Afrikaans, my taal!

10 August 2017 | Columns

Leandrea Louw

Nog nooit het iemand so gou in my hart gekruip soos Riamekee Tjiraso, ‘n graad 7 leerling by !Nara Primêre Skool in Walvisbaai.

Enige taal liefhebber se hart sou swel met trots om te hoor hoe mooi praat hy Afrikaans. Om meer agtergrond te gee - Riamekee het die kans gekry om sy land as ook sy skool te teenwoording by the Nasionale ATKV Redenaars Kompetisie, in Suid Afrika. Hy was die wenner van die kategorie: Afrikaans, as ‘n addisionele taal. Om die kersie op die koek te sit, is Afrikaans sy derde taal na Engels en Oshiwambo. Sy onderwerp by die Redenaars kompetisie was ‘klik bekkies is beter as ‘n heel mond’. Hier het hy verduidelik dat kinders wat beskou word as ‘klink bekkies’ beter vaar in die lewe, want hul ‘klik’ meer as wat hul stil bly. Die kompetisie het gister begin in Worcester, Suid Afrika, en dit is ook sy eerste keer wat hy uit die land reis.

Die dag toe ek vir Riamekee ontmoet het, was ek net terloops by die skool vir ‘n foto. Een van sy vele trotse onderwysers het my gaan voorstel aan Riamekee, en ek’t hom toe gevra kan hy nog sy toespraak onthou wat hy gegee het by die Redenaars kompetsie. Hy het skaam, ja, geantwoord en sy onderwyser het hom aangepor om vir my sy toespraak voor te lees. Riamekee het skaars sy mond oopgemaak toe stop ek hom. My eerste gedagte was ‘hierdie seuntjie is ‘n diamant in die dorre woestyn’, die res van die wereld moet vir Riamekee hoor en sy toespraak.

Ek het ‘n video opname gemaak, en kon nie wag om dit te deel met ons Erongo lesers. Die reaksie op die video was oorweldigend. Die ‘share’ knoppie was 973 op gekliek, mense het in en uit gevra oor hoe hul kan help. My hart het geswel van trots - net om die weet dat daar nog mense daar buite is wat ons Afrikaans taal nog waardeer.

Dit het my ook laat besef dat Afrikaans na die agtergrond geskuif is. Ek self is skuldig, want ek sal eerder Engels skryf, as Afrikaans. Maar hierdie kindjie, met sy derde taal Afrikaans het my net weer laat besef hoe mooi is ons taal - hoe dramaties is ons taal. Hy het my laat terug dink aan my dae op skool, aan my Graad 12 Afrikaans onderwyser, wat my op talle vlakke inspireer het om my drome met passie aan te vat. Dit, alles net deur een seuntjie se liefde vir Afrikaans.

Aan die nuwe generasie van ouers - kom ons bring weer Afrikaans terug na sy regmatige plek in ons huise, in ons kinders.

En aan Riamekee, jy is ons trots! Laat jou liggie skyn ooraal waar jy gaan!