eie gebruik nie, maar wel teen dié wat ons viswaters misbruik. Hulle kan mos in hul eie land gaan vang, of hoe?

“Anglers ravage fish stocks”: Shame in you ministry of fisheries for miserably failing your duties and not protecting our fish stocks! Just like all other ministries fail to did their work, protect our environment, wood, forests etc, the list is endless.

Maak die boete meer vir diegene wat te veel vis by hulle het of as die visse nie die regte grootte is nie. Dis al hoe mense sal luister. Net soos die stewige boetes wat betaal moes word vir diegene wat onder die invloed bestuur het. Dit was ’n goeie ding. Baie dankie aan ons verkeersafdeling. Die heel beste ding sal wees, as ’n persoon onder die invloed bestuur, vat sy lisensie af vir 6 maande! So ook as hy die spoedgrens oortree en nalatig of roekeloos bestuur. Dis al hoe hul sal luister.